Voorskou – HTS Drostdy vs Tygerberg
Die Donkies van HTS Drostdy sal Saterdag as die gunsteling op sy tuisveld, Trappespark, teen die Hoërskool Tygerberg uitdraf, maar dit sal gewis nie ‘n maklike wedstryd wees nie.
Al die wedstryde op Trappespark asook die hokkiewedstryde van die interskole sal regstreeks via Fanstream.co.za gestream word.
Die Tiere van Tygerberg beleef self nie ‘n slegte seisoen nie en seges oor Durbanville (41-24), Hoërskool Pietersburg (32-8) en Worcester Gimnasium (30-8) wys dat die span nie ligtelik opgeneem kan word nie.
HTS Drostdy beleef tot dusver een van sy beste seisoene die afgelope paar jaar. Die span het vanjaar nog net drie keer teen Noord-Kaap (20-22), Outeniqua (21-26) en Paul Roos Gimnasium (19-32).
Die Donkies het sewe spelers gehad wat verlede week vir die Boland op die Coca-Cola Cravenweek in Johannesburg in aksie was. In die agterhoede sal die skrumskakel, Romeo Eksteen, Cohen Jasper, en senter, Christie Grobbelaar, wil wys hoekom hulle so hoog aangeslaan is deur die Bolandse keurders. Die plaasvervanger-losskakel, Shaun Baxter, was ook vir die Wynboere op die Cravenweek in aksie.
Voorlangs is die loskopstut, Trevor Laubscher, die enigste speler wat op die Cravenweek in aksie was, wat teen Tygerberg in aksie sal wees. Die haker, Jurie Geldenhuys, sal die wedstryd misloop.
HTS Drostdy het die laaste twee wedstryde tussen die twee spanne gewen, maar dit was sy enigste twee sege oor Tygerberg in hul laaste vyf ontmoetings op die rugbyveld. In 2013 en 2011 het die wedstryde onderskeidelik gelykop met tellings van 27-elk en 20-elk geëindig.
Die program is (Trappespark (Worcester):
08:30 – o.14 – HTS Drostdy vs Tygerberg
09:35 – o.15 – HTS Drostdy vs Tygerberg
10:45 – o.16 – HTS Drostdy vs Tygerberg
12:20 – o.19 – HTS Drostdy vs Tygerberg
Die spanne is:
HTS Drostdy: 15 Cohen Jasper, 14 Keanu Mong, 13 Christie Grobbelaar, 12 Berto le Roux, 11 Adrian Maans, 10 Handré de Jongh, 9 Romeo Eksteen, 8 Nicolas Wilkinson, 7 Kirstein Kloppers (k), 6 CJ van Rensburg, 5 Heinrich Naude, 4 Bronlee Mouries, 3 Andries de Kock, 2 Stefan Schwartz, 1 Trevor Laubscher. Plaasvervangers: 16 Piet Liebenberg, 17 Kyle Olivier, 18 Duan Bredenkamp, 19 Andre Nel, 20 Theo Fourie, 21 Luciano Elias, 22 Shaun Baxter, 23 Gerrit van Zyl.
Tygerberg: 15 John-Henry Pienaar, 14 Alessandro Dirk, 13 Brady Palm, 12 Nico van der Westhuizen, 11 Viehan Meyer, 10 JC Smuts, 9 Thandil Hoyi, 8 Edja de Meyer, 7 Tiaan de Witt (k), 6 Ruan Holshauzen, 5 Johan Louw, 4 Franco Erasmus, 3 Rayden Phillips, 2 Phillip Haywood, 1 Conrad Acker. Plaasvervangers:16 Oakley Conyers, 17 Marco van Willingh, 18 Chrisholm September, 19 Sean Gordon, 20 Heinrich Ferreira.

- Athletics Rankings 2026 | Girls u19 - 2026-02-05
- Athletics Rankings 2026 | Girls u17 - 2026-02-05
- Athletics Rankings 2026 | Boys u17 - 2026-02-05




