SuperSport Schools Plus

Wie gaan Suid-Afrika se Sewes-kroon dra?

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-10-19

High School 7s ChampionsVir die eerste keer sedert 2012 sal daar weer vanjaar ‘n nasionale sewes-kampioen vir skole gekroon word.

Die Hoërskole Sewes-reeks se Kampioen van Kampioene-toernooi vind Vrydag en Saterdag op Camp Discovery net Noord van Pretoria plaas. Al die kampioene van die reeks se 11 toernooie, buiten Louis Botha van Bloemfontein, sal in die Kampioen van Kampioene-toernooi in aksie wees.

Onder die vroeë gunstelinge tel Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch, Glenwood van Durban, Durban High School en Waterkloof.

Paul Roos wat in sy geledere vir Tiaan Pretorius het, wat as Speler van die Toernooi aangewys is tydens die Marius Schoeman Sewes-toernooi by Paarl Gimnasium. Pretorius is ook na afloop van die Interprovinsiale Sewes-toernooi in die SA Sewes-akademie se oefengroep opgeneem.

Pretorius se neef is die Blitzbok Kwagga Smith. Sy pa Torros Pretorius het ook op sy dag vir Pumas se seniorspan uitgedraf.
Nog drie spelers wat in die nasionale groep opgeneem is Siyanda Cele en Dylan Pretorius (albei Glenwood) asook Celempilo Gumede (Durban High School) sal ook van Vrydag af by Camp Discovery in aksie wees.

Die groepwedstryde word Vrydag beslis, terwyl die uitspeelwedstryd Saterdag om 09:00 sal begin. Die eindstryd van die Beker-afdeling vind om 14:00 plaas.

Al die wedstryde op die A-veld sal regstreeks op Fanstream.co.za gebeeldsend word.

Die Groepe is:

Groep A: Paul Roos Gimnasium, Westville Boys’ High, Noordheuwel.
Groep B: Glenwood, Diamantveld, Montana.
Groep C: Hoërskool Rustenburg, Goudveld-Hoërskool, Brandwag (Benoni).
Groep D: Durban High School, Waterkloof, Merensky.

Die bepalings is:

Vrydag, 20 Oktober 2017

A-veld – 16:00: Waterkloof vs Merensky; 16:20: Diamantveld vs Montana; 16:40: Rustenburg vs Brandwag; 17:00: Paul Roos Gimnasium vs Noordheuwel; 17:20: Durban High School vs Waterkloof; 17:40: Glenwood vs Diamantveld.

B-veld – 16:00: Goudveld-Hoërskool vs Brandwag; 16:20: Westville Boys’ High vs Noordheuwel; 16:40: Durban High School vs Merensky; 17:00: Glenwood vs Montana; 17:20: Rustenburg vs Goudveld; 17:40: Paul Roos vs Westville Boys’ High.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.