Spanne slaggereed om Brandfort aan die “brand” te speel
Die plattelandse rugbyseisoen is lekker op dreef met ‘n hele aantal voorseisoense sportdae wat aangebied word, en hierdie naweek kry ‘n aantal spanne nog ‘n kans om hulself te slyp, by die Pieter Swanepoel-sportdag in Brandfort, voordat die ligabepalings amptelik afskop.
Beleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou – Skakel na die toernooi
Hoërskool SPS Brandfort meet hulself in die hoofwedstryd teen Wessel Maree Hoërskool. Die manne van Odendaalsrus het reeds vanjaar die kollig gesteel toe hulle vir Hoërskool President Steyn by hul eie sportdag met 13-0 kon afstof.
Die Steyners sal daardie eerste nederlaag agter hulle wil sit, wanneer hulle hierdie naweek vir Hoërskool Ladybrand aandurf.
Brandfort was ook by daardie geleentheid betrokke, met hul agsteman, Greuven Dempsey, wat twee keer agter die doellyn kon gaan kuier, maar dit was slegs genoeg om “sussies te soen” teen Postmasburg, met die kragmeting wat met 24-24 gelykop geëindig het.
Hierdie slag speel SPS Brandfort egter met die plaaslike ondersteuning aan hul kant en vir die trots van hul tuisveld, so die besoekers sal op hul beste moet wees om in nog ‘n hoofwedstryd koning te kraai.
Grey-kollege stuur ook drie van hul senior spanne om vir Ficksburg High School, HTS Louis Botha en Hoërskool Sand du Plessis aan te vat.
Die byeenkoms belowe ‘n dag gevul met klipharde rugby in die Vrystaat. Die aksie skop reeds om 07:40 af wanneer Hoërskool Marquard vir Brebner High School die stryd aansê.
Die spanne:
SPS Brandfort t. Wessel Maree om 17:30:
Hoërskool SPS Brandfort: 15 TK Lichaba, 14 Johan van Wyk, 13 Stephen Komen, 12 Franco de Klerk, 11 Prince Mbulangwe, 10 Amolang Maloisane, 9 Altus Coetsee, 8 Greyven Dempsey, 7 Cecil Lee, 6 Pieter Bezuidenhout, 5 Heinis Janse van Vuuren, 4 Malan Kriel, 3 Brandon van der Westhuizen, 2 Xander van Heerden, 1 Frikkie Smith.
Wessel Maree Hoërskool: 15 Kananello Mabelle, 14 Tshepo Fako, 13 Junior Moroke, 12 Kabelo Oliphants, 11 Thato Lebitso, 10 Retabile Letanta, 9 Lesego Monyaki, 8 Ntute Tsotsotso, 7 Mpumelelo Dumako, 6 Dehandre Geldenhuys, 5 Thabang Sithole, 4 Jeff Khobi, 3 Andile Gumedi, 2 Kamohelo Mohoje, 1 Thabang Lenyane.
St Andrew’s t. Hoërskool Parys om 16:20:
St Andrew’s School: 15 Tsebo Malakoane, 14 David Grivas, 13 Leon Athanasiou, 12 Naudé Botha, 11 Tumelo Lebepe, 10 CM Geel, 9 Kaelo Monyaki, 8 Eduan van der Heever, 7 Chris Jordaan, 6 Jiovanio Alexander, 5 Olin Hirwa, 4 Hloni Mkwane, 3 Kamogelo Leshupi, 2 Lucien Hugo, 1 Brett Barnes.
Hoërskool Parys: 15 Chris Bothma, 14 HJ Hayes, 13 Arno Snyder, 12 Qenan Bekker, 11 Sibusiso Mmlutsi, 10 Marnus Roets, 9 George Marais, 8 Divan Borman, 7 Gideon van Dyk, 6 Herman Steyn, 5 Siya Ntsuku, 4 JJ de Beer, 3 Kai Koekemoer, 2 Romé Pretorius, 1 Relo Masilo.
Bothaville t. Hendrik Potgieter om 15:15:
Bothaville Hoërskool: 15 Hayden Fraser, 14 Divan Coetzee, 13 Josh Petersen de Andrade, 12 TJ de Jager, 11 Kamo Mothabe, 10 Hanru Coetzee, 9 Francois Rossouw, 8 Frans Eloff, 7 Hanco van der Walt, 6 Thinus Kruger, 5 Ludolf Hoggman, 4 Richter Scholtz, 3 Chris Erasmus, 2 Paul Verwey, 1 Schalk Engelbrecht.
Hoërskool Hendrik Potgieter: 15 Boitshepo Nthipe, 14 Denver Jacobs, 13 Waylon Strydom, 12 JW Mortlock, 11 Tumi Pholoane, 10 Sterling Batties, 9 Theang Mononyane, 8 Unathi Ngeyakhe, 7 Hannes Jacobs, 6 Bin Laden Macholo, 5 Daniel Lombaard, 4 Kallie Erasmus, 3 Attie Melato, 2 Janco Roberts, 1 Pieter Jacobs.
Ficksburg t. Grey-kollege VI om 13:05:
Ficksburg High School: 15 Motlatsi Mohapi, 14 Joseph Mokhele, 13 Boitumelo Hlalele, 12 Oratilwe Shata, 11 Xander Myburgh, 10 Evert Strydom, 9 Itumeleng Mafane, 8 JJ Nell, 7 Thato Tsilo, 6 Lerato Makibi, 5 Gert Bezuidenhout, 4 Mothandazo Khaoletsa, 3 Kamohelo Mokamatsili, 2 Mzilikazi Mokamatsili, 1 Lebo Lehohla.
Grey-kollege VI: 15 Matt Botes, 14 Luan Naude, 13 Bjorn Niewoudt, 12 Chris Louw, 11 Kutlwano Matlakatla, 10 Burger Horn, 9 Nico Corbett, 8 Hennie Grobbelaar, 7 Jason Rip, 6 MJ van den Heever, 5 Louis van Deventer, 4 Thomas Halse, 3 Tiaan Coetzer, 2 Louis Veitch, 1 Kwanda Dyonase.
Grey-kollege IV t. HTS Louis Botha om 12:00:
Grey-kollege IV: 15 David van der Merwe, 14 Benjamin van den Berg, 13 Clements van Tonder, 12 Divan Roux, 11 CJ Coetzee, 10 Marx van Wyk, 9 Hanno Kruger, 8 JB Wessels, 7 Tatane Molefi, 6 Thinus Nieuwoudt, 5 Stephan Jacobs, 4 Thiart Steenkamp, 3 JG Badenhorst, 2 Hanu Hoffman, 1 Collin Basson.
HTS Louis Botha: 15 Kamohelo Mofokeng, 14 Refilwe Motelung, 13 Siya Myosana, 12 Nkokheli November, 11 Lebohang Setai, 10 Phiwe Mkunjana, 9 Babongkile Mafantere, 8 Kwanda Tokwe, 7 Rapeo Mokoena, 6 Musa Motlolane, 5 Nomganga Themba, 4 Mogomutsi Mokunyane, 3 Daniel Tjimundi, 2 Neo Mothibeli, 1 Tshireletso Shongwe.
Ladybrand t. President Steyn om 10:55:
Hoërskool Ladybrand: 15 Bokang Sehloho, 14 Katleho Ramakone, 13 Itumeleng Monyatsi, 12 Calvin Lambrechts, 11 Lucky Ratutubala, 10 Calvin Molete, 9 Tumi Nketo, 8 Isaac Maqelepo, 7 Tumi Sefako, 6 Lemosang Lebakeng, 5 Nathan Jacobs, 4 JC Kotzé, 3 Rethabile Tlatsa, 2 Mareon Maré, 1 Karabo Shale.
Hoërskool President Steyn: 15 Xander van Biljon, 14 JJ Rossouw, 13 Antonio Louw, 12 Brandon Parkin, 11 Malan Laubscher, 10 Divan Greyling, 9 Dewald Vorster, 8 Tiaan Saayman, 7 Erenst Grobler, 6 Breyston Viljoen, 5 Kristian Kock, 4 Ettienne Lourens, 3 Roedolf Erasmus, 2 Justin van Lingen, 1 Divan Bekker.
Sand du Plessis t. Grey-kollege V om 09:55:
Hoërskool Sand du Plessis: 15 Junior Morolons, 14 Raseate Seleteng, 13 Oleboheng Salomane, 12 Keanu Rafferty, 11 Diesel Motsumi, 10 Zander du Toit, 9 Junior Mto, 8 Siya Sebata, 7 Malebo Lebetsa, 6 Mcdonald Ried, 5 Shadrek Khoza, 4 Jermairon Pietersen, 3 Beast Lesenyeho, 2 Boitshepo Boom, 1 Ru-Ahl Meyer.
Grey-kollege V: 15 Justus Naude, 14 Eligh Raath, 13 Arno du Plessis, 12 Willem Bosch, 11 Riku le Roux, 10 Juan Erasmus, 9 Luke Wolhuter, 8 Ruben Kruger, 7 Jayden Marais, 6 Jatin Marais, 5 Doughie Davidson, 4 Stephan Meintjies, 3 CM Opperman, 2 Ethan Botha, 1 Jan Muller.
Bloemfontein t. Winburg om 08:45:
Hoërskool Bloemfontein: 15 Ferlin Rulf, 14 Jamie Brown, 13 Keanu van Heerden, 12 Kenslin Collins, 11 Junior Kalobo, 10 Jano Jackson , 9 Arthur Maasdorp, 8 Wessel van der Merwe, 7 Brandon Erasmus, 6 Zander Pretorius, 5 Katleho Ramohaoua, 4 Bokang Maichu, 3 Jamal Pretorius, 2 Mosa Diphoko, 1 Sammy Kraalshoek.
Winburg Hoërskool: 15 Dillo Motseki, 14 Modupi Feta, 13 Tshepo Majola, 12 Lebohang Senoko, 11 Thulo Mojau, 10 Thabang Nyaredi, 9 Mojalefa Maleke, 8 Daniel Letebele, 7 Pule Pitso, 6 Lebohang Hlaodi, 5 Mojalefa Makanyane, 4 Judah Mabote, 3 Nelson Makhetha, 2 Fusi Mathobisa, 1 Bonga Konyongo.
Marquard t. Brebner om 07:40:
Hoërskool Marquard: 15 Gift Shabangu, 14 Omogolo Joale, 13 Tshepang Lekhase, 12 Tshepiso Mokone, 11 Relebohile Morobe, 10 Thabo Lebas, 9 Kutloane Hlalele, 8 Thlokomelo Roelane, 7 Renang Shelile, 6 Jabulani Masiza, 5 Mokhele Mokheti, 4 Keketso Seeta, 3 Keketso Monye, 2 Samekelo Tshaka, 1 Sheldon Mohapi.
Brebner High School: Nie beskikbaar.