Fichie Leeus en Jim Fouché ontmoet weer in Stadsbeker-eindstryd

Die 2023 Bloemfontein Stadsbeker-kampioen sal Saterdag by President Steyn gekroon word, waneer Fichardtpark en Jim Fouché mekaar aanpak vir die titel.
In die B-liga is dit Zastron en Brandfort wat sake sal uitspook.
Al vier hierdie spanne dring dan deur na die Kovsiereekskompetisie se halfeindronde waar hulle teen die wenners van die Griekwas en Griffon se onderskeie ligas te staan sal kom.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou
Die Fichies en JF verdien hul plek in die eindstryd na albei een van hul sterkste seisoene nog beleef.
Fichardtpark het veral ‘n merkwaardige jaar. Na 18 wedstryde is die Fichie-leeus steeds onoorwonne, en hulle kon ook hul eerste SA Skole speler ooit oplewer in hul groot slot, Jaco Grobbelaar, wat gekies is om die land op skolevlak te verteenwoordig.
Die SA Skole span speel Dinsdag teen Frankryk, dus sal Grobbelaar nie vir hierdie wedstryd beskikbaar wees nie.
Ander gevaarmanne vir Fichardtpark, soos hul blitsige vleuel, Edward Mpinga, hul Cravenweek skakelpaar van Dailen Geldenhuys (losskakel) en Devanté Claasen (skrumskakel), en die ander groot slot, Nathan Dodd, is egter almal op hul pos om hul span te help om ‘n geskiedkundige seisoen sterk af te sluit.
Jim Fouché beleef egter self ‘n baie indrukwekkende jaar onder die leiding van hul kaptein en Cravenweek haker, Stefan Venter.
Toe die twee mekaar vroeër in die jaar ontmoet het op JF se veld het die vonke behoorlik gespat.
Fichardtpark kon daardie wedstryd met 39-33 wen, maar Jim Fouché sal gemotiveerd wees deur die feit dat hulle daardie wedstryd kon wen, en hulle sal uitsien vir ‘n kans om die klein foutjies reg te maak en die Fichies se droomseisoen tot ‘n einde te bring.
Brandfort en Zastron pak mekaar in die B-liga aan.
Albei skole lyk vanjaar nog onstuitbaar, al moes Zastron hard veg vir hul plek in die eindstryd teen Hendrik Potgieter om van 14-12 agter teen halftyd terug te kom om 34-24 te wen.
Hul skakelpaar van Lecha Leballo (losskakel) en Reinico Nel (skrumskakel) is baie effektief hierdie seisoen, en is twee spelers om Saterdag dop te hou.
Die span van Brandfort se groot slot, JC Venter, en heelagter, Gustav Maree, blink nog heel jaar vir hul span uit, en is nog twee wat ‘n groot rol mag speel Saterdag.
Die spanne is:
Fichardtpark t. Jim Fouché om 14:10:
Fichardtpark: 15 Rubin Visagie, 14 Edward Mpinga, 13 Duan Viviers, 12 Dandré van der Merwe, 11 Martin Kalp, 10 Dailen Geldenhuys, 9 Devanté Claassen, 8 Jaco Janse van Rensburg, 7 Tumelo Leputla, 6 Jan-Nel du Plessis, 5 Nathan Dodd, 4 Wian Pienaar, 3 Nathan Swanepoel, 2 Luhan du Plessis, 1 Zaine van Zyl.
Jim Fouché: 15 Christian Strydom, 14 Altus du Plessis, 13 Justin Groenewald, 12 Heinrich Hattingh, 11 Dillon Calitz, 10 Hanko Botha, 9 Tristan van der Walt, 8 Calvin Bolt, 7 JW Stone, 6 Ruan Heymans, 5 SW van der Merwe, 4 Stefan van Rooyen, 3 Stean Marais, 2 Stefan Venter, 1 Bernard Labuschagne.
Brandfort t. Zastron om 13:00:
Brandfort: 15 Gustav Matee, 14 Janco Snyman, 13 Franco de Klerk, 12 Fanie van Heerden, 11 Amolang Maloisane, 10 Henré Smith, 9 Altus Coetsee, 8 Wehan Strydom, 7 Barend de Klerk, 6 Demas Moloyi, 5 JC Venter, 4 Cecil Lee, 3 Lian Naude, 2 Heinrich de Kock, 1 Frikkie Smith.
Zastron: 15 Khule Mdladlamba, 14 Asive Diba, 13 Mawethu Magudela, 12 Kamo Masiloane, 11 JC Knoetze, 10 Lecha Leballo, 9 Reinico Nel, 8 JP van Rooyen, 7 Frans Botha, 6 Jean Pierre Steenkamp, 5 Kamo Elisha, 4 Marckus Allerston, 3 Derick Bouer, 2 CJ Bouer, 1 Jan Adrian Grobler.
Ander bepalings:
A-liga:
o.19 B: 10:20 – Jim Fouché II t. Landboudal II
o.16: 11:40 – Fichardtpark t, Jim Fouché
o.15: 12:30 – Fichardtpark t. Jim Fouché
o.14: 09:00 – Sentraal t. Jim Fouché
B-liga:
o.16: 11:20 – Brandfort t. St Andrews
o.15: 10:10 – Bloemfontein Hoër t. St Andrews