Wie gaan baas wees in Bethlehem vir 2023?
Die stryd vir spogregte in Bethlehem vind hierdie Saterdag plaas waneer Hoërskool Witteberg en Bethlehem Voortrekker mekaar aanpak om 14:00 op Witteberg se veld vir hul jaarlikse FNB Classic Clash.
Die wedstryd word regstreeks op SuperSport Schools uitgesaai – Registreer nou.
Albei die spanne het gemengde seisoene tot dusver, en dit lyk asof hierdie ‘n baie taai wedstryd kan wees tussen twee skole wat op dieselfde vlak speel.
Hulle het al in die verlede sussies gesoen, en dit sal nie verbasend wees as daar hierdie naweek weer bitter min is om hulle te skei nie.
Verlede jaar het hulle drie keer kans gehad om mekaar te toets. BVHS het die eerste wedstryd 20-16 gewen, en die twee spanne het gelykop gespeel met 17 elk in hul tweede ontmoeting, voor BVHS later in die jaar met 32-20 kon wen toe hulle weer in mekaar vas loop in die Griffons-liga halfeindstryd.
Witteberg het al meer sukses gehad hierdie seisoen, met seges oor Goudveld (23-19), Diamantveld (30-21) en Sentraal (25-12), terwyl Voortrekker teen Goudveld kon wen met 29-19 en Hoërkool Trio 24-18 kon afsien.
Witteberg het egter in hul vorige twee wedstryde gesukkel op verdediging toe hulle met 22-22 teen Hentie Cilliers gelykop gespeel het en met 41-19 teen Welkom Gim verloor het.
Dries Stemmet (skrumskakel) is ‘n sleutelspeler vir Witteberg.
Nie net is sy verdoelings in die kol nie, maar hy speel ook ‘n groot rol in die organisering van sy span se aanval.
Vir Bethlehem Voortrekker is dit hul senter, Tumi Khoza, en heelagter, Kaneng Komane, wie ‘n bedreiging inhou waneer hulle ‘n gaping vind.
Hierdie bepaling tussen die buurskole is belangrik vir albei spanne se veldtogte in die Wesgrow-reeks, maar dit is die trots wat die grootste beloning is vir die wenners van so ‘n kragmeting tussen twee skole wat skaars ‘n klipgooi van mekaar geleë is.
Die spanne is:
Witteberg t. Voortrekker om 14:00:
Witteberg: 15 Ashton Diedericks, 14 Sydwell Sethi, 13 Janus Breytenbach, 12 Kenoyen Morat, 11 Xavier Lotter, 10 Curtley Smith, 9 Dries Stemmett, 8 Daniel Meintjies, 7 Marco Grobler, 6 Llewellyn Beukes, 5 Nico van Rensburg, 4 Pieter Nel, 3 Bongi Mbambo, 2 Kobus Hefer, 1 Gerhardt Stone.
Bethlehem Voortrekker: 15 Kaneng Komane, 14 Hein Smit, 13 Tumi Khoza, 12 Frederik Fourie, 11 Kamohelo Moses, 10 Tiaan van Rooyen, 9 Alexander Maree, 8 Archie Gertenbach, 7 Juan Duminy, 6 Jayden de Jesus, 5 Harry Kymdell, 4 Alberto Argentino, 3 Cecil Parsons, 2 Arnold Ras, 1 Francois Maree.
Ander bepalings, (tuisspanne eerste):
11 Mei 2023
16:10 – Ficksburg t. Marquard; 16:00 – Ladybrand t. New Horizon College.
12 Mei 2023
14:15 – Harrismith t. Ntsu;
13 Mei 2023
10:30 – Vrede t. Reitz; 13:00 – Zastron t. President Steyn.