SuperSport Schools Plus

Plaaslike derby het Groblersdal aan die gons

By Franco Oberholzer , in Rugby | News , at 2024-03-14 Tags: , , , , ,

Foto: Jean-Marie Heys
Foto: Jean-Marie Heys

Die plaaslike derby wat hierdie naweek tussen Hoërskool Ben Viljoen en Hoërskool Hans Strijdom plaasvind, behoort Groblersdal aan die gons te hê. Die twee spanne sê mekaar Saterdag om 11:20 by Ben Viljoen die stryd aan.

Albei spanne dis op die oomblik opwindende rugby op, en dit beloof om uiters interessant te wees wanneer die tradisionele vyande weer tussen die vier lyne ontmoet. Die besoekende Hans Strijdom sal ongetwyfeld vol selfvetroue opdaag, nadat hulle taamlik oortuigend met Leeuwenhof Hoërskool (20-8) afgereken het.

Daarenteen het Ben Viljoen effens wonde gelek na ‘n verrassende nederlaag van 31-38 teen ‘n begeesterde Hoërskool Riebeeckrand. Die tuisspan sal voluit gaan vir ‘n beter uitslag hierdie keer.

Ben Viljoen se gevaarlike losskakel, Anvernio Adonis, behoort die tuisskare te vermaak met sy giftige systappie, met heelagter, Mignon Stevens, wat ook ‘n gevaarlike aanvalswapen bied.

Voorlangs sal die flanke, Jaco Botha en Janik Brits, die lewe vir die besoekers wil bemoeilik, vernaam by die afbreekpunte, terwyl haker, Flippie Nieman, ook ‘n oorlas van homself kan maak in die los en vaste los.

Die ontbyttafel in die Van der Walt-huishouding sal ‘n mengsel van senuwees en opgewondenheid wees, met die broers, Keano en Neo van der Walt, wat op onderskeidelik heelagter en regtervleuel vir Hans Strijdom uitdraf. Hendriko van der Kolf neem weer sy plek op losskakel in.

Die besoekers se kaptein, Pieter Harmse, sal oudergewoonte van voor lei, en staatmaak op sy slotmaat, Juan van Staden, vir die nodige ondersteuning.

Hoërskool Fochville verwelkom Hoërskool Wolmaransstad in Fochville en sal op hul hoede wees vir die besoekers, nadat die Wollies met ‘n sege van 28-24 verlede naweek in Vryburg kan spog.

Wolmaransstad sal verlig wees dat hul puntemasjien, Christopher Dennis, ongedeerd uit daardie stryd getree het. Dennis voer die span vanaf losskakel aan, met die gevaarlike buitesenter, Johan Erasmus, wat sy terugkeer maak na ‘n besering om die span verder te versterk.

Dennis sal egter ‘n waardige teenstander in Fochies se losskakel, Petri Schutee, hê. Schutte kan spel netjies dikteer, en bring ‘n kalmte in die agterlyn. Voorlangs behoort haker, Ruan Foord, die besoekers se pak besig te hou met sy energieke spel.

Hoërskool Vryburg sal wil opmaak vir hul blaps teen die Wollies, wanneer hulle teen Hoërskool Schoonspruit in Klerksdorp te staan kom. Agtsteman, Keanan Joseph, sal iemand wees om dop te hou onder die grootmanne, terwyl die blitsige vleuels, FJ van Zyl en Tefo Sejake, Schoonspruit se verdedigers op hul sal tone hou.

Schoonspruit moes noodgedwonge ‘n paar veranderinge aanbring weens ‘n besering aan binnesenter, Hanno Stander. Die vinnige oopkantflank, Duan Kruger, skuif agterlyn toe in die plek van Stander, wat vir haker, Elmo Kruger, die geleentheid bied om sy vermoë op oopkantflank uit te stal. CJ Evert neem Kruger se plek op haker in.

 

Die spanne:

Ben Viljoen t. Hans Strijdom om 11:20 in Groblersdal:

Hoërskool Ben Viljoen: 15 Mignon Stevens, 14 Nathan Boucher, 13 Clemintino Bowers, 12 Mihlali Ntlebi, 11 Dylan Nieuwenhuys, 10 Anvernio Adonis, 9 Joe Cloete, 8 Tiaan Scheepers, 7 Janik Brits, 6 Jaco Botha, 5 Henrico Hall, 4 Erich Labuschagne, 3 JP Singleton, 2 Flippie Nieman, 1 Chris Jordaan.

Hoërskool Hans Strijdom: 15 Keano van der Walt, 14 Neo van der Walt, 13 Ewald Pool, 12 Nathan Immelman, 11 Tebogo Mapologelo, 10 Hendriko van der Kolf, 9 MW de Jager, 8 Kian du Plessis, 7 Wiets Botes, 6 Hannes Viviers, 5 Juan van Staden, 4 Pieters Harmse, 3 Alwyn Geyser, 2 Leander Janse van Rensburg, 1 Marnus Ruytenberg.

Fochville t. Wolmaransstad om 13:15 in Fochville:

Hoërskool Fochville: 15 Tonny Sebola, 14 Braden Pretorius, 13 Junior Naude, 12 Marchand de Villiers, 11 Christoff Nagel, 10 Petri Schutte, 9 Vrede Els, 8 Wynand Breytenbach, 7 Simphiwe Ntuli, 6 Martin Kriel, 5 AJ Scheepers, 4 Jenhardt Jansen van Vuuren, 3 Luthando Bayi, 2 Ruan Foord, 1 Pieter Botha.

Hoërskool Wolmaransstad: 15 Handro Conradie, 14 Gisto Mabitso, 13 Johan Erasmus, 12 MJ Hattingh, 11 Atonio Pullen, 10 Christopher Dennis, 9 Lucraine Wyngaardt, 8 Thlalefo Thobedi, 7 Abrie Oosthuizen, 6 Tumelo Senkwane, 5 Dian Smit, 4 Attie Becker, 3 Anton Duvenhage, 2 Rea Madito, 1 Zak Knoetze.

Schoonspruit t. Vryburg om 11:20 in Klerksdorp:

Hoërskool Schoonspruit: 15 Vuyo Khumalo, 14 Resego Seitisho, 13 Henry Enslin, 12 Duan Kruger, 11 Sithle Botha, 10 Bevan Morkel, 9 Ruan Britz, 8 Jan-Hendrik Peacock, 7 Hanrich van Antwerp, 6 Elmo Kruger, 5 Francois Prinsloo, 4 Ruan van Pletzen, 3 George Badenhorst, 2 CJ Evert, 1 Bricks Moseki.

Hoërskool Vryburg: 15 Abduraman Amien, 14 FJ van Zyl, 13 Karabelo Mbolekwa, 12 Jordan Rathebe, 11 Tefo Sejake, 10 Christopher Issacs, 9 Janco Venter, 8 Keanan Joseph, 7 Aiden Jonker, 6 Dirk Visser, 5 Petrie Weideman, 4 Olerato Bonokwane, 3 Daniel Nortje, 2 Jordan Haynes, 1 Cobus van der Berg.

Ander wedstryde:

12:35 – Hoërskool Riebeeckrand t. Leeuwenhof Hoërskool.

 

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.