SuperSport Schools Plus

Absa Wildeklawer vir o.13-spanne skop vandag in die Diamantstad af

By Hannes Nienaber , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-04-25 Tags: ,

Die eerste dag van die Absa Wildeklawer o.13-toernooi beloof om reeds vir heelwat opwinding op Laerskool Newton se hoofveld, Boeta Dippenaar-park, in Kimberley te sorg.

Die hoofwedstryd van die eerste dag word om 19:00 tussen Grey-kollege van Bloemfontein en Penzance van Durban beslis.

Die span van die Rosestad het vroeër vanjaar in die eindstryd van die Top Lay Super Series vir Paarl Gimnasium met 17-10 verslaan. Hy het wel onlangs sy rieme met 14-15 teen Bastion van Brackenfell styfgeloop.

Slegs die eerste dag van die toernooi se bepalings is uitgesit met die volgende twee dae se wedstryde wat na elke dag se wedstryde uiteengesit sal word.

Bastion is ook in Kimberley in aksie en sal op die eerste dag sy staal teen Laerskool Vastrap van Rustenburg uitspook. Vastrap is tradisioneel een van die beste skolespanne in die Noordwes.

Nog twee spanne vanuit die Luiperds – Laerskool Saamtrek van Klerksdorp asook Laerskool Rustenburg sal ook in die Diamantstad in aksie wees. Saamtrek kom teen Gene Louw van Durbanville te staan, terwyl Rustenburg teen die gasheer, Newton, in aksie sal wees.

Vanjaar se toernooi het ook heelwat meer spanne wat in aksie is. Die Oostelike Provinsie se sterkste rugbyskool, Sunridge Primary van Gqeberha, kom teen die nuwe kampioen van die Super 12-reeks, Laerskool Helderkruin van Krugersdorp, te staan.

Laerskool Durbanville se kragmeting teen die Laerskool Garsfontein beloof ook om een van die hoogtepunte van die eerste dag te wees.

Al die bepalings asook direkte skakels tot die SuperSport Schools uitsendings: 

nt_header_1nt_header_2nt_header_3nt_header_4nt_header_5
19:00Grey CollegevsPenzanceWATCH LIVE
18:00OuteniquavsRandhartWATCH LIVE
17:00DurbanvillevsGarsfonteinWATCH LIVE
16:00Gene LouwvsSaamtrekWATCH LIVE
15:00EikestadvsImpalaWATCH LIVE
14:00BastionvsVastrapWATCH LIVE
13:00Van RiebeeckstrandvsPietersburg-OosWATCH LIVE
12:00WorcestervsNelspruitWATCH LIVE
11:00NewtonvsRustenburgWATCH LIVE
10:00KenmarevsOp die VoorposWATCH LIVE
09:00SunridgevsHelderkruinWATCH LIVE
08:00Kobus Wiese XV-talvsTygerpoortWATCH LIVE
Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.