SuperSport Schools Plus

Wildeklawer – Dag 1 – 2014

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-04-29

‘n TERUGVEGPOGING in die laaste agt minute wat aan die eindstryd van vanjaar se Varsitybeker-rugbyreeks se eindstryd tussen die Pukke en Ikeys herhinner, deur EG Jansen het aan hom ‘n sege van 25-21 oor Grey Boys’ High School van Port Elizabeth besorg. Die wedstryd is op die eerste dag van die Wildeklawer-toernooi op Hoërskool Diamantveld in Kimberley beslis.

Die span van die Baai het met 21-6 voorgeloop met nog agt minute oor in die kragmeting. EG Jansen se slot Hendré Stassen, heelagter Martin van Wyk en senter Erich Cronjé het egter ander planne gehad en die vonk met hulle spel vir die vuur verskaf om die wedstryd te wen. Cronjé het die wendrie gedruk, met Van Wyk wat self ook agter die doellyn gaan kuier het. Stassen het voorlangs met sy inklimspel beïndruk.

Paarl Gimnasium het amper daarin geslaag om sy grootste sege nog ooit oor die Afrikaanse Hoër Seunskool te behaal.

Gimmies het Affies wat vanjaar sover op die rugbyveld gesukkel het 40-7 afgeransel. Slegs die oorwinning van 38-3 oor Affies in 1973 oortref die sege van Gimmies. Dit was ook die span van die Paarl se eerste sege oor Affies sedert 2009 toe hy 22-16 baas was.

Gimmies se slot Jaco Willemse en agtsteman HJ Luus het as baldraers meters veld op ‘n slag gewen. Vir Affies het net sy kaptein en heelagter, Eduan Keyter moedig vertoon. Hy is vir sy durf met ‘n onderskepdrie beloon.

Grey-kollege moes sonder drie van sy sleutelspelers in sy agterlyn klaarkom, maar Louwtjie Steenkamp het vir die nodige vuurwerk gesorg om Outeniqua 25-7 te troef.

Steenkamp het op heelagter in die plek van die hoogaangeskrewe Henry Immelman opgedraf. Hy het egter Immelman se skoene volgestaan en twee keer deur die Kwaggas se verdediging soos ‘n spreekwoordelike warm mes deur botter gesny en gaan afrond. Grey was ook sonder sy vleuel Charl Pretorius en senter Julian Jordaan wat soos Immelman die wedstryd weens ‘n besering misgeloop het.

Robbie Petzer het amper daarin geslaag om Noord-Kaap tot ‘n sege oor Oakdale Landbou aan te vuur.

Die losskakel van Noord-Kaap het 20 van sy span se punte met ‘n drie, drie doelskoppe en drie strafdoele aangeteken. Die span se ander punte is deur die slot Rikus Zwart aangeteken wat twee keer oor die doellyn gebars het.

Oakdale het die kragmeting 39-30 gewen nadat Northerns vroeg ‘n voorsprong van 16-0 opgebou het. Die span van Riversdal het teruggeveg om rustyd 17-16 voor te loop danksy ‘n drie deur sy vleuel DC Giliomee.

Petzer en Zwart was ook hulle span se uitblinkers. Petzer het goed geskop, terwyl hy ook deurgans vra aan Oakdale Landbou se verdediging gevra het. Dit het telkens meer as een verdediger gevat om Zwart grond toe te bring.

Waterkloof was met sy losskakel Tinus de Beer aan die spits 39-27 oor Glenwood baas. De Beer is vir sy vertoning as speler van die wedstryd aangewys. Hy het 14 punte met sy skopskoen aangeteken. Die span van Pretoria was rustyd met die telling 31-15 reeds stewig in die saal.

HTS Middelburg het sy eerste sege in nege wedstryde op Wildeklawer teen Diamantveld (25-0) in die hoofwedstryd van die dag behaal. Die skeidsregter Khotso Raleting het in die eerste helfte eers die die tuisspan se senter JD Swanepoel met ‘n geelkaart koelkas toe gestuur en kort daarna ook die slot JD Fourie met ‘n rooikaart van die veld gejaag. Albei was vir gevaarlike duikslae.

Paul Roos Gimnasium se losskakel, Reinhard Fortuin het 22 punte tot sy span se weghol-sege van 67-0 oor King Edward VII bygedra. Hy het dalk tuis op Diamantveld se hoofveld gevoel. Hy was nog tot in graad tien ‘n leerling van Diamonds.

Die hotklou het agt van sy span se nege drieë verdoel en ook met twee strafdoele geslaag. Die span se vleuel, Nico Leonard het ‘n driekuns aan drieë behaal. Die span se senterpaar, Edrich Venter en Matt Gallow het in die wedstryd baljaar.

Monument het Boland Landbou 15-0 geklop in ‘n wedstryd wat in die tweede helfte deur te veel hanteervoute gekenmerk is. Monnas se agtsteman, Juan Lemmer het egter ‘n stewige vertoning gelewer.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.