Vrystaat vee Grens-platteland uit die pad
DIE Vrystaatse Cravenweek-span het 125 redes om nie te opgewonde te raak oor sy weghol-oorwinning oor Grens-platteland in die hoofwedstryd van die eerste Vrystaatse Bondedag in Bloemfontein nie. Hoewel die span se afrigters, Roelf Meyer en Dirkie Groenewald tevrede sal wees dat hulle span by hulle spelpatroon gehou het, moet daar nie te veel gelees word in die sege van 125-0 op die hoofveld van Grey-kollege nie.
Die Vrystaat is ongetwyfeld sedert 2006 die mees suksesvolste span op die Cravenweek vir hoerskole. Vrystaat het in hierdie tydperk vyf keer in die hoofwedstryd van die toernooi gespeel en was ook in 2007, 2010 en 2011 die nie-amtelike kampioen. Grens-platteland was weer in hierdie tydperk die swakste span op die toernooi.
Vrystaat het teen rustyd reeds ân stewige voorsprong van 61-0 opgebou. Dit is jammer dat Grens-platteland die Vrystaters moes trotseer. Die gasheer sou aanvanklik teen Grens in die hoofwedstryd gespeel het, maar die span het ‘ ‘n dag voor die Bondedag onttrek.
Die wenspan se vleuel, Henry Immelman het vier van sy span se 19 driee in die wedstryd gedruk. Die kantman, Marius Louw het self ân driekuns aan driee behaal. Die heelagter, EW Viljoen het 20 punte via twee driee en vyf doelskoppe aangeteken.
Die Vrystaat het slegs vier doelskoppe gemis. Die buitesenter, Stephen Rautenbach het sewe driee verdoel, terwyl die plaasvervanger-skrumskakel Sharwin Cupido met drie doelskoppe geslaag het.
Die oorwinning is ongetwyfeld die grootste sege wat die Vrystaatse o.18-span nog ooit behaal het. Die Vrystaat kom volgende Saterdag in Rustenburg om 14:00 in die hoofwedstryd van die Noordvaal Bondedag teen die Blou Bullet e staan. Die behoort ‘n veel groter toets vir die span voor die 50ste Cravenweek in Polokwane van 8 tot 13 Julie te bied.
Puntemakers:
Vrystaat o.18 125 (61) - Driee: Henry Immelman (4), Marius Louw (3), EW Viljoen (2), Ali Mgijima (2), Sheldon Fortuin, Andries Kriek, Casper Fourie, De Wet Bezuidenhout, Andrew du Plessis, Ox Nche, Victor Maruping, Sharwin Cupido. Doelskoppe: Stephen Rautenbach (7), Viljoen (5), Cupido (3). Grens-platteland 0.
- School Rugby Results – 17 May 2025 - 2025-05-17
- SDC Noordvaal Cup Results – 17 Mei 2025 - 2025-05-17
- Affies soek eerste sege in tien jaar teen gewonde Grey Kollege - 2025-05-16