Vrystaat keurders krap nog kop oor losskakel en senterpaar
DIE Vrystaatse skolekeurders gaan môre ’n laaste keer deur hul talentpoel sif voordat hulle eerskomende Saterdag met hul onderskeie verteenwoordigende spanne teen hul eweknie van die Griffons te staan kom. Die proefwedstryde tussen die vier merietespanne van die Vrystaat sal môre van 16:00 af op Grey-kollege se hoofveld teen mekaar kragte meet.
Die Vrystaat-Kiewiete sal nie aan die proewe deelneem nie. Die spelers moet hulle reeds om 15:30 by die veld aanmeld.
Dit blyk uit die proefspanne die Dirkie Groenewald-span se spelers is heel moontlik in die binnebaan om die Vrystaat op die 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole later vanjaar in Polokwane te verteenwoordig. Interessant is die Cherries se losskakel/senter, André Swarts, doen op binnesenter in die span diens. Twee spelers wat die Vrystaat verlede jaar op die Cravenweek in Port Elizabeth verteenwoordig het, die slot Dylan Harlen en flank Stefan Kruger, sal heel moontlik môre hul laaste kans hê om die keurders te oorreed om hulle saam na Polokwane te neem. Grey se losskopstut, Andrew du Plessis, sak op haker in die Dirkie Groenewald-span nadat hy vanjaar reeds op ’n paar geleenthede gewys het hy is ewe gemaklik in dié posisie.
Die spanne is (almal Grey tensy anders vermeld):
Dirkie Groenewald-span: EW Viljoen, Ali Mgijima (Louis Botha), Stephen Rautenbach, André Swarts, Sheldon Fortuin (Louis Botha), DP de Lange (Sentraal), Heinrich Sander, Andries Kriek, Marius Louw, Refiloe Rampeta (Louis Botha), Casper Fourie, Victor Maruping (Louis Botha), Ruan Kramer, Andrew du Plessis, Ox Nche (Louis Botha). Plaasvervangers: Martin Wipplinger, Ruben Terblanché, De Wet Bezuidenhout, Thando Magalakanqa, Sharwin Cupido, Masego Toolo, Patrick Mbangi (almal Louis Botha).
Roelf Meyer-span: Jeandré Christiaans, Dale Koopman (albei Louis Botha), Carel-Jan Coetzee (Jim Fouché), Carel Durow, Chadwill Jeggels (Fichardtpark), Julian Delicado, Dian Badenhorst, Alex Jonker, Whaseem Gallant (Louis Botha), PC Labuschagné (Jim Fouché), Lawrence Danso (Saints), Lebohang Mosala (Louis Botha), Callie Janse van Vuuren, Greydon Wenn, Thame Lixhanti (albei Louis Botha). Plaasvervangers: Ryno Gerber (Sentraal), Jermaine Achilles (Louis Botha), Dylan Harlen, Themba Songelwa (Louis Botha), Henry Immelman (Louis Botha), Dwayne Wessels, Stanley Ramotsana, Wilfred Bauwers (albei Louis Botha).
Michael Barker-span: Olwethu Ndakisa (Louis Botha), Theo Ferreira, Wietz de Bruin (Fichardtpark), Johan Nel, Jacques Grobler, Luke Cyster (Louis Botha), Marco Vermeulen (Jim Fouché), Stefan Kruger (Sentraal), Luan Reynders, Johan Venter, Ben Moodie, SJ Wessels (albei Sentraal), Othello Sebotsa (Louis Botha), Morné de Beer (Fichardtpark), Eduan Wepener (Jim Fouché). Plaasvervangers: Hanno Spies (Jim Fouché), Jaco Potgieter, Morné Vorster (albei Fichardtpark), Franco Tack (Sentraal), Luan Louw (Fichardtpark), Heinrich Bitzi, Bjorn van Wyk.
Deon van Wyk-span: Glen Erickson, Wian Musgrave (Jim Fouché), Neil Stannard, Nico van der Westhuizen (Fichardtpark), Wian Koekemoer (Sentraal), Franco Spies (Jim Fouché), Brendon Bruwer (Sentraal), JB la Cock (Sand du Plessis), HJ Prinsloo, DB Nel (Sentraal), Kassel Rothman, Morné Griessel, Ruan Koortzen (albei Jim Fouché), Hennie du Plessis, Lafras Becker (albei Sentraal). Plaasvervangers: A. Malgas (Louis Botha), Riaan Coetzee (Fichardtpark), Tjibbe Spoelstra (Jim Fouché), Pieter Slabbert (Fichardtpark), Dayle Nel (Sand du Plessis), Stefan Klopper (Fichardtpark), Sheldon Meyer (Louis Botha), Tiaan Wolfaardt (Sentraal).