SuperSport Schools Plus

Vrystaat o.18 te sterk vir die Griffons

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-06-10

DIE Vrystaat se o.18-rugbyspan het te veel skietgoed vir sy eweknie van die Griffons in die twee spanne se vriendskaplike op die Noordwes-stadion in Welkom gehad. Die Vrystaat het die kragmeting 61-3 gewen.

Die span se heelagter, EW Viljoen was weer in ?n verwoestende bui op die aanval. Hy behoort indien hy op sy spelpeil voortbou ?n sterk aanspraakmaker op ?n plek in die Suid-Afrikaanse Skole-span te wees wat na afloop van die 50ste Cravenweek-toernooi van 8 tot 13 Julie in Polokwane gekies word. Viljoen kan wel nog aandag aan sy skopwerk vanuit die hand gee om ?n meer afgeronde speler te word. Hy het twee van sy span se drieë teen Griffons gedruk.

Die span se kaptein en kantman, Marius Louw se spelpeil is ook vinnig weer besig om op te tel tot waar dit voor sy besering was. Louw het self ook twee keer agter die Perses se doellyn gekuier.

Die span se losskakel, Julian Delicado het die Vrystaatse agterlyn byt gegee en sy balverspreiding was van hoogstaande gehalte. Die span se vleuel, Henry Immelman het ook met sy spel op die aanval beïndruk.

Voorlangs was die vaskopstut, Ruan Kramer ?n sterke derduiwel in die skrums. Sy stutmaat, Ox Nche was ook een van die jong Blikore se uitblinkers. Die slot Casper Fourie het met sy lynstaanspel beïndruk.

Die die Perses was sy twee flanke, André Janse van Vuuren en Gerrit Otto, uitstaande. Die duo behoort sleutelspelers op die Cravenweek vir hulle span te wees.

Die Vrystaatse Akademie-span het sy eweknie met 55-3 afgestof. Die Perses se o.16-span het egter sy spiere gebult en naelskraaps 20-26 teen sy eweknie van die Vrystaat verloor. Veral die span se losskakel Lushiano James en vleuel Kabelo Moleko het die Vrystaters probleme besorg. Die spanne het gaan rus met die telling op 12-elk.

Die Vrystaat Kiewiete behoort weer ?n krag op die VKB Reitz-week te wees. Die Kiewiete het die gasheer van die Reitzweek die Oos-Vrystaat 40-24 uitoorle. Die wenspan se flank en kaptein, Niel Teblanché en stut Stephen Wu kan tevrede met hulle vertonings voel.

Puntemakers:

Vrystaat o.18 61 (21) – Drieë: EW Viljoen (2), Marius Louw (2), Henry Immelman, Stephen Rautenbach, Ali Mgijima, Refiloe Rampeta, Patrick Mbangi. Doelskoppe: Rautenbach (8). Griffons o.18 3 (3) – Strafdoel: Shaun Reynolds.

Vrystaat Kiewiete 40 (14) – Drieë: Lee-Hane Ontong, Dean Tucker, Jan Serfontein, Henco Pieterse, Jean Janse van Rensburg, Mark Brown. Doelskoppe: Tucker (3), Janus Sander (2). Oos-Vrystaat 24 (7).

Griffons o.16 20 (12) – Drieë: Kabelo Moleko (2), Gerald Ekron. Doelskop: Luchiano James. Strafdoel: James. Vrystaat o.16 26 (12).

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.