SuperSport Schools Plus

Engelse besoekers trek swaar in Somerset-Wes

By Willem Louw , in Cricket | Featured Cricket | News , at 2024-02-23 Tags: ,

Parel Vallei 1st XI | Photographer: Oscar Pretorius

Parel Vallei High School en Somerset College het albei die afgelope week vir Norwich School, Engeland, geklop in twee opwindende T20-wedstryde.

Die gesogte skool van Norwich, met bykans ‘n duisend jaar se geskiedenis sedert dit in 1096 gestig is en in 1547 deur Koning Edward VII hervestig is, het die afgelope week hul toer van die Kaap voortgesit in Somerset-Wes, nadat hulle Maandag twee keer teen Wynberg Boys’ High School se oefenspanne verloor het.

Woensdag het Jonno Firth vir Somerset College tot oorwinning gelei met ‘n onoorwonne beurt van 55 lopies.

Die besoekers se Ben Griffiths het ook 55 lopies aangeteken, maar Daniel Kaplan (2/8) en Thomas Parson (2/12) het die Britse besoekers se aanval beperk tot 113/7 in die 20 beskikbare beurte.

Die volgende dag was dit Parel Vallei se Sibulele Makaleni wat vir die Engelse met sy boulwerk gestraf het en vier Norwich-kolwers se paaltjies laat kantel het vir slegs 20 lopies.

Met net 110 lopies wat benodig was vir die oorwinning, het Christopher Hughes die tuisspan in die 19e beurt oor die lyn gedryf deur 43 lopies vanaf 45 balle aan te teken.

Beknopte telkaarte

22 Februarie 

Norwich School: 109/9 (Lewis Reeder 36, Archie Taylor 23, Deeran Jeypragash 21; Sibulele Makaleni 4/20, Josua Smit 2/19). Parel Vallei High School: 112/6 (Christopher Hughes 43*; Jack Rowley 3/14).  Parel Vallei wen met vier paaltjies (T20).

21 Februarie

Somerset College: 139/4 (Jonno Firth 55*, Chad Ayford 41, Ekstras 22; Adam Robson 1/8). Norwich School: 113/7 (Ben Griffiths 55; Daniel Kaplan 2/8, Thomas Parson 2/12). Somerset wen met 26 lopies (T20).

Parel Vallei High School: 119 (Marco Karsten 26, Sevi Barlow 22, Henry Jones 23; Adam Cupido 4/14, Jared Paulse 2/28, Shaheer Salie 2/32, Ethan Whitaker 2/33). Pinelands High School: 94 (Herman Bosman 28; Henry Jones 2/19). Parel Vallei wen met 25 lopies (T20). 

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.