Valke spring vinning weg op Noordvaal Bondedag
SASOLBURG. – Die Valke se o.18-rugbyspan was vinnig uit die wegspringblokke in sy sege van 36-30 oor sy eweknie van die Pumas op die jaarlikse Sasol Noordvaal Bondedag in die DP de Villiers-stadion hier.
Die Valke het twee vinnige drieë deur sy flank Jandré van der Walt en heelagter Martin van Wyk gedruk. Die span se beste speler in die kragmeting die agtsteman, Warren Brits, was albei kere die speler wat die laaste aangee gegee het met dié twee drieë.
Hy het die bal sterk gedra en sy tweestryd met sy direkte teenstander, Oscar Schuld, was die hoogtepunt van die wedstryd.
Schuld het self ’n paar puik lopies ingekry. Hy het met die haker, Marnus van der Merwe se drie kort voort rustyd ver langs die kantlyn met die bal onder die arm genael voordat hy laasgenoemde afgerond het. Schuld het self na rustyd gaan druk om die telling op 24-23 in die guns van die Valke te staan te bring. Die heelagter, Marnus Gruber kon die Pumas met die doelskop vir die eerste keer laat voorloop, maar het hom skeefgetrek.
Die Valke se losskakel, Forrest Roos en Van Wyk was agterlangs hulle span se beste spelers op die dag. Roos het 17 punte tot die sege bygedra. Hy het ’n hele paar bresse in die Pumas se verdediging geslaan.
Vir die Pumas het hulle losskakel, Muller Joubert, gewys dat hy oor ’n geleerde skopskoen beskik. Hy het nou wel ’n paar stelskoppe skeef gekorrel, maar hy kan die bal myle ver skop.
) Die Limpopo Blou Bulle het glad nie oortuig in hulle nederlaag van 48-20 teen die Griffons nie. Die verloorspan se verdediging het hulle op die dag lelik in die steek gelaat.
Limpopo se skrumskakel Diederik Oberholzer en heelagter Vandre Rolls het goeie vertonings gelewer. Hulle het ’n hele paar vrae aan die Perses se verdediging gevra. Die span se agtsteman, Hendrik du Plessis, het voorlangs moedig probeer.
Vir die Perses was sy vleuel, Nazo Nkala, gevaarlik op die aanval. Hy het twee keer gaan druk en was ’n hele paar keer naby om ’n driekuns te voltooi.
Die Perses se plaasvervanger-skrumskakel Jason Olivier sowel as skrumskakel Jaywinn Juries het ook puik vertonings gelewer. Juries het die wedstryd op heelagter as proefneming begin.
) Die Luiperds het ’n loesing van 34-7 teen Griekwaland-Wes op die lyf geloop. Die verloorspan het binne die eerste vyf minute gaan druk met die agtsteman, Edmund Rheeder, wat die afrondingswerk gaan doen het.
Die span was seker nog nie tien minute in die kragmeting in die enigste op die veld. Toe Griekwas se skrumskakel Brandon de Melim die Poubloues se vuur aangesteek het toe kon die Luiperds nie meer kers by sy teenstanders vashou nie.
Die Luiperds se heelagter, Charl le Roux het moedig probeer walgooi.