Vat Vyf Noord-Kaap!
DIE rugby Noord-Kaap het sy oorheersing in die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) voorgesit toe hy Saterdag sy vyfde agtereenvolgende titel verower het. Volksblad is ‘n medeborg van die kompetisie.
Northerns moes soos nog nooit in die eindstryd van die liga sweet om Louis Botha 17-15 op Shimlapark in die Rosestad te troef. Die span van Kimberley was rustyd 12-8 voor. Die voorloper het vyf keer in die wedstryd verwissel.
Noord-Kaap se senter, Luke Mason het vroeg deur ‘n gaping geglip en oorgeval om die eerste punte in die wedstryd aan te teken.
Louis Botha se SA Skole-stut, Ox Nche het oorgeloop vir ‘n drie wat aan sy span ‘n voorsprong van 15-12 na dit deur Sharwin Cupido verdoel is gegee het. Nche was weer uitstaande, maar die span van Bloemfontein se flank Refiloe Rampeta was egter sy span se beste speler op die dag. Indien iemand getwyfel het oor hoekom hy die nasionale skolespan gehaal het, sou hy geen meer twyfel na die eindstryd gehad het nie. Hy was verwoestend by die afbreekpunte en het met sy lakwerk ‘n hele paar manne van die Diamantstad na asem laat soek.
Noord-Kaap se kantman, Ruan Cilliers het kort voor die einde vir die wendrie oorgeval. Die kampioen se stut, Lux Khoze het vir sy span uitgemunt. Hy het die bal soos gewoontlik gedra en ook in die skrums sy direkte teenstander Jermaine Achilles laat klippe kou.
Die wenspan se ander staatmakers was sy kaptein Lehan Muller en Mason verdien ook lof vir die sege.
Vir Louis Botha het die haker Greydon Wenn, Cupido en senter Ali Mgijima sleutelrolle vertolk. Mgijima het ‘n hele paar verdedigers minagtend uit sy pad gestamp.
Die Vrystaat sal nou nog ‘n jaar moet wag voor hy nog ‘n kans sal kry om die Noord-Vrystaat en Griekwas se houvas op die Shimla-liga te verbreek. Sedert die ontstaan van die kompetisie is nog net twee spanne Northerns en die Harmony-Sportakademie as kampioene van die liga gekroon.
Puntemakers:
Noord-Kaap 17 (12) – Drieë: Luke Mason, Lehan Muller, Ruan Cilliers. Doelskop: Dimitrio Tieties. Louis Botha 15 (8) – Drieë: Greydon Wenn, Ox Nche. Doelskop: Sharwin Cupido. Strafdoel: Cupido.
- Bishops bags crucial victory over Boishaai in Schools SA20 - 2025-01-24
- Nini the Chief Destroyer of Samoa at the ICC u19 Women’s World Cup - 2025-01-20
- DBE Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-16