SuperSport Schools Plus

Welkom Gim sluit liga onoorwonne met sege oor Gouties af

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-08-01

NewsG WillieNaudeWelkom Gimnasium se eerste rugbyspan het Saterdag in sy jaarlikse interskole gesorg dat dit ’n swart dag vir sy aartsvyand Goudveld-Hoërskool was.

Gimmies het die derby met ’n rekordtelling van 71-0 gewen. Die wedstryd is boonop ’n paar minute vroeg gestop. Gouties het net nie antwoorde vir die vlugvoetige agterhoede van Gimmies gehad nie.

Gouties het wel in die skrums die bo-toon gevoer, maar in die lynstane het Gimmies se agtsteman, Gift Dlamini, en die flank JJ Scheepers probleme vir die besoekers besorg.

Gimmies se agterlyn was op hul stukke met veral die losskakel, Byron Smith en vleuel Kwagga van Staden wat uitgestaan het. Van Staden het soos die senter Lubabalo Mtyeshi en die heelagter, Andrew Kota, twee keer die doellyn oorgesteek. Dit was ook duidelik dat Gimmies se SA Skole-skrumskakel, Richman Gora, in die uitspeelrondes van die Griffon-liga gaan mis.

Gimmies sal Vrydag in die halfeindstryd nog van sy dienste teen Witteberg gebruik kan maak. In die ander halfeindstryd sal Voortrekker en Goudveld mekaar die stryd aansê.

Voortrekker het ratte in die tweede helfte verwissel om Wilgerivier in Frankfort met 57-18 te verslaan. Die Trekkers het met die omdraaislag ’n skrale voorsprong van 17-13 geniet.

Die Trekkers se regtervleuel, Pieter van Zyl, het ’n driekuns aan drieë behaal. Wilgies se kantman Corjan Muller is vir sy goeie spel met twee drieë beloon.

Ander uitblinkers vir die wenspan was sy agtsteman, Michael Janse van Rensburg, en die slot Hercu Breitenbach.

Daar was lanklaas in die Griffon-liga so hewige stryd om die houtlepel as die een tussen HTS Sasolburg en die Hoërskool Kroonstad Saterdag in Sasolburg. Die twee spanne het albei die laaste ronde sonder ’n sege betree en hoe die twee spanne se voorspelers onder mekaar ingeklim het was dit duidelik dat albei graag ’n sege wou behaal.

Blouskool het uiteindelik na ’n fisieke kragmeting met 26-24 as oorwinnaars van die veld gestap. Die wenspan se flank Danie Meiring en vleuel Boitumelo Maleka kan trots oor hul vertonings voel, Maleka het die wendrie in die doodsnikke van die wedstryd gaan druk.

Vir die Spanners was sy flank JC Schultz en skrumskakel James Mofokeng uitstaande.

Witteberg het danksy sy bonuspunt-sege van 32-22 oor die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad sy plek in die halfeindronde verseker. Soos verwag was dit egter nie maklik nie. Die twee spanne het met die telling op 22-elk gaan rus.

Witteberg het veral in die skrums druk op Rooiskool geplaas. Vir die verloorspan verdien sy flank At van der Berg, slot DJ Hattingh en senter Zak van Niekerk ’n klop op die skouer.

Hentie Cilliers van Virginia het ook ’n bonuspunt in sy oorwinning van 46-12 oor HTS Welkom verdien. Dit was op die ou einde te min om sy plek in die uitspeelrondes te bespreek.

Puntemakers: 

Welkom Gimnasium 71 (36): Drieë: Lubabalo Mtyeshi (2), Andrew Kota (2), Kwagga van Staden (2), Richman Gora, Duke Jantjies, Ronaldo Fortuin, David Eyssen, Byron Smith. Doelskoppe: Kota (5), Eyssen (2), Van Staden. Goudveld-Hoërskool 0

Voortrekker 57 (17): Drieë: Pieter van Zyl (3), Hercu Breitenbach (2), Michael Janse van Rensburg, Francois Klopper, Abri Pretorius, Ruan van Niekerk. Doelskoppe: Louis Viljoen (6). Wilgeriver 18 (13): Drieë: Corjan Muller (2). Doelskop: Cobus Erasmus. Strafdoele: Erasmus (2). 

Hentie Cilliers 46: Drieë: Thebe Letsholo (2), Winrich Kennedy, Dealin Jafta, Jovanian du Preez, Jaco Vermeulen. Doelskoppe: CJ Sheppard, Ruben Pretorius, Heinke van der Merwe, Jafta. Strafdoel: Du Preez. HTS Welkom 12: Drieë: Adrian Olivier, Tshepo Raseboka. Doelskop: Stompie Hanaba.  

Hoërskool Kroonstad 26: Drieë: Mervin Touzel, Lesego Malangue, Boitumelo Maleka. Doelskop: Vincent McPherson. Strafdoele: McPherson. HTS Sasolburg 24: Drieë: Cheslin Jafta, Naigan Wolmarans, JC Schultz, Thato Mofokeng. Doelskoppe: Sherwin October (2).

Witteberg 32 (22): Drieë: PJ Jonker, Louis Oosthuizen, Jan-Herman van Straaten, Johannes van Graan, Erhard Bubb. Doelskoppe: George Spershott (2). Strafdoel: Spershott. AHS Kroonstad 22 (22): Drieë: Wikus Buitendag, Brendan van der Walt, Dylan Stiemmie. Doelskoppe: Van der Walt (2). Strafdoel: Van der Walt. 

Welkom Gimnasium 71 (36): Drieë: Lubabalo Mtyeshi (2), Andrew Kota (2), Kwagga van Staden (2), Richman Gora, Duke Jantjies, Ronaldo Fortuin, David Eyssen, Byron Smith. Doelskoppe: Kota (5), Eyssen (2), Van Staden. Goudveld-Hoërskool 0.

Voortrekker 57 (17): Drieë: Pieter van Zyl (3), Hercu Breitenbach (2), Michael Janse van Rensburg, Francois Klopper, Abri Pretorius, Ruan van Niekerk. Doelskoppe: Louis Viljoen (6). Wilgeriver 18 (13): Drieë: Corjan Muller (2). Doelskop: Cobus Erasmus. Strafdoele: Erasmus (2).

Hentie Cilliers 46: Drieë: Thebe Letsholo (2), Winrich Kennedy, Dealin Jafta, Jovanian du Preez, Jaco Vermeulen. Doelskoppe: CJ Sheppard, Ruben Pretorius, Heinke van der Merwe, Jafta. Strafdoel: Du Preez. HTS Welkom 12: Drieë: Adrian Olivier, Tshepo Raseboka. Doelskop: Stompie Hanaba. 

Hoërskool Kroonstad 26: Drieë: Mervin Touzel, Lesego Malangue, Boitumelo Maleka. Doelskop: Vincent McPherson. Strafdoele: McPherson. HTS Sasolburg 24: Drieë: Cheslin Jafta, Naigan Wolmarans, JC Schultz, Thato Mofokeng. Doelskoppe: Sherwin October (2).

Witteberg 32 (22): Drieë: PJ Jonker, Louis Oosthuizen, Jan-Herman van Straaten, Johannes van Graan, Erhard Bubb. Doelskoppe: George Spershott (2). Strafdoel: Spershott. AHS Kroonstad 22 (22): Drieë: Wikus Buitendag, Brendan van der Walt, Dylan Stiemmie. Doelskoppe: Van der Walt (2). Strafdoel: Van der Walt. 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.