Worcester Gim, Charlies eerste keer tuis in aksie

‘n Aksiebelaaide dag van skolerugby in die Boland word Saterdag in die vooruitsig gestel, met Worcester Gimnasium wat vir Hugenote uit Wellington verwelkom. Dit is die eerste keer vanjaar dat die Gimmies op hul tuisveld speel.
Ondersteuners in Ceres kan ook uiteindelik vir Charlie Hofmeyr op hul tuisveld verwelkom, wanneer hulle vir Hoërskool Bredasdorp ontvang.
Intussen wil Strand voortbou op hul wegholoorwinning oor DF Malan, wanneer hulle kragte meet met Hoërskool Hermanus.
Al die aksie word regstreeks uitgesaai op SuperSport Schools – Registreer nou
Die Worcester Gimmies het verlede naweek in Mosselbaai vir Hoërskool Punt met 22-15 verslaan en kon gedurende die Paastoernooi by Kearsney College twee indruwekkende seges teen Marlow Landbou (38-37) en Hoërskool Rustenburg (26-25) behaal.
Hugenote het verlede naweek naelskraaps met 14-17 teen ‘n begeesterde Milnerton verloor, maar die span van Wellington het nietemin heelwat belofte in daardie kragmeting getoon.
Kaptein, Alrich Humphreys, het verál beïndruk en sal Saterdag weer ‘n kernrol hê om te speel. Die tuisspan se twee stutte, Amaan Adendorff en Wilfred Slingers, het self ook al ‘n paar verdedigers vanjaar platgeloop.
Die Charlies sit hul onoorwonne veldtog vir die eerste keer hierdie seisoen op eie bodem voort. Hul trotse ondersteuners behoort die wedstryd in massas by te woon om die opwindende jong span aan te spoor teen Hoërskool Bredasdorp.
Bredasdorp het verlede naweek net-net met 19-22 teen Hoërskool Robertson verloor, maar kon by Oakdale se Klein Karoo Saadproduksie-rugbyweek in Riversdal hul staal wys met ‘n puik sege van 43-10 oor Westering.
Dit was egter die Charlies wat by daardie toernooi koning gekraai het, onder die leiding van hul losskakel, Luan Giliomee. Die span van Ceres het vir Brackenfell in die hoofwedstryd met 15-14 verslaan, met Giliomee wat aangewys is as die beste agterspeler van die toernooi.
Hoërskool Strand se blitsige vleuel, Heinrich April, het ook die span van die byeenkoms gehaal in Riversdal.
Strand het verlede naweek hul spiere gebult met ‘n indrukwekkende oorwinning van 52-22 oor DF Malan, met April en sy naamgenoot op buitesenter, Sherwin April, wat tussen die twee van hulle ses drieë gedruk het.
Hermanus het verlede naweek teen Swartland (24-33) verloor en sal hul tuisveldvoordeel wil benut om weer na die wenpad terug te keer.
Spanne
Worcester Gimnasium t. Hugenote om 12:50 – skakel na die wedstryd
Worcester Gimnasium: 15 Lorenzo Harmse, 14 Vuyolwethu Bavuma, 13 Breyton Cupido, 12 Lukewin van Heerden, 11 Elrenzo Swarts, 10 Aiden Abrahams, 9 Luke Cupido, 8 Ryan Jacobs, 7 Waylan Pienaar, 6 Valentino Nomadluka, 5 Joshua Coetzee, 4 Chris O’Neil, 3 Wilfred Slingers, 2 Armand Croeser, 1 Amaan Adendorff.
Hugenote: 15 Lian Wiid, 14 Ethan-John Isaacs, 13 Xavier Fredericks, 12 Brayden Abrahams, 11 Joshua Lewis, 10 Luke Daniel, 9 Hugo Steenkamp, 8 Alrich Humphreys, 7 Cullen Ruiters, 6 Basson Truter, 5 Brett Arendse, 4 Andre van der Westhuizen, 3 Eswin Apollis, 2 Kieran Smith, 1 Xavier Gertse.
Charlie Hofmeyr vs Bredasdorp om 13:50 – skakel na die wedstryd
Charlie Hofmeyr: 15 Jay-Jay Janse, 14 Danico Sass, 13 Deolyn Isaac, 12 Izha-Vin van Wyk, 11 Zeph Sass, 10 Luan Giliomee, 9 Decklyn Hamilton, 8 Gerhard Goosen, 7 Tyrone Davids, 6 Daniel Bakkes, 5 Le Roux Groenewald, 4 Joshua Swarts, 3 Aaron Richter, 2 Kule Cordosa, 1 Glewnill Tromp.
Bredasdorp: 15 Urlin Henecke, 14 Miquyel Johnson, 13 Ruan Temmers, 12 Fortune Goni, 11 Naide April, 10 Kyle Willeman, 9 Noles Zedras, 8 Norte Mintoor, 7 Prosper Kaitano, 6 Altus Booysen, 5 Grant Afrika, 4 Albert Lambrecht, 3 Liam Engel, 2 TJ du Plessis, 1 Ismail Jongie.
Hermanus vs Strand om 12:50 – skakel na die wedstryd
Hermanus: (Moontlik) 15 Kyle Lewis, 14 Deono Gardener, 13 Giano da Kosta, 12 Laeeq Petrus, 11 Neo Faro, 10 Chad van der Merwe, 9 Cristable Nutt, 8 Reon Sparkham, 7 Gideon Scheepers, 6 Cameron Pedro, 5 Rehan Götze, 4 Chris Marais, 3 Lucion Fortuin, 2 Sebastiaan van Dyk, 1 Rowen Moore.
Strand: 15 Tyron Nicholas, 14 Lyle Julies, 13 Sherwin April, 12 Grezano Plaatjies, 11 Heinrich April, 10 Justin Phillips, 9 Jayden Steenkamp, 8 C-Jay Labuschagne, 7 Ashraf Fanie, 6 Chrismar Prinsloo, 5 Dewald Barnard, 4 Wessel Cloete, 3 Cayden Theunissen, 2 Roeben Robinson, 1 Wiehan Adams.