SuperSport Schools Plus

VS-Bondedag inspuiting vir skolerugby – Vorster

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-06-13

DIE spelers van veral die Akademie- en Cravenweek-spanne van die onderskeie unies wat Saterdag aan die eerste Vrystaatse Bondedag op Grey-kollege se velde deelneem kry ?n ekstra geleentheid om twee Suid-Afrikaanse skolekeurders te beïndruk.

Twee van die SA Skole keurders, Johan Vorster en André Vorster, sal dié dag bywoon. Dit is Johan Vorster, skoolhoof van Hoërskool Sentraal, se laaste jaar as nasionale keurder. Hy het verlede jaar as voorsitter van die Vrystaatse Hoërskole-vereniging uitgetree. Dié Bondedag is reeds sy oopvolger, Michael Barker van Hoërskool Fichardtpark se inisiatief.

“Dit is ‘n gulde geleentheid as keurder om reeds spelers te identifiseer. Ons moet sover moontlik prober om wedstryde te kyk en spelers te identifiseer. Ons kyk na die Classic Clashes en Premier Insterschools op televisie. So ‘n geleentheid om die unies se spanne voor die toernooi te sien gee jou as keurder gewis meer agtergrond,” het Johan Vorster gesê.

Die keurders hou mekaar ook op hoogte indien hulle spelers identifiseer waarvoor die ander op die uitkyk kan wees. Nie minder as ses van die 20 Cravenweek-spanne sal Saterdag in Bloemfontein te sien wees nie.

Die Cravenweek-span van Oostelike Provinsie het vroeër die week onttrek. Die organiseerders hoop om in die toekoms ook Oostelike Provinsie en KwaZulu-Natal by die dag te betrek.

Die geskiedkundige 50ste Cravenweek vir hoërskole vind van 8 tot 13 Julie in Polokwane plaas. Die keurders sal na afloop van dié toernooi n nasionale skolespan kies. Die keurders woon buiten die Cravenweek ook die Noordvaal Bondedag, Grant Khomo-week (vir o.16-spanne) sowel as Akademie-week by om spelers te identifiseer.

Die Vrystaat Cravenweek-span pak sy eweknie van Grens in die hoofwedstryd van die Vrystaatse Bondedag. “Dié dag is n baie goeie inisiatief. Omdat Bloemfontein so sentraal is behoort dit nog heelwat te groei en dis ?n bate vir Suid-Afrikaanse skolerugby,” het Vorster gesê.

Die ander Cravenweek-spanne wat Saterdag te sien is, is Griekwas-platteland, Grens-platteland, Griffons en Griekwaland-Wes.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.