Plekker trek vyf Boland paaltjies plat

Luca Plekker het in Stellenbosch die kollig gesteel in Paul Roos Gimnasium se oortuigende sege van 96 lopies oor Boland Landbou.
Plekker het vyf van Boland se paaltjies geneem en slegs 19 lopies afgestaan om die besoekers te help verslaan.
Kyk die wedstryd weer op SuperSport Schools – Registreer nou – Skakel na die wedstryd
Boland Landbou se boulaanval het vroeg in die wedstryd ‘n deurbraak bewerk en het Paul Roos in ‘n stadium laat sweet op 39/3.
Die span van Stellenbosch kon egter kalm bly en Matthew Seymore se 84 lopies het gehelp om die druk te verlig. Beor van Reenen het later in die beurt ook ‘n bydrae van 45 lopies gelewer.
Hul eindtelling van 217/7 na 50 boulbeurte het egter die agterdeur oopgelos vir die boere om ‘n groot sege te steel, en dit was duidelik dat Paul Roos se boulers geen onnodige lopies kon afstaan nie.
Neil Barnard het die eerste bloed getrek vir Paul Roos toe hy vir Stefan Conradie teruggestuur het kleedkamer toe. Plekker het daarna binne agt beurte van vyf van Boland se kolwers ontslae geraak en gehelp om Boland vir byna 100 lopies minder as hul doelwit uit te boul.
Dian Winkel het ook twee paaltjies tot sy rekord gevoeg, terwyl Lohann Louw en Francois Prins die enigste twee kolwers is wat meer as vyf beurte kon oorleef in die middel om ‘n vennootskap vir die besoekende span te probeer bymekaarsit.
Ruvan Barnard het vir die tweede keer hierdie jaar die vyf-paaltjie mylpaal gehaal vir HTS Drostdy. Barnard het ses van De Villiers Graaff se paaltjies platgetrek. Dit het sake vergemaklik vir Jacques Jordaan en sy makkers, wat slegs 66 lopies moes aanteken vir die oorwinning.
Beknopte telkaarte:
Paul Roos Gimnasium: 217/7 (Matthew Seymore 82, Beor van Reenen 45, Cornel Swart 22; Marius du Plessis 2/23, Francois Prins 2/43); Boland Landbou 121 (Lohann Louw 26, Francois Prins 21; Luca Plekker 5/19, Dian Winkel 2/41). Paul Roos Gimnasium wen met 96 lopies.
De Villiers Graaff: 65 (Waylin Frank 22; Ruvan Barnard 6/13, Redgardt du Plessis 2/15, Darius Venter 2/16); HTS Drostdy 66/4 (Jacques Jordaan 20*, Ekstras 20; Joshua Damon 1/5). HTS Drostdy wen met ses paaltjies.