SuperSport Schools Plus

Pretorius sink vyf Durbie-kolwers

By Willem Louw , in Cricket | Featured Cricket | News , at 2024-02-25 Tags: ,

Stellenberg 1ste XI (FOTO: Johann van Santen)

Lohann Pretorius en die Hoërskool Stellenberg-boulers het Saterdag eerste bloed getrek teen Hoërskool Durbanville, voordat die twee spanne van die noordelike voorstede mekaar Woensdag weer pak, dié keer vir die Sammy Bloch-trofee.

Die 50-boulbeurt interskole-wedstryd oor die naweek het as onbeplande opwarming gedien vir Woensdag se kragmeting, waneer die twee trotse skole mekaar weer aandurf in ‘n korter weergawe van die spel.

Beleef die wedstryd weer op SuperSport Schools – Registreer nou

Tobias Roelofse en Xander van Aarde het vroeg-vroeg probleme veroorsaak vir die tuisspan, voordat Wilhelm Smet (29) en Ethan Vermeulen (12) kon vasskop om die aanvanklike Durbie-aanslag af te weer.

Michael Amoeda het teen die einde van hul beurt ook 19 lopies van 15 balle bygedra om sy span se telling ‘n broodnodige hupstoot te gee.

Jan Kriel was die uitblinker vir die Durbies in hul teenaanval en het die eerste 96 balle geabsorbeer om die beste telling van die dag (55) aan te teken.

Die res van Durbie-kolwers het egter gevou teen Pretorius se meedoënlose aanslag.

Stellenberg se staatmaker het in nege beurte vyf paaltjies laat spat om die besoekers dramaties in te perk.

Kriel kon sy span egter tot by 124 dryf, met twee paaltjies staande en oorgenoeg tyd om die tuisspan se voorsprong te probeer inhaal.

Gerrad Kamalie het hul poging egter in die 35ste beurt die nekslag toegedien, toe hy eers van Kriel, met behulp van Jan-Jak Alberts in die veld, en daarna die laaste Durbie-kolwer ontslae geraak het.

Stellenberg sal hierdie momentum oordra na die komende eindstryd toe, maar hul teenstanders sal ook bewus wees van die feit dat oorwinning binne trefafstand was. Woensdag se kragmeting behoort dus ‘n riller af te gee.

Beknopte telkaart:

Hoërskool Stellenberg: 137 (Wilhelm Smet 29, Ekstras 28; Tobias Roelofse 3/14, Liam Kirsten 3/22, Hugo Bredell 2/11). Hoërskool Durbanville: 124 (Jan Kriel 55; Lohann Pretorius 5/31, Gerrad Kamalie 2/22, Kyle van Santen 2/33). Stellenberg wen met 13 lopies.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.