SuperSport Schools Plus

Vryburg kan vanjaar driekuns in SDC Noordvaal Cup behaal


FOTO: Frans Lombard/Actionpix

Die Hoërskool Vryburg sal vanjaar weer ‘n sterk aanspraakmaker om die titel as kampioen van Groep 3 van die SDC Noordvaal Cup te wees.

Vryburg het in 2022 en 2023 ook die kroon gedra. Hy het wel in 2022 die trofee mer Die Wilgers van Pretoria gedeel na die twee spanne met 15-elk gelykop in die eindstryd gespeel het.

Vryburg het verlede jaar vir Bastion met 30-24 in die eindstryd verslaan. Die span sal egter al sy wedstryde vanjaar weg van die huis speel behalwe indien hy teen ‘n span van Limpopo, soos Saterdag die geval is, te staan kom.

En natuurlik ook indien hy en Brits daarin slaag om tot die eindstryd deur te dring.

Die verdedigende kampioen sal egter reeds vroeg in vanjaar se reeks getoets word. Hy kom Saterdag in sy eerste uitspeelwedstryd teen die Hoërskool Piet Potgieter van Mokopane te staan. Piet Potgieter is die Limpopo-naaswenner na hy met 5-20 teen Northern Academy die knie gebuig het.

Vryburg het tot dusver vanjaar nog net drie keer die onderspit gedelf. Een keer tydens die NWU 16-reeks teen Wolmaransstad. Vryburg het wel later die titel in dié reeks verower.

Sy ander twee nederlae teen Hoërskool Upington (19-22) en Lichtenburg (14-21) was teen skole in ‘n ander gewigsklas.

Die Wilgers en Vryburg kan mekaar dalk vanjaar weer in die halfeindronde van die SDC Noordvaal Cup ontmoet.

Die Blou Bulle se kampioenspan kom in sy eerste uitspeelwedstryd teen Vereeniging Gimnasium te staan. Die Wilgers het sy eindstryd teen die Hoërskool Erasmus van Bronkhorstspruit op ‘n drafstap met 37-7 gewen. Die span van die Jakarandastad behoort dus vanjaar weer ‘n sterk aanspraakmaker op die titel te wees.

Die Limpopo-kampioen, Northern Academy, se krag sal ook behoorlik op die proef teen Riebeeckrand gestel word. Die span hou daarvan op die bal lug te gee en kan die tuisspan dalk agterlangs laat bontstaan.

Die Puma-naaswenner, Standerton, sal gasheer vir John Vorster van Nigel speel. Standerton het in die Puma-eindstryd die knie met 32-36 teen Bergvlam van Mbombela gebuig.

Die spanne is: 

Vereeniging Gimnasium vs Die Wilgers in Vereeniging om 10:00: 

Vereeniging Gimnasium: 15 De Waal Viljoen, 14 Musi Mashiloana, 13 AJ Theron, 12 Tiaan Brits, 11 Tumi Masilo, 10 Duncan Scheun, 9 André Labuschagne, 8 Deon Lombaard, 7 Thato Lehohla, 6 Mike Machogo, 5 Hennie Coetzee, 4 Vuyani Mcombolo, 3 Leon Ferreira, 2 Lee-Ray Paulsen, 1 Handré Brits.

Die Wilgers: 15 Mitchell Obi, 14 Declin Farham, 13 Leo Owen, 12 Jason Pienaar, 11 Byron Esterhuizen, 10 Reinhardt Uys, 9 Armandt Pretorius (kaptein), 8 SP Schutte, 7 Kyle Painter, 6 Zander Bothma, 5 Caleb Klein, 4 Herman Rogers, 3 JP Olivier, 2 Adriaan Jacobs, 1 Aidon Moolman.

Skeidsregter: Marais Botha.

Riebeeckrand vs Northern Academy in Riebeeckrand om 11:10: 

Riebeeckrand: 15 Junaid Fortuin, 14 Cayleb Hadebe, 13 Onthatile Moruledi, 12 Peet de Bruin, 11 Mika Seatle, 10 Zac Smit, 9 Freddy Parrott, 8 Luyanda Kubheka, 7 Kobus Malan, 6 Xander Wray, 5 Terry Billa, 4 Dylan Jacobs, 3 Hardus Carew, 2 Zander Viljoen, 1 Reinhard Eloff.

Northern Academy: 15 Tumisho Segoale, 14 Tendani Tsananwi, 13 Dickson Pesulo, 12 Mahlatse Mosehla, 11 Boitumelo Nkuna, 10 Paballo Sebola, 9 Mphiwa Ledwaba, 8 Blessing Risaba, 7 Joyous Mpahanga, 6 Dimpho Mashifane, 5 Andries Gabara, 4 Blessing Kanyunyi, 3 Bokang Selepe, 2 Phindulo Tshikota, 1 Tsakile Mabunda.

Skeidsregter: PJ Nel

Standerton vs John Vorster (Nigel) in Standerton om 12:20: 

Standerton: 15 Olwethu Simelane, 14 Tshiko Mulovhedzi, 13 Hlalanenkosini Mtshali, 12 Sandile Hlatswayo, 11 Junior Khoza, 10 Bandile Radebe, 9 Johan Schoonraad, 8 Khayalethu Nhlapo, 7 Nathan Bouwer, 6 Yolanda Tshabalala, 5 Reghardt Burger, 4 Sam Hadebe, 3 Siphiwesihle Ndlovu, 2 Arno Bosman, 1 Lwandile Vilakazi.

John Vorster: 15 Sean de War, 14 Khamo Hlatswayo, 13 Diago George, 12 Stean van den Venter, 11 Tshepo Mohale, 10 Vama Makubo, 9 Gabriel Combrinck, 8 Stefan Louw, 7 Jaco van der Nest, 6 Dawie Viljoen, 5 Marnus Smith, 4 Hannes Muller, 3 Melusi Mhlambi, 2 Harald van der Merwe, 1 Jason Prinsloo.

Skeidsregter: Stefan Jacobs.

Hoërskool Vryburg vs Piet Potgieter in Vryburg om 11:00: 

Vryburg: 15 Christopher Isaacs, 14 FJ van Zyl, 13 Karabelo Mbolekwa, 12 Jordan Rathebe, 11 Tefo Sejake, 10 Jayden Starke, 9 Rikus Nieuwoudt, 8 Kenan Joseph, 7 Aiden Jonker, 6 Janco Venter, 5 Juan Smit, 4 Olerato Bonokwane, 3 Daniel Nortjé, 2 Johan Steyn, 1 Cobus van den Berg.

Piet Potgieter: 15 Evan Pretorius, 14 Jabu Mnisi, 13 Du Preez Coetzee, 12 Jevonski Gordon, 11 theo Lottering, 10 Waldo Nell, 9 Lefa Rammutla, 8 Jakkie Botha, 7 Stiaan le Roux, 6 Arno Liebenberg, 5 Smangi Tjale (kaptein), 4 Ramogau Mathato, 3 Daniel Seabi, 2 Roraka Mothoa, 1 Regard Human.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.