SuperSport Schools Plus

Wesgrow-kampioen skop veldtog in Welkom af

By Willem Louw , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-03-12 Tags: , , ,

FOTO: Marnus Prinsloo

Verlede jaar se Wesgrow o. 19-rugbykampioene, Hoërskool Fichardtpark, skop hul nuwe veldtog vanmiddag af wanneer hulle vir Goudveld-Hoërskool in Welkom die stryd aansê.

Beleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou – Skakel na die reeks

Fichardtpark se eerstespan het in 2023 die Wesgrow-titel verower met ‘n onoorwonne rekord. Die Leeus was voorts beloon met ‘n eerste SA Skole-verteenwoordiger in hul trotse geskiedenis van 40 jaar, toe slot, Jaco Grobbelaar, vir die elite-groep gekies is.

Toe die spanne mekaar verlede jaar in Bloemfontein raakgeloop het, het Fichies die besoekers uit Welkom met 41-17 afgeransel.

Vanjaar speel hulle egter in Goutieland, en die tuisspan sal hul lippe aflek vir die geleentheid om die bordjies te probeer verhang.

Kaptein, Ruben Crous, lei die tuisspan vanuit die middeveld, terwyl heelagter, Ru-Bran Kock, wat saam met Crous verlede jaar reeds vir die eerstespan uitgedraf het, ook ‘n sleutelrol sal hê om te vervul.

Die Fichies beskik oor ‘n giftige agterlyn, wat deur hul Cravenweek-skrumskakel, Devanté Claasen, gedirigeer word, en na die nederlaag teen Hoërskool Wesvalia, by hul jaarlikse sportdag, sal die Leeus gretig wees om terug te keer na die wenpad.

Vroeër in die dag pak Hoërskool Witteberg en Hoërskool Jim Fouché mekaar in die Rosestad.

JF het ook by die sportdag in Bloemfontein vasgeval teen Hoërskool Duineveld, dus is dit belangrik vir hulle om momentum te begin bou.

Al vier spanne sal na vanmiddag se kragmetings spoedig moet herstel, ten einde Saterdag weer slaggereed te wees vir die volgende ronde bepalings.

 

Die spanne:

Goudveld t. Fichardtpark om 15:30:

Goudveld-Hoërskool: 15 Ru-Bran Kock, 14 Adriaan Muller, 13 Hendro Boardman, 12 Caleb Lottering, 11 KB Sonopo, 10 Ruben Crous, 9 JM Rensburg, 8 Malan Marx, 7 Thabiso Phafudi, 6 Hannes Fouche, 5 Wehan Mostert, 4 Heinru Carstens, 3 Marko van der Westhuizen, 2 Jan Coetzee, 1 Toka Khooe.

Hoërskool Fichardtpark: 15 Pule Motsilili, 14 Martin Kalp, 13 Duan Viviers, 12 Divan Martens, 11 Ayanda Quinisa, 10 Junior Titoti, 9 Devante Claasen, 8 Tumelo Leputla, 7 Janel du Plessis, 6 Wouter Jonker, 5 Buko Mlali, 4 Marnus Henning, 3 Nathen Swanepoel, 2 MJ Hattingh, 1 Zaine van Zyl.

Jim Fouché t. Witteberg om 13:40:

Hoërskool Jim Fouché: 15 Christian Strydom, 14 Heinrich Hattingh, 13 Adrian de Necker, 12 Hanro Marais, 11 Bendré Vermaak, 10 Alldrick Johnson, 9 Riaan de Ruiter, 8 Qian Moller, 7 Franco Oberholzer, 6 Nathan van Breda, 5 Brenden Weyers, 4 JW Stone, 3 Darren Matthews, 2 Ian Nel, 1 SW van der Merwe.

Hoërskool Witteberg: 15 Janco Swart, 14 Thabo Motheke, 13 JC van Rhyn, 12 Kenyon Motheke, 11 Tshepo Motloung, 10 Sydwell Sethi, 9 Kirsten Fourie, 8 Daniel Meintjies, 7 Llewellyn Beukes, 6 Lesego Mosikidi, 5 Marco Grobler, 4 Pieter Nel, 3 Colin van der Merwe, 2 Jacques van der Merwe, Rian Roos.

Ander bepalings:

16 Maart – Goudveld t. Jim Fouché; Witteberg t. Sentraal; Trio t. Diamantveld; Voortrekker t. Fichardtpark.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.