SuperSport Schools Plus

Westelike Provinsie en Leeus in hoofwedstryd van 50ste Cravenweek

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-07-12

DIE Leeus sal vir die derde agtereenvolgende jaar in die hoofwedstryd van die Cravenweek-toernooi vir hoerskole in aksie wees. Hulle teenstander die Westelike Provinsie sal die eerste keer sedert 2010 in die hoofwedstryd in aksie wees.

Die Leeus het hulle plek in die hoofwedstryd danksy ‘n strafdoel na speeltyd reeds verstreke was teen die Vrystaat deur sy heelagter, Erwin Harris om aan hulle ‘n naelskraapse sege van 20-19 te besorg.
Harris het met die skop gewys dat hy nie vir die groot oomblik terugdeins nie. 

Dit is jammer dat die skeidsregter, Daniel Fortuin se laaste twyfelagtige beslissing die wenner van die kragmeting bepaal het. Hy het deurgans swak beslissings gedurende die wedstryd na albei kante toe gemaak en daar moet dalk liewer gevra word hoe dit toegelaat is dat hy die hoofwedstryd hanteer het.

Die Vrystaatse haker, Andrew du Plessis se ingooiwerk in die tweede helfte se lynstane het sy span duur te staan gekom. Die Leeus se senter, Fernando Kermis het die Vrystaters telkens op die verdediging onkant betrap.

Die Suidwestelike Distrikte se SA Skole-vleuel, Duhan van der Merwe het sy vaart en krag teen Oostelike Provinsie ten toon gestel. Hy het twee van sy lopies in sy span se sege van 40-14 oor Oostelike Provinsie afgerond. Die wenspan se losskakel Dewald Human het ook sy kans om in die span ingesluit te word met sy vertoning verhoog.

Die Griffons is steeds onoorwonne en een van slegs vyf onoorwonne spanne wat die laaste dag sal veg om die status te behou. Die Perses het Oostelike Provinsie-platteland 26-20 getroef. Die span van die Noord-Vrystaat kon laas in 2011 die week onoorwonne afsluit. Hulle losskakel Shaun Reynolds en flank Andre Janse van Vuuren was uitstaande.

Griekwas-platteland se kantman, Junior Burger het die Valke se kalklig met sy vierkuns aan driee in hulle sege van 24-44 gesteel. Dit was Burger se vyfde driekuns aan driee die seisoen.

Die Valke se losskakel, Ruan Potgieter het met sy 19 punte die grootste bydrae tot sy span se oorwinning gelewer.

Die Luiperds het met sy gemaklike sege van 64-0 oor Grens-platteland die feit dat laasgenoemde uit hulle diepte op die week is beklemtoon. Die wenspan se senter, Markus Coetzer het ‘n persoonlike bydrae van 24 punte gelewer.

More se bepalings:

A-veld: 09:15: Zimbabwe t. Namibie; 10:45: Grens t. KwaZulu-Natal; 12:15: Blou Bulle t. Suid-Westelike Distrikte; 13:45: Vrystaat t. Pumas; 15:15: Westelike Provinsie t. Leeus.

B-veld: 09:15: Limpopo Blou Bulle t. Oostelike Provinsie-platteland; 10:45: Griffons t. Boland; 12:15: Oostelike Provinsie t. Valke.

C-veld: 09:15: Griekwas t. Grens-platteland; 10:45: Griekwas-platteland t. Luiperds.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.