Trekkers slaggereed vir “Welkom” wat wag

Die Griffons-liga en Wesgrow-reeks hervat hierdie naweek, nadat die spelers verlede week aan die eerste ronde streeksproewe deelgeneem het.
Voortrekker is oorgehaal om momentum te behou wanneer hulle vir Goudveld in Welkom aandurf, terwyl Hoërskool Trio en Witteberg vir mekaar in Bethlehem die stryd aansê.
Beleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou – Skakel na die reeks
Die Trekkers se vyftiental is onveranderd van die een wat in hul vorige kragmeting vir Hoërskool Trio met 38-15 verslaan het. Hul groot Cravenweek-stut, Cecil Parsons, het weer uitgeblink in daardie stryd en twee drieë tot sy naam gevoeg.
Toe Voortrekker verlede seisoen teen die Gouties te staan gekom het, kon Thumi Khoza twee keer agter die doellyn gaan kuier. Hy sal weer ‘n impak wil maak indien hy Saterdag die geleentheid kry om van die reserwebank af te speel.
Heelagter, Kaneng Komane, het ook in daardie wedstryd gedruk om sy span tot ‘n sege van 29-19 oor Goudveld te help, en sal Saterdag weer ‘n beduidende rol hê om te vervul as die laaste vesting.
Die tuisspan sal dringend weer na die wenpad wil terugkeer, nadat hulle in hul vorige wedstryd teen Hentie Cilliers met 15-19 die aftog moes blaas.
Kaptein, Ruben Crous, het voorheen gewys dat hy ‘n kragmeting in sy span se guns kan swaai, en met gevaarmanne soos Ru-Bran Kock (heelagter) en Caleb Lottering (senter) in hul midde sal die Gouties nie terugstaan vir die besoekers nie.
Die span van Welkom se voorspelers sal egter op hul stukke moet wees om die groot Trekker-pak in toom te hou.
Trio het verlede jaar vir Witteberg met 36-22 geklop, nadat die span van Bethlehem teen halftyd nog met 17-15 voorgeloop het.
Hierdie naweek sal die stryd tussen die twee losskakels waarskynlik ‘n bepalende faktor wees. Sydwell Sethi (Witteberg) en Byron Biennas (Trio) is sleutelfigure in hul onderskeie spanne, terwyl Kenyon Morat, die besoekers se binnesenter, nog ‘n opwindende speler is om dop te hou .
Die spanne is:
Goudveld t. Voortrekker om 14:00:
Goudveld: 15 Ru-Bran Kock, 14 Adriaan Muller, 13 Hendro Boardman, 12 Caleb Lottering, 11 KB Sonopo, 10 Ruben Crous, 9 JM Rensburg, 8 Malan Marx, 7 Thabiso Phafudi, 6 Hannes Fouché, 5 Wehan Mostert, 4 Heinru Carstens, 3 Marko van der Westhuizen, 2 Jan Coetzee, 1 Toka Khooe.
Voortrekker: 15 Kaneng Komane, 14 Karabelo Chaka, 13 Frederik Fourie, 12 Craig Mann, 11 Kamohelo Moses, 10 Adriaan Bonthuys, 9 Christiaan van der Sandt, 8 Dawie Fourie, 7 Wian Fourie, 6 Jayden de Jesus, 5 Tristan Meyer, 4 Luttig Roux, 3 Cecil Parsons, 2 Arnold Ras, 1 AJ Ferreira.
Witteberg t. Hoërskool Trio om 13:30:
Witteberg: 15 Janco Swart, 14 Sakkie Brits, 13 JC van Rhyn, 12 Kenyon Morat, 11 Tshepo Motloung, 10 Sydwell Sethi, 9 Kirsten Fourie, 8 Daniel Meintjies, 7 Llewellyn Beukes, 6 Lesego Moskikidi, 5 Marco Grobler, 4 Pieter Nel, 3 Rajesh Laubscher, 2 Jacques van der Merwe, 1 Rian Roos.
Hoërskool Trio: 15 Byron Maggerman, 14 Thuto Kekane, 13 Aaron Kriek, 12 Tyron Adams, 11 Jayden Windvogel, 10 Byron Biennas, 9 Ethan Smith, 8 Tapiwa Mundeta, 7 Pieter van Schalkwyk, 6 Franco de Wet, 5 Danie Fourie, 4 Dian Serfontein, 3 Juandré Vorster, 2 Killian Kriek, 1 Hanco Geel.