SuperSport Schools Plus

Voorskou – Tuks-reeks eindstryd – 2014

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-05-09

HTS Middelburg se rugbyspan sal more probeer om sy titel as kampioen van die Tuks-reeks teen EG Jansen in die LC de Villiers-stadion in Pretoria te behou. EG Jansen het die groepwedstryd tussen die twee spanne 38-27 gewen. Die Rooi Bulle was met slegs 12 minute se speeltyd oor diep in die moeilik met die telling op 38-0 in Jansies se guns. Die span van Middelburg het toe 27 punte in die laaste 12 minute aangeteken om aan hulle vertoning aansien te gee. 

EG Jansen het in sy laaste twee wedstryde op die Wildeklawer-toernooi teen Grey Boys’ High School (25-21) gewen en teen Paul Roos Gimnasium (10-30) die knie gebuig. Die span van Boksburg het sy plek in die eindstryd met ‘n sege van 24-15 oor Hoërskool Nelspruit bespreek. Nelspruit was in verlede jaar se eindstryd van die kompetisie teen HTS Middelburg 19-14 aan die verloorkant. 

Die Rooi Bulle het met ‘n naelskraapse sege van 34-33 oor Garsfontein sy plek in vanjaar se eindstryd bespreek. Die span van Middelburg se heelagter Barend Smit, slot Driaan Bester, flank Chrisjan Steynberg en losskakel Lohan Bennett sal die span se sleutelspelers in die eindstryd wees.

EG Jansen se heelagter, Martin van Wyk is ‘n aanvallende speler en hy behoort een van sy span se staatmakers te wees. Die Rooi Bulle sal ook vir die senter Erich Cronjé, slot Hendré Stassen en skrumskakel Charl Barkhuizen fyn moet dophou.  

Die spanne is: 

HTS Middelburg vs. EG Jansen om 14:30 in die LC de Villiers-stadion 

HTS Middelburg: 15 Barend Smit, 14 Liaan Prinsloo, 13 Jacques du Toit, 12 Ruan Luddick, 11 Jan Rens, 10 Lohan Bennett, 9 Stephan Enslin, 8 Eric Basson, 7 Derik Willemse, 6 Chrisjan Steynberg, 5 Driaan Bester, 4 Dehan Opperman, 3 Ruan Groenewald, 2 Gerik Mynhardt, 1 Steven Stols. 

EG Jansen: 15 Martin van Wyk, 14 Juan Botha, 13 Erich Cronjé, 12 Delano Kotze, 11 Irvin Ali, 10 Forrest Roos, 9 Charl Barkhuizen, 8 Warren Brits, 7 Dillon Robus, 6 Edwin Jansen, 5 Hendré Stassen, 4 Quintin van der Schyff, 3 Armand Jordaan, 2 Nico Peyper, 1 Rouxban Baumann. 

Garsfontein vs. Nelspruit om 09:20 in die LC de Villiers-stadion (Uitspeel om derde en vierde plek)

Garsfontein: 15 Shakeel Fredericks, 14 Wilden Marsh, 13 Henk Esterhuisen, 12 Franco Naudé, 11 Lyle Maart, 10 JP Wegner, 9 Embrose Papier, 8 Herman Britz, 7 PJ Toerien, 6 Armand Roets, 5 Jaco Bezuidenhout, 4 Brendan Verster, 3 Hencu Smith, 2 Jan-Henning Campher, 1 Bees Ferreira. 

Nelspruit: 15 Hernus Pieters, 14 Geroge Muller, 13 Nico van Rooyen, 12 Renoux de Beer, 11 Lukas de Kock, 10 Wessel Muller, 9 Ideon van der Merwe, 8 Oscar Schuld, 7 Marnus Enslin, 6 Arno Broekman, 5 Riaan le Roux, 4 Jandré Coetzee, 3 Wihan Steyn, 2 Marnus van der Merwe, 1 Stephan de Jager. 

Monument vs. Kemptonpark om 08:00 in die LC de Villiers-stadion (Uitspeel om vyfde en sesde plek)

Monument: 15 Ivan Smit, 14 Goodman Mkhwanazi, 13 Ashley Carr, 12 Ernst Beumer, 11 Odwa Nkunjane, 10 Wikus van Biljon, 9 Jacques Joubert, 8 Juan Lemmer, 7 Len Massyn, 6 Gavin Delport, 5 Reinhardt Nothnagel, 4 Rhyno Herbst, 3 Jaco Holtzhausen, 2 Justin Brandon, 1 Kevin Booth. 

Kemptonpark: 15 Marnus Gruber, 14 Daniël Terblanche, 13 Hanno van Tonder, 12 Stephan Martignalia, 11 Dean Koch, 10 Christopher Schimper, 9 Christiaan Streicher, 8 Marnus Liebenberg, 7 Michal Collins, 6 Juandré van der Walt (kaptein), 5 Johan Meyer, 4 Tiaan Venter, 3 Pierre du Preez, 2 Thinus Grundelingh, 1 Henco Conradie. 

Transvalia vs. Eldoraigne om 08:00 op Tukkies se A-veld (Uitspeel om sewende en agste plek)

Transvalia: 15 Stephan Mouton, 14 Corné van Schalkwyk, 13 Danie Marais, 12 Sean Ritter, 11 JD Robbertson, 10 Wernich Human, 9 Marco Janse van Vuuren, 8 Delmond Venske, 7 Kevin van Staden, 6 Shaun Cox, 5 David Landsberg, 4 Wesley Wessels, 3 Stephan Schoeman, 2 Stefan Jacobs, 1 Gert Mulder.

Eldoraigne: N/A. 

Centurion vs. Marais Viljoen om 09:20 op Tukkies se A-veld (Uitspeel om die negende en tiende plek)

Centurion: 15 Gavin Pienaar, 14 Shane Erasmus, 13 Damien Hogg, 12 Esje Esterhuise, 11 Ruaan du Preez, 10 Hendrik Mulder, 9 Lee-Moné Stander, 8 Cornel Jacobs, 7 Etienne Matthys, 6 Chris du Toit, 5 Devon Gouws, 4 Marko Hartzenberg, 3 Hannes van Dyk, 2 Riku Rossouw, 1 Jaco Jacobs. 

Marais Viljoen: 15 Ederick van Niekerk, 14 Ruan Behr, 13 Stefan Naudé, 12 Damian Diedericks, 11 Reggie Roux, 10 Eben Koekemoer, 9 Migael du Plessis, 8 Gerwi van Heerden, 7 Juliun Steenkamp, 6 Reuben du Plooy, 5 Danny du Plooy, 4 Hilke Kleynhans, 3 Scott Fraser, 2 Morné Alberts, 1 Tiaan de Beer. 

Hoërskool Pietersburg vs. Hoërskool Rustenburg om 11:50 op Tukkies se A-veld (Uitspeel om die 13de en 13de plek)

Hoërskool Pietersburg: 15 Kone Moloto, 14 Rikus Fick, 13 Byron Olkers, 12 Ansten Mokgokolo, 11 Aakon Landsberg, 10 Tommy Mashaphu, 9 Heinrich Holl, 8 Salie Vermaak, 7 Biemond Hoogenboezem, 6 Francois Rousseau, 5 Johan du Preez, 4 JR Visagie, 3 Erik Snyman, 2 Divan Human, 1 Komape Moloto. 

Hoërskool Rustenburg: N/A. 

Hoërskool Klerksdorp vs. Florida om 13:10 op Tukkies se A-veld (Uitspeel om die 11de en 12de plek)

Hoërskool Klerksdorp: 15 Llewellyn Moolman, 14 Des Waldeck, 13 Danie von Wielligh, 12 Michael Steinberg, 11 Riaan Scholtz, 10 Elrich Hough, 9 Thabang Phatudi, 8 Ferdie Pieterse, 7 Hendrikus Viljoen, 6 Almeru van Wyk, 5 Phillip Barlow-Jones, 4 Richard Daniels, 3 Danie van Wyk, 2 Adrian Snyman, 1 Douglas Bruce-Smith. 

Florida: N/A. 

Ermelo vs. Vereeniging Gimnasium om 14:30 op Tukkies se A-veld (Uitspeel om die 15de en 16de plek)

Ermelo: 15 Leon Visser, 14 Ndumiso Jele, 13 Danie Kruger, 12 JG Serfontein, 11 Leon Nkosi, 10 Tapiva Mafura, 9 Alec McIntrye, 8 Karl-Heinz Dedekind, 7 JT Erlank, 6 Daniël Visser, 5 Dewald Bothma, 4 Manelisi Mdaka, 3 Carel Combrink, 2 Marco Grobler, 1 Steven Corbitt. 

Vereeniging Gimnasium: 15 DC du Plessis, 14 Charles Boon, 13 Pikkie Labuschagne, 12 Rudolph Lubbe, 11 Donovan Thompson, 10 Erjee Heenop, 9 Visser van der Bank, 8 Emile Nagel, 7 Jaco Conradie, 6 Juan Williams, 5 Ivan Radley, 4 Brendan du Plessis, 3 Donovan Venter, 2 Stuart Delacey, 1 Dirk Potgieter. 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.