SuperSport Schools Plus

2025 se Rugbyseisoen skop amptelik vanjaar met Steyners se Sportdag af

By Hannes Nienaber , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-02-21 Tags: , ,

PHOTO: The Weekend Photography

Die Hoërskool President Steyn se eerste rugbyspan sal graag vir ‘n tweede jaar in ‘n ry vir Wessel Maree van Odendaalsrus op sy jaarlikse Hester van der Walt Sportdag in Bainvlei om te dop. Die Steyners was verlede jaar met 13-0 baas, maar die besoekers het in 2023 in die hoofwedstryd met 17-0 die septer geswaai.

Volg al die aksie van die sportdag regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

Die Steyners word deur die binnesenter, Juan Steffen, aangevoer. Die gasheer sal vanjaar nie in die hoofwedstryd van sy sportdag in aksie wees nie. Wat ‘n eerste is.

Die hoofmaal sal om 17:30 tussen Grey-kollege van Bloemfontein en die Hoërskool Trio van Kroonstad wees. Hierdie kragmeting het die afgelope paar jaar ‘n ideale losmaker vir die span van die Rosestad gewees.

Daar word vanjaar veral baie van die buitesenter, Ethan Adams, verwag. Adams het verlede jaar reeds die Suid-Afrikaanse o.18-span verteenwoordig en sal indien hy weer vir die Cravenweek-span gekies word die eerste speler seder Moekoa Bolofo wees om hierdie vir die Vrystaat te vermag.

Weens die reën in Bloemfontein behoort die Gonval Store-park se speeloppervlak nog baie nat te wees wanneer die spanne op die veld draf. Grey se ander staatmakers wat teen Trio in aksie sal wees is Xander Smit (flank), Siyabonga Kenny (vleuel) en Toriq Schambreel (losskakel).

Só gepraat van Bolofo – hy staan deesdae aan stuur van sake van Louis Botha se eerstespan. Sy span kom Saterdag teen Zastron te staan.

Louis Botha sal die kragmeting nog sonder twee van sy staatmaker slotte, Ahlumile Mhlahlo en Mohale Masiteng, moet aanpak. Mhlahlo, wat verlede jaar op die Grant Khomo-week in aksie was, het sy enkel gebreek, terwyl Masiteng onlangs ‘n knie-operasie ondergaan het. Laasgenoemde was ook verlede jaar vir die Vrystaat op die Grant Khomo-week in aksie.

Die vernaamste voorwedstryd van die dag tussen Jim Fouché en Welkom Gimnasium behoort ook ‘n titaniese stryd te wees.

Die spanne is: 

Grey-kollege vs Hoërskool Trio om 17:30 op Gonval Store-park: 

Grey-kollege: 15 Benjamin van den Berg, 14 Wian van der Bergh, 13 Ethan Adams, 12 Darius Erwee, 11 Siyabonga Kenny, 10 Toriq Schambreel, 9 Sherwin Buys, 8 Adem Nieuwoudt, 7 Xander Smit, 6 Steven Muller, 5 Prestan Bennett, 4 Alexi Tyropolis, 3 JG Badenhorst, 2 AJ Hendriks, 1 David Hayidakis. 

Hoërskool Trio: 15 Marco Basson, 14 Randolph Burrows, 13 Kyle Kruger, 12 Tyron Adams, 11 Jaylin Jones, 10 Jayden Windvogel, 9 WJ van Niekerk, 8 Dian Serfontein, 7 Killian Kriek, 6 Johan Kruger, 5 Danie Fourie, 4 Richardt Joubert, 3 Juandré Vorster, 2 Myburgh Jacobs, 1 Hanco Geel. 

Jim Fouché vs Welkom Gimnasium om 16:20 op Gonval Store-park: 

Jim Fouché: 15 Bendré Vermaak, 14 Duardt Bester, 13 Hanro Marais, 12 Juan Swart, 11 Justin Haupt, 10 Breyten De Wee, 9 Brenden de Wee, 8 Franco Oberholzer, 7 Qian Moller, 6 JC van Niekerk, 5 Franco Greyling, 4 Rico Kellerman, 3 Jandré Opperman, 2 Itumeleng Mokate, 1 Tristan Russle. 

Welkom Gimnasium: 15 Jaydewin Solomons, 14 Ruan Theron, 13 Nathan Muller, 12 Dylan Titus, 11 Vusi Ndayi, 10 Leano Williams, 9 Rewaldo Farmer, 8 Emile Mahlelebe, 7 Reagan Krige, 6 Relebohile Sello, 5 Jacques Barendse, 4 Diederik Beuken, 3 Julius Makhanda, 2 Kananelo Tutubala, 1 Ewald Booysen. 

Hoërskool Sentraal vs Cherries om 15:10 op Gonval Store-park: 

Sentraal: 15 SJ Coetzee, 14 CJ Hertzog, 13 Johan du Plessis, 12 Aiden Gottsch, 11 Waldo Slabbert, 10 Hanco Nel, 9 Christopher du Toit, 8 MJ Cronjé, 7 JF Human, 6 Jandré Jardim, 5 Marnu Struwig, 4 DJ Bredenkamp, 3 Hugo Coetzer, 2 JJ Koortzen, 1 Willem Kotzé.

Cherries: 15 Cowen Willemse, 14 Johan Dormehl, 13 Zander van den Bergh, 12 Ruan Roux, 11 Ewan Olivier, 10 Samson Lackay, 9 Bernard Wessels, 8 Keaton Pottas, 7 Daniël Grobler, 6 Arno de Bruin, 5 Jatin Marais, 4 Ruben Kruger, 3 Henco Diederichs, 2 Xander de Beer, 1 Kwanda Dyonase.

Staatspresident Swart vs Hoopstad om 13:55 op Gonval Store-park: 

Staatspresident Swart: 15 Ollie Jubber, 14 Juandré Strydom, 13 Stephen Komen, 12 Enrique Marais, 11 Diaan Roux, 10 Jayden Wagenaar, 9 Johan van Wyk, 8 Greyven Dempsey, 7 Pieter Bezuidenhoudt, 6 David Botha, 5 Daniel Botes, 4 Malan Kriel, 3 Raldo Wessels, 2 Xander van Heerden, 1 Kristein Dempsey. 

Hoopstad: 15 FP Graham, 14 Gerhard Burger, 13 Barend Greyling, 12 Christo van Rooyen, 11 Sunny Singh, 10 AJ Brink, 9 Heinrich Badenhorst, 8 Henk Ferreira, 7 Zandré Louw, 6 Janco van Zyl, 5 Marko Jacobs, 4 Jannie Blignaut, 3 Jakes Human, 2 MJ Hatem, 1 Schalk van der Merwe. 

Lichtenburg vs Postmasburg om 12:45 op Gonval Store-park: 

Lichtenburg: 15 Xander Blom, 14 Tehan Potgieter, 13 Ruan Kroëse, 12 Oratile Sekoto, 11 Kuzi Mupudzi, 10 Luan Snyman, 9 Rea Motsusi, 8 Kgolagano Legodi, 7 Tiaan Booysen, 6 MC Shanahan, 5 George Bingudza, 4 Darius Lombaard, 3 Ruben Pretorius, 2 Juan van Rhyn, 1 Armandt Pienaar.

Postmasburg: Nie ontvang.

President Steyn vs Wessel Maree om 11:35 op Gonval Store-park: 

President Steyn: 15 Tshiamo Molahloe, 14 WJ van der Berg, 13 Ruan de Beer, 12 Juan Steffen, 11 Hennie Buchler, 10 Daniël Mziyeka, 9 Ruan Nel, 8 Erens Grobbler, 7 Christian Kock, 6 Hennie Odendaal, 5 SJ Ackerman, 4 Ettiene Louwrens, 3 Roelof Erasmus, 2 Justin van Lingen, 1 Konki Ntlai. 

Wessel Maree: Nie ontvang.

Louis Botha vs Zastron om 10:20 op Gonval Store-park: 

Louis Botha: 15 Giovanni McFarlane, 14 Ashford Mokoroane, 13 Siya Nyosana, 12 Freddy Brown, 11 Bright Akuneme, 10 Kamohelo Mofokeng, 9 Neo Lephallo, 8 Tebogo Moticoe, 7 Andile Mtshali, 6 Musa Motlolane, 5 Kutlowano Madiehe, 4 Nomganga Themba, 3 Dinash Philander, 2 Motlatsi Mohapi, 1 Jayden Troskie. 

Zastron: 15 Leballo Lechabile, 14 Stefan Jansen, 13 Jaco Coetzee, 12 Jacques-Phillip Franzsen, 11 Thabiso Mdladlana, 10 Jacobus Janse van Rensburg, 9 Reon Cronje, 8 Andrew van der Merwe, 7 CG Siegruhn, 6 Inus van den Berg, 5 Brandon Venter, 4 Rico Botha, 3 Jesse Mathee, 2 Cobus Roux, 1 Alex Hollenbach. 

Wolmaransstad vs Hoërskool Bultfontein om 09:10 op Gonval Store-park: 

Wolmaransstad: 15 Heindrich Boshoff, 14 Gisto Mabitso, 13 AJ Vermeulen, 12 MJ Hattingh, 11 Antonio Pullen, 10 Johan Erasmus, 9 Lucraine Wyngaardt, 8 Thlalefo Thobedi, 7 Micka Hendriks, 6 Freddie Kairuz, 5 Dian Smit, 4 JW Coetzee, 3 Zak Knoetze, 2 Gideon Mostert, 1 Christiaan Wolmarans  

Hoërskool Bultfontein: Nie ontvang.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.