Wesgrow-reeks skop af met Diamantveld teen Voortrekker

Die Wesgrow Sentrale Sportreeks skop hierdie Saterdag af waneer Voortrekker Hoërskool vir Hoërskool Diamantveld te Kimberley die stryd aansê in die eerste bepaling van die jaar.
Die wedstryde word regstreeks uitgesaai op SuperSport Schools – Registreer nou – Skakel na die wedstryd
Die skool van Bethlehem bied ‘n trotse sportprogram aan en het verlede jaar as algehele reekswenners geëindig, maar hulle sal graag ook die o. 19 A rugby-trofee vanjaar ‘n nuwe staanplek wil gee, nadat Hoërskool Fichardtpark se eerstespan in 2023 met ‘n onoorwonne rekord in die reeks die kroon gedra het.
Diamantveld is vanjaar onder ‘n splinternuwe bestuur wat Saterdag hul eerste smakie van die kompetisie sal kry, maar met staatmakers soos die dinamiese senter, Simon Liversage, in hul geledere sal die tuisspan vir geen uitdaging terugdeins nie.
Liversage het die afgelope week nog die leisels geneem vir die Diamonds se eerste krieketspan toe hulle in die Motheo o. 19 T20 Superliga-eindstryd teen Grey se tweedes die knie gebuig het. Hy het verlede jaar reeds aandag getrek met sy skitterspel vir Griekwas by die Akademieweek, voordat hy in Desember ook vir die SA Colts-krieketspan gekies is na sy vertoning by die Khaya Majola-toernooi.
Die vleuel, Kyle Taut, en stut, FJ de Vries, het die Diamante by die Cravenweek verteenwoordig, saam met Achilles de Jager wat Saterdag ‘n impak van die reserwebank af sal wil maak.
Die Trekkers kom egter met hul eie korps spelers wat al in 2023 op o. 19-vlak uitgeblink het. Cecil Parsons (stut) en Tumi Khoza (heelagter) het die Griffons se Cravenweekspan gehaal, terwyl van hul jong Grant Khomo-sterre van verlede jaar ook nou hul staal in die eerstespan sal wil toets, met Theo van Wyk op flank en AJ Myburg wat as ‘n plaasvervanger kan opkom.
Voortrekker het verlede seisoen die Diamonds met 46-17 in Bethlehem afgeransel, en sal hul veldtog met nog so ‘n oortuigende sege wil afskop in Kimberley hierdie naweek.
Die Spanne (Afskop: 14:10)
Diamantveld: 15 Kyle Taut, 14 Carel Viljoen, 13 Jonathan Harding, 12 Simon Liversage, 11 Lehan van der Westhuizen, 10 Marno Greeff, 9 Ethan Manus, 8 Enrique Boshoff, 7 Jayden de Klerk, 6 Stiaan van Loggerenberg, 5 Zuan Rautenbach, 4 Daniel Kuhn, 3 Dian Ellis, 2 De Wet du Plooy, 1 FJ de Vries.
Reserwes: 16 Achilles de Jager, 17 Heinrich Nel, 18 Bernard Daniels, 19 Janco Engelbrecht, 20 Paul Cronje, 21 Dirk van Heerden, 22 Charl Swanepoel, 23 Driaan Jacobs.
Voortrekker: 15 Tumi Khoza, 14 Kamohelo Moses, 13 Frederik Fourie, 12 Craig Mann, 11 Karabelo Chaka, 10 Kaneng Komane, 9 Christian van der Sandt, 8 Dawid Fourie, 7 Theo van Wyk, 6 Attilla Ozturk, 5 Tristan Meyer, 4 Luttig Roux, 3 Cecil Parsons, 2 Arnold Ras, 1 Francois Maree.
Reserwes: 16 Wian Muller, 17 AJ Ferreira, 18 AJ Myburgh, 19 Pieter Viljoen, 20 Wian Fourie, 21 Nolen du Plooy, 22 Ompile Pete, 23 Karabo Ramaloehla.