Vrystaat sal hoop vir meer teenstand tydens Griekwa Bondedag
Die sentrale streke se provinsiale spanne pak mekaar hierdie naweek weer aan, hierdie keer op Diamantveld se velde in Kimberley, nadat hulle verlede week by die Vrystaat Bondedag vir die eerste keer in aksie was in voorbereideing vir die Cravenweek.
Die wedstryde op die A-veld by die Griekwas Bondedag word regstreeks op SuperSport Schools uitgesaai – Registreer nou
Die hoofwedstryd van die dag is die bepaling tussen die Griffons en die Vrystaat se Cravenweek spanne.
Vrystaat het verlede naweek vir Griekwas met 97-10 geslag en die Griffons het ook ‘n sterk vertoning gelewer om die Vrystaat Akademiespan 24-19 te oorkom.
Pieter van der Merwe, Grey-kollege se blitsige senter, het vier keer agter die doellyn gaan kuier in daardie wedstryd.
Sy skoolspanmaats, Ian van der Merwe (losskakel) en Keagan Scholtz (flank ) het ook uitgestaan vir hul spel.
Stefan Venter, die haker van Jim Fouché, was weer op topvorm laas naweek, en sal die geleentheid wil gebruik om weer te wys hoekom hy die eerste keuse haker in die Vrystaat is.
Valentino Lenge, die Diamantveld senter, het al Griekwas se punte aangeteken teen die Vrystaat en bewys dat hy sy plek in die Cravenweek span ten volle verdien, nie dat daar enige twyfel oor die saak was nie, hy is nog heel seisoen ook een van die uitblinkers vir sy skool.
Die Griekwas sal wil seker maak oor hul wedstryd teen die Vrystaat Akademiespan om momentum te bou voor die Cravenweek, maar hierdie Akademiespan is ook vol talent, en daardie wedstryd beloof om ‘n goeie toets te wees vir albei spanne.
Die Cravenweek word vanjaar deur Outeniqua in George aangebied tussen 3 en 7 Julie.
Die spanne is:
Griffons t. Vrystaat om 13:40
Griffons: 15 Andisile Mentz (Hentie Cilliers), 14 Sydwell Sethi (Witteberg), 13 Charlton Basson (Trio), 12 Kenyon Morot (Witteberg), 11 Thuto Kekane (Trio), 10 Renaldo Kiewiet (Welkom Gimnasium), 9 Alexander Maree (Voortrekker), 8 Ethan Jones (Welkom Gimnasium), 7 JD Kirstein (Trio), 6 Revoun van Niekerk (Welkom Gimnasium), 5 Jaden Auld (Welkom Gimnasium), 4 Juanricht Cloete (Goudveld), 3 Cecil Parsons (Voortrekker), 2 Dante Smith (Welkom Gimnasium), 1 Ngxabayi Buhle (Welkom Gimnasium). Plaasvervangers: 16 Heinrich Loubscher (Trio), 17 Dandre Bloem (Trio), 18 Lungile Samson (Hentie Cilliers), 19 Jonathan Olivier (Goudveld), 20 Tapiwa Mundeta (Trio), 21 CJ Taljaard (Trio), 22 Paseka Mokoena (Hentie Cilliers), 23 Tumi Khoza (Voortrekker), 24 Fano Linde (Voortrekker).
Vrystaat: 15 Alzeadon Felix (Grey-kollege), 14 Junior Claassen (Grey-kollege), 13 Benito Goeda (Grey-kollege), 12 Pieter van der Merwe (Grey-kollege), 11 Kutlo Seoko (HTS Louis Botha), 10 Ian van der Merwe (Grey-kollege), 9 Christiaan van der Westhuizen (Grey-kollege), 8 JJ Theron (Grey-kollege), 7 Keagan Scholtz (Grey-kollege), 6 Kwanda Tokwe (HTS Louis Botha), 5 Heinrich Theron (Grey-kollege), 4 Jaco Grobbelaar (Fichardtpark), 3 Jean Erasmus (Grey-kollege), 2 Stefan Venter (Jim Fouché), 1 Tshiamo Senoamadi (HTS Louis Botha). Plaasvervangers: 16 Neo Mothibeli (HTS Louis Botha), 17 Ranon Fouché (Grey College), 18 Daniel Chimpmundi (HTS Louis Botha), 19 Mogomotsi Mokuyane (HTS Louis Botha), 20 Jean Henri Smit (Grey College), 21 Devante Claassen (Fichardtpark), 22 Pharrell van Wyk (Grey College), 23 Marno Stopforth (Grey College).
Griekwas t. Vrystaat Akademie om 15:00
Griekwas: 15 Jonaden Links (Noord-Kaap), 14 Junior Kettledas (Noord-Kaap), 13 Valentino Lenge (Diamantveld), 12 Kimi van der Horst (Noord-Kaap), 11 Kyle Taute (Diamantveld), 10 Eldridge Jack (Noord-Kaap), 9 Neil Petro (Hoërskool Upington), 8 Jaco Fourie (Hoërskool Upington), 7 JJ Fourie (Diamantveld), 6 Sipho Livingi (Hoërskool Upington), 5 Thaylin Rose (Noord-Kaap), 4 Arno Luttig (Duineveld), 3 Damian MacClean (Curro Kathu), 2 Liam Harmse (Noord-Kaap), 1 PA Karsten (Hoërskool Upington). Plaasvervangers: 16 Achiles de Jager (Diamantveld), 17 FJ de Fries (Diamantveld), 18 Heinrich Nel (Diamantveld), 19 Freddie Collen (Duineveld), 20 Wentzel Hibbert (Noord-Kaap), 21 Lswandle Maseko (Noord-Kaap), 22 Emlyhn Jacobs (Hoërskool Upington), 23 Dwayne Lubbe (Prieska).
Vrystaat Akademie: 15 Vincent Wolhuter (Grey-kollege), 14 Rorisang Masoeu (Grey-kollege), 13 Martin Botha (Grey-kollege), 12 Hayden Tolmay (Grey-kollege), 11 Piwe Majugama (HTS Louis Botha), 10 Dailen Geldenhuys (Fichardtpark), 9 Erich Visser (Grey-kollege), 8 Calvin Bolt (Jim Fouché), 7 Schalk du Plessis (Grey-kollege), 6 Theko Montjane (Grey-kollege), 5 Themba Nomganga (HTS Louis Botha), 4 Temba Nomganga (HTS Louis Botha), 3 Nathan Swanepoel (Fichardtpark), 2 Iniphile Mabulwana (HTS Louis Botha), 1 Kutlwano Tukulu (HTS Louis Botha). Plaasvervangers: 16 Liam van Wyk (Grey-kollege), 17 Orogolele Molaoa (HTS ouis Botha), 18 Danie Kruger (Grey-kollege), 19 Sakhekile Mzamo (HTS Louis Botha), 20 Tumelo Leputla (Fichardtpark), 21 Oratile Maphile (HTS Louis Botha), 22 Ayanda Qinasa (HTS Louis Botha), 23 Qwyd Koen (Grey-kollege).
Ander bepalings:
A-veld (Diamantveld): 09:00 – Griffons Akademie t. Vrystaat Arende; 10:10 – Vrystaat Platteland t. Griffons Platteland; 11:20 – Vrystaat Rhinoweek t. Griekwas Akademie; 12:30 – Griffons Rhinoweek t. Griekwas Reitzweek.
B-veld (Diamantveld): 09:00 – o.16 Vrystaat Platteland t. o.16 Oos-Vrystaat; 10:10 – o.16 Griekwas Valkeweek t. o.16 Griffons Platteland; 11:20 – o.16 Griekwas Valkeweek Platteland t. o.16 Sandveld; 12:30 – o.16 Griffons t. o.16 Vrystaat XV; 13:40 – o.16 Griekwas t. o.16 Vrystaat; 15:00 – Oos-Vrysaat t. Vrystaat Kiewiete.
C-veld (Kimberley Boys’ High): 09:00 – o.16 Griffons Akademie t. o.16 Vrystaat Kiewiete; 10:10 – Sandveld t. Vrystaat LSEN; 11:25 – Griffons LSEN t. Vrystaat XV.