Botes die sleutel to Marais Viljoen se sukses in Finsbury-reeks
Marais Viljoen se Declan Botes gaan ‘n groot sleutel tot die Alberton-span se sukses wees. Die wegbreekbouler is on baie se opinies en van die bestes in sy veld onder die jong talent in Suid Afrika.
Saam met Botes sal sy kaptein, Aldre Huyzers, ook deurslaggewend wees. Die voorslagkolwer was reeds verlede jaar ‘n senior speler in die groep en sal dit waardevolle ervaring bydra tot sy span se aanslag op die titel.
Die veelsydige Cayden Ramage maak ook sy terugkeer om die Marais Viljoen-span nog verder te versterk.
Die trio saam met die jongeling, Tiaan Kuhn, sal beoog om die sukses van 2023 voort te sit na die span van Alberton as kampioen van die D-afdeling gekroon is.
Midstream College het ‘n opwindende toernooi wat voorle. Die span van die Jakaranda-stad het slegs vier spelers van verlede jaar behou. Sy kaptein en voorslagkolwer, Jeanre Lourens, sal ‘n belangrike rol speel.
Saam met Lourens sal die veelsydige Janco van Heerden sy plek as aanvangskolwer ineem. Van Heerden sal ook die verantwoordelikheid neem om die nuwe bal te neem.
Juan Holtzhauzen bevind homself tans op die krukkelys, maar sal die Midstream-span uitsien na sy terugkeer met die hoop dat sy wegbreekers die knoop kan deurhak.
Zwarkop blyk na ‘n goed gebalanseerde span. Die span van Pretoria beskik oor ‘n gevaarlike boulaanval. Die jongeling, Rowan Mclaren sal die tweede opeenvolgende jaar die nuwe bal die span neem. Mclaren was verlede slegs in Graad 9 wat beteken dat dat daar nog baie van hom in die toekoms voorle.
Saam met Mclaren sal Joshua Dubery die boulskof van die ander oopmaak. Sy kaptein, Estian van Zyl, se kolfvernuf sal vroeg in die beurt getoets word. Die aanvangskolwer beskik oor hope ervaring en sal beoog om sy span van voor te lei.
Lichtenburg beskik self oor ‘n sterk boulaanval. Die Liggies se Douw Jacobs, sal behoorlik van voor lei. Die veelsydige speler sal die kolfbeurt open waarna hy die verantwoordelikheid as aanvangsbouler sal opneem. Die talenvolle Ona Senokwane sal die gevaarman van die ander kant af wees.
Luan Snyman sal ‘n belangrike rol he om in die middelorde te vertolk. Hy word gesien as die gom wat die Liggies se kolflys bymekaar hou.
Nelis Janse van Rensburg, Wiaan Cook, Juwan Vosser en Luan Snyman is die vier oorblywende spelers wat die kern van die Liggies span voltooi.
Hoerskool Pietersburg se veelsydige Nicholaas Oerlemans sal die een wees waarvoor teenstanders sal uitkyk, terwyl Ben Vorster, heel moontlik ‘n moeilike jaar het wat voorle met ‘n groot groep jongelinge wat vir die eerste keer op eerstespan vlak in aksie sal wees.
Die bepalings:
20 Januarie
Marais Viljoen vs Pietersburg
Zwartkop vs Ben Vorster
Lichtenburg vs Midstream
27 Januarie
Pietersburg vs Midstream
Zwartkop vs Marais Viljoen
Ben Vorster vs Lichtenburg
03 Februarie
Pietersburg vs Zwartkop
Lichtenburg vs Marais Viljoen
Midstream vs Ben Vorster
10 Februarie
Lichtenburg vs Pietersburg
Midstream vs Zwartkop
Ben Vorster vs Marais Viljoen
17 Februarie
Pietersburg vs Ben Vorster
Zwartkop vs Lichtenburg
Marais Viljoen vs Midstream