SuperSport Schools Plus

Wilgerivier vir die vierde jaar in ‘n ry kampioen

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-08-04

DIE Hoërskool Wilgerivier van Frankfort se eerste rugbyspan is vir die vierde agtereenvolgende jaar die Oos-Vrystaatse kampioenspan.

Die span van die kaptein en flank, Gerrie Muller, het Vrede met 46-14 op sy tuisveld verslaan.

Hoewel Muller ’n driekuns aan drieë behaal het, het die hele span met ’n poging vorendag gekom om die sege moontlik te maak.

“Die span het verlede week vir Gerrie al die werk gelos, maar ek kan eerlikwaar vir jou sê dat elkeen meer as sy deel in die eindstryd gedoen het,” het Frans Crous, afrigter van die span gesê.

Muller het in die eindstryd 26 van sy span se punte aangeteken. Buiten sy drie drieë het hy ook met vier doelskoppe en ’n strafdoel geslaag.

Die wenspan se vaste vyf met die vaskopstut Jan-Hendrik Muller en slot Luan Strydom aan die spits het die grondslag vir die sege gelê.

Agterlangs verdien die losskakel Alré van Heerden en die senter Jahn Workel om genoem te word. Van Heerden se taktiese skopwerk was van hoogstaande gehalte, terwyl Workel wat van ’n besering sy terugkeer gemaak het na willekeur bresse in Vrede verdediging geslaan het.

Vir Vrede was sy heelagter Johan Esterhuizen en flank Michael Podges sy staatmakers.

Wilgerivier kom nou teen Hennenman in die een halfeindstryd van die Vrystaatse plattelandse liga te staan, terwyl Bothaville en Vrede mekaar in die ander halfeindstryd pak.

Die wenner van dié liga sal die Griffons in die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) die stryd aansê. Volksblad is ’n medeborg van die kompetisie.

Die Hoërskool Retief van Kestell het Marquard met 29-5 in hulle eindstryd uitgestof. Die span van Kestell sal nou teen Sandveld van Wesselsbron te staan kom, terwyl Bultfontein vir Marquard inwag. Die wenner van die liga sal die Griffons in die Colt-liga verteenwoordig. Bultfontein is die verdedigende kampioen.

Bulties het verlede week vir Lesideng (68-7) en Welkom High (64-5) uit die pad gevee.

Duineveld van Upington het bo in ’n taai kragmeting teen Sentraal geëindig. Die Velties het die jaarlikse interskole tussen die twee spanne met 15-12 gewen.

Wilgerivier 46 (17) – Drieë: Gerrie Muller (3), Jandré Labuschagné, Jahn Workel, Willem Coetzee, Stephan Bierman. Doelskoppe: Muller (4). Strafdoel: Muller. Vrede 14 (8) – Drie: JS de Villiers. Strafdoele: Johan Esterhuizen (3).

Bultfontein 68 – Drieë: Guilliam Viljoen (3), Erik Helm (3), Tefello Ramathello (2), Arno Taljaard, Marnes van Staden, Frikkie du Plessis, Joepie Taljaard. Doelskoppe: GJ van Eeden (2), Taljaard (2). Lesideng 7.

Bultfontein 64 – Drieë: Erik Helm (2), Bernard Fourie (2), Arno Taljaard, Guilliam Viljoen, Frikkie du Plessis, Tefelo Ramathello, Stefan van Aswegen, Desmond Grobler. Doelskoppe: GJ van Eeden (5), Bernard Fourie (2). Welkom High 5.

Theunissen 33 (26) – Drieë: Braam Fourie (2), Michael Taylor, Ethean Kok, Sylvester Seseane. Doelskoppe: Seseane (4). Harmony High 7 (0).

Hoopstad 51 – Drieë: Stefan Roos (2), Hubert Roux, MJ Griessel, Mar-Jean Victor, Adriaan Meintjies, Franco Schoonraad, Frans-Willem van Beeck, Gerrit Smit. Doelskoppe: Schoonraad (3). Lesideng 0.

Hoopstad 19 – Drieë: Wayne Vorster, Wian Visser, Strafdrie. Doelskoppe: Franco Schoonraad (2). Theunissen 13.

Sandveld 47 – Drieë: Johan Fick (2), Michael Marx (2), Jaco Groenewald, Nyakalo Motseki, Spyker Potsoane. Doelskoppe: Fick (6). St. Dominic-kollege 7.

Sandveld 46 – Drieë: Wian le Roux (2), Lourens van der Westhuizen, Naledi Madungwa, Jaco Groenewald, Johan Fick, Lucky Bob, Michael Marx. Doelskoppe: Fick (2), Bob. Welkom High 26.

) GRIEKWAS

Landboudal 27: Drieë: Teubes Brits, André Cornelissen, Idriaan Burger, Strafdrie. Doelskoppe: Guillaume Oberholster (2). Strafdoel: Oberholster. Sand du Plessis 12

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.