SuperSport Schools Plus

Welkom Gim verras Trekker byna

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-05-27

WELKOM GIMNASIUM het op sy tuisveld amper daarin geslaag om Voortrekker van Bethlehem se onoorwonne status in die Griffon-liga te bring. Die Trekkers het die kragmeting tussen die twee spanne 22-20 deurgetrek. Die wenspan was teen die omdraaislag 10-8 voor.

Gimmies se kantman, Retief Marais was die groot doring in die Trekkers se vlees. Veral sy rankwerk in die lynstane was uitstaande. Hy het in die los ook gewoel en ook op verdediging uitgeblink. Marais is die jongste broer van die twee Sharks-slotte, Jandre en Peet Marais.

Die Trekkers sal nie gelukkig met hulle vertoning voel nie. Die span se kaptein en flank, Andre Janse van Rensburg was soos gewoontlik sy span se groot staatmaker.

Ander uitblinkers vir Gimmies was sy flank Albert Brummer wat paar manne hard gelak het en ook veld met kragtige lopies gewen het en die haker Brummer Marais wat se ingooiwerk en haakwerk van hoogstaande gehalte was.

Hentie Cilliers het heeltemal te veel skietgoed vir Hoerskool Kroonstad gehad. Die span van Virginia het sy besoekers van Kroonstad 71-7 afgeransel. Die wenspan het 11 driee gedruk waarvan Jamie Joseph, Damian May en Anwar Ohlson elk twee gedruk het.

Vir Blouskool het die flank Neels van Schalkwyk, stut Reinhardt Kleinhans en slot Erlo Kleinhans moedig probeer.

Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad het sy kanse om tot die uitkloprondes deur ted ring versterk deur Witteberg 37-15 die loef af te steek. Vir Rooiskool het sy slotpaar TP Kleynhans en Francois Stemmet goeie vertonings opgedis. Die flank Gerrit Otto het met sy kragtige lopies ook ‘n groot bydrae tot die oorwinning gelewer. Vir die span van Bethlehem was sy slot FP Pelser sy beste speller, terwyl die stut Lambert Rautenbach ‘n kragtige skrumvertoning gelewer het.

Goudveld-Hoërskool het HTS Welkom 24-10 getroef. Die Tekkies sal nie tevrede met hulle vertoning voel nie. Die verloorspan se drie is deur die haker Shane Grobler gedruk. Die losskakel, Teboho Lesholi het met ‘n doelskop en strafdoel geslaag.

In die Oos-Vrystaat het Reitz met sy oorwinning van 29-15 oor Ladybrand dat hy feitlik verseker van sy plek in die halfeindstryde is. Die span se Jaco Pretorius het ‘n driekuns aan drieë behaal.

Die verdedigende kampioen, Wilgerivier van Frankfort sal egter moelik gestuit word. Die span het Paul Erasmus op Senekal 43-17 geklop. Vrede het ‘n oortuigende sege van 50-0 oor Harrismith behaal.

In die Sandveld-liga het Bothaville vir Hennenman 62-0 uit die pad gevee. Die span se losskakel, Jeandré Kleinhans het sy lyn goed weggestuur. Hy het self ook twee keer gaan druk en drie doelskoppe tussen deur die pale gejaag. Voorlangs was die agtsteman, Sakkie Bester sy span se beste speler op die dag, terwyl die senter Wessel Hefer ook meer as sy deel gedoen het.

Theunissen het Lesideng 36-5 in hulle liga-wedstryd verslaan.

Puntemakers: 

AHS Kroonstad 37 (17) – Drieë: Nico Potgieter (2), Gerrit Otto, Corné Schutte, Robbie Petzer. Doelskoppe: Jeandré Uys (4). Strafdoel: Uys. Witteberg 15 (12) – Drieë: Stephan Maree, Gerhard van Huysteen. Doelskop: Gerhard Nel. Strafdoel: Nel.

Voortrekker 22 (10) – Drieë: André Janse van Vuuren, Lethole Mokoena, Tiisetso Madonsela, Doelskoppe: Tokkie van Zyl (2). Strafdoel: Van Zyl. Welkom Gimnasium 20 (8) – Drieë: Winston Lefume, Danie Hendricks, Brummer Marais. Doelskop: Kerr Till. Strafdoel: Till. 

Hentie Cilliers 71 – Drieë: Jamie Joseph (2), Damian May (2), Anwar Ohlson (2),Gregan Hull, Cheslyn van Rayner, Brandon Kuzatjike, Jonathan April, Jamille Afrika. Doelskoppe: Riaan Pretorius (7), Ethan Williams. Hoërskool Kroonstad 7 – Drie: Neels van Schalkwyk. Doelskop: Reinhard Kleinhans.

Reitz 29 – Drieë: Jaco Pretorius (3), NP Linde, Christiaan Fouché. Doelskoppe: Francois de Jager (2). Ladybrand 15

Wilgerivier 43 (21) – Drieë: Jacques van Rensburg (2), Guillaume Strydom, Gerrie Muller, De Wet Ungerer, Gerhard van Rensburg, Ricardo Frade. Doelskoppe: SF Meyer (4). Paul Erasmus 17 (7) – Drieë: Katleho Lehololo (2), Reoratile Matile. Doelskop: Edwin Gower. 

Vrede 50 – Drieë: Mark Cockroft (2), Charl du Toit, JS de Villiers, JP Burger, Stephan de Villiers, Arthur Longuera. Doelskoppe: Johan Esterhuizen (6). Strafdoel: Esterhuizen. Harrismith 0.

Bothaville 62 (29) – Drieë: Jeandré Kleinhans (2), Sakkie Bester (2), Ayrten Veira (2), DJ Crause, Armandt van der Merwe, Wikus Louwrens, Chris Alkema. Doelskoppe: Kleinhans (3), Bester (3). Hennenman 0.

Theunissen 36 – Drieë: Braam Fourie (2), Tim Gowar, Butch du Toit, Retabile Rakhotshoane, Ethian Kok. Doelskoppe: Gowar (3). Lesideng 5.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.