SuperSport Schools Plus

WP kies sy twee spanne vir die Cravenweek van 2018

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2018-06-21 Tags:

Western ProvincePaul Roos Gimnasium het met sewe lede die meeste spelers in die Westelike Provinsie se uitsoekspan vir vanjaar se Coca-Cola Cravenweek wat van 9 tot 14 Julie in die Paarl. Die land se voorste skolespan volgens School of Rugby se ranglys behoort ook vanjaar ‘n hele paar spelers tot die SA Skole-span by te dra.

Die sewe Paul Roosers is Kade Wolhuter (heelagter), Brendan Venter (senter), Juan Mostert (losskakel), Hanru Jacobs (vaskopstut), Robbie Rodgers (loskopstut), JJ Kotze (haker) en Tiaan Pretorius (vleuel).

WP stuur vanjaar twee spanne na die Cravenweek in Paarl. Die uitsoekspan sal in die hoofwedstryd van die eerste dag op die Hoër Jongenskool Paarl se Brugstraat teen die Pumas te staan kom. Die XV-tal sal eers op die tweede dag in aksie wees. Dié span sal teen die Goue Leeus se XV-tal in aksie wees.

Venter se pa, ook Brendan, het in 1986 ook in die Paarl aan die Cravenweek deelgeneem. Venter sr. het in 1987 vir die tweede keer vir Transvaal op die Cravenweek verteenwoordig en het daardie jaar ook die SA Skole-span gehaal. Venter sr. het natuurlik ook die middelveld vir die Springbokke beman.

Nog ‘n oud-Bok Heinrich Rodgers se seun, Robbie Rodgers, sal in die Streeptruie se skrum sak. Rodgers sr. wat skool gegaan het op Harrismith het Oos-Vrystaat op die Cravenweek van 1980 verteenwoordig. Pretorius se pa, Riaan  “Torros” Pretorius, het lank vir Suidoos-Transvaal se seniorspan gespeel. Hy het ook die unie op die Cravenweke van 1993-94 verteenwoordig. Pretorius sr. het aan Ben Viljoen op Groblersdal gematrikuleer.

Die Hoër Jongenskool Paarl se kaptein en slot, Adrian Alberts, is een van slegs twee spelers wat verlede jaar in Johannesburg ook op die Cravenweek in aksie was. Alberts het verlede jaar ook die SA Skole-span gehaal. Buiten Alberts is dit slegs die buitesenter, Dawid Kellerman, wat ook verlede jaar vir die Streeptruie op die toernooi in aksie was.

Die spanne is: 

Westelike Provinsie: 15 Kade Wolhuter (Paul Roos Gimnasium), 14 Thoubaan Gabriels (Rondebosch Boys’ High), 13 Dawid Kellerman (Paarl Gimnasium), 12 Brendan Venter (Paul Roos Gimnasium), 11 Stravino Jacobs (Paarl Gimnasium), 10 Juan Mostert (Paul Roos Gimnasium), 9 Dylan Alexander (Paarl Gimnasium), 8 Evan Roos (Hoër Jongenskool Paarl), 7 Mhlali Mgolodela (Rondebosch Boys’ High), 6 Justin Muller (Diocesan College), 5 Adrian Alberts (Hoër Jongenskool Paarl), 4 Juan Beukes (Paarl Gimnasium), 3 Hanru Jacobs (Paul Roos Gimnasium), 2 Jason Alexander (Wynberg Boys’ High), 1 Robbie Rodgers (Paul Roos Gimnasium). Plaasvervangers: 16 JJ Kotze (Paul Roos Gimnasium), 17 Luthando Woji (Wynberg Boys’ High), 18 Roubert Bester (Hoër Jongenskool Paarl), 19 Dylan de Leeuw (Stellenberg), 20 Romauld Ntumba (Milnerton), 21 William Rose (Diocesan College), 22 Tiaan Pretorius (Paul Roos Gimnasium), 23 Darren Hendricks (Boland Landbou).

Westelike Provinsie XV: 15 Remy Engelbrecht (Paul Roos Gimnasium), 14 Tharquin Manuel (Stellenberg), 13 Luca Liebenberg (Diocesan College), 12 Erik Lambrecht (Boland Landbou), 11 Marcquin Titus (Brackenfell), 10 Nivan Pietersen (Stellenberg), 9 Abduragheem Ismail (Milnerton), 8 Matthew Cordy (Paul Roos Gimnasium), 7 Thys Kitshoff (Boland Landbou), 6 Dean Nieuwoudt (Paarl Gimnasium), 5 Emile van Heerden (Hoër Jongenskool Paarl), 4 Nahum Johannes (Stellenberg), 3 David Ige (Rondebosch Boys’ High), 2 Cullen van der Merwe (Hoër Jongenskool Paarl), 1 De Wet Wolhuter (Hoër Jongenskool Paarl). Plaasvervangers: 16 Alastair Williams (Hoër Jongenskool Paarl), 17 Seth Christians (Rondebosch Boys’ High), 18 Jovan Bekker (Paarl Gimnasium), 19 Tyron Maritz (Hoër Jongenskool Paarl), 20 Arman Posthumus (Hoër Jongenskool Paarl), 21 Morné Titus (Durbanville), 22 Mikyle Vraagom (Milnerton), 23 Juandré de Klerk (Durbanville).

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.