SuperSport Schools News

Valke kies vir nasionale weke

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-06-07

ValkeDie Valke het vyf spelers in hulle voorlopige span vir die Cravenweek vir hoerskole later vanjaar in Durban ingesluit wat die unie verlede jaar op die toernooi in Stellenbosch ook verteenwoordig het. Die vyftal is Romano Jonkerman, Timothy van Dieman, Andre van der Merwe, Ginter Smuts en Francois Erasmus. 

Die Valke het ‘n tawwe stryd wat op die tweede dag van die toernooi in sy eerste wedstryd op hom wag. Die Valke kom teen die Vrystaat in sy eerste wedstryd te staan. Die span het gister in Kroonstad in ‘n opwindende oefenwedstryd teen die Griffons met 36-43 die knie gebuig. 

Die voorste skolespan in die Valke-streek, Dr. EG Jansen van Boksburg, het met 11 spelers die grootste verteenwoordiging in die Valke se voorlopige Cravenweek-span. Jansies se losskakel, Ruben Beytell, vanjaar behoorlik witlynkoors. Hy het vanjaar as 26 driee vir sy skool gedruk.   

EG Jansen se Franklin Wagner wat verlede jaar in die Cravenweek-span was, is in die voorlopige Akademie-span opgeneem. 

Die spanne is: 

Cravenweek o.18: 15 Martin Steyn (), 14 Romano Jonkerman (EG Jansen), 13 Lee-Irven Anderies (EG Jansen), 12 Francois Erasmus (Kemptonpark), 11 Webster Swanepoel (Vereeniging Gimnasium), 10 Ruben Beytell (EG Jansen), 9 Ginter Smuts (EG Jansen), 8 Reynardt Theron (Die Anker), 7 Timothy van Dieman (Benoni High), 6 Ruben Roodt (EG Jansen), 5 Francois du Preez (EG Jansen), 4 Reinhardt Venter (EG Jansen), 3 André van der Merwe (EG Jansen), 2 Werner Fourie (EG Jansen), 1 Marcus Nyirenda (Parys). Plaasvervangers: 16 Donovan Strydom (Heidelberg Volkskool), 17 Rehann Baumann (EG Jansen), 18 KG Malao (Bi), 19 JJ Yamwimbi (Rhodesfield), 20 Esihle Mbilini (Bi), 21 Dwayne Fourie (EG Jansen), 22 Erzath Boesak (Hugenote), 23 Tumiso Lenake (Springs Boys’ High).

Rooi Valke (Akademie-week): 15 Franco van Eeden (EG Jansen), 14 E Nkombo (Bi), 13 N Baloyi (Hans Moore), 12 Henry Pike (EG Jansen), 11 Franklin Wagner (EG Jansen), 10 S Noyfane (Dr. Malan), 9 F Jordaan (Kemptonpark), 8 A Meyer (EG Jansen), 7 J Marais (Kemptonpark), 6 S Sindane (Springs Boys’ High), 5 S Makobela (Sasolburg), 4 D McArthur (EG Jansen), 3 E Jacobs (Hugenote), 2 S Yika (Dr. Malan), 1 K Makobane (Voortrekker). Plaasvervangers: 16 J Venter (EG Jansen), 17 M Rababalela (Rhodesfield), 18 A Pero (Kemptonpark), 19 D Engelbrecht (EG Jansen), 20 M Maddo (Vaalpark), 21 JJ Keyser (Die Anker), 22 R Mogane (Bi), 23 T Banda (Vaalpark).   

Blou Valke (Akademie-week): 15 E Aucamp (Hugenote), 14 M Ntsane (Transvalia), 13 T Mohali (Generaal Smuts), 12 Q Scheepers (Stoffberg), 11 P Maduwa (Vereeniging Gimnasium), 10 D Schoeman (Vereeniging Gimnasium), 9 DW Briers (Vereeniging Gimnasium), 8 H Pienaar (Vereeniging Gimnasium), 7 ? Masala (Voortrekker), 6 M Shabalala (Voortrekker), 5 X Masitiela (Birchleigh), 4 A Venter (Stoffberg), 3 D Schultz (Vereeniging Gimnasium), 2 K Nyakala (Springs Boys’ High), 1 S Motsapi (Generaal Smuts). Plaasvervangers: 16 D Lange (Oosterlig), 17 A Grobler (HVH), 18 L Petersen (Birchleigh), 19 N van Niekerk (Stoffberg), 20 A Buang (Transvalia), 21 M Kunene (Generaal Smuts), 22 A de Jager (Transvalia), 23 M Kama (Generaal Smuts). 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.