SuperSport Schools Plus

Valke bo in opwindende stryd teen Griekwas op Bondedag

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2018-06-24

NewsGWesleyNoethDie Valke se o.18-rugbyspan was met 48-47 oor sy eweknie van Griekwaland-Wes tydens die jaarlikse Noordvaal Bondedag in die Mbombela-stadion baas. Die wenspan het teen rustyd met 21-19 voorgeloop.

Die Valke was deurgans in beheer, maar moes teen die einde vasklou om as oorwinnaars van die veld te stap. Die Poubloues se afrigters, Fillip Venter en Derik Zeelie, sal ondanks die nederlaag steeds tevrede wees met die vordering wat die span getoon het.

Griekwas is vroeër vanjaar met 83-0 deur die Vrystaat verneder in ‘n wedstryd wat 20 minute vroeg gestop was. Die Poubloues het Saterdag nooit gaan lê nie en kon gewen het, indien hy meer van die geleenthede benut het wat na sy kant toe gekom het.

Die Valke beskik vanjaar seker oor sy beste span sedert 2004 toe Louis Ludik en Francois Uys lede van die span was. Transvalia van Vanderbijlpark tel onder die voorste tien spanne in die land en alhoewel EG Jansen sover vanjaar warm en koud gewaai het, is hulle nooit ‘n span om te onderskat nie.

Die Valke se voorbereiding sou wel negatief die week beinvloed gewees het. Die span se een afrigter Jaco Kok het vroeër ‘n hartaanval gehad, maar sterk reeds by die huis aan.

Die Valke se heelagter, Zeilinga Strydom, het met ‘n paar lopies vanuit die laaste vesting gewys dat hy fyn dopgehou moet word. Die skrumskakel, Dewald Strydom, se aangeewerk tel onder die beste op skoolvlak in Suid-Afrika.

Voorlangs het die kaptein en agtsteman, Wesley Noeth, en haker Raynardt Nel goed vertoon. Noeth wat ‘n driekuns aan driee behaal het, voer ook die Valke aan.

Griekwas se Cole Arnoldus (senter) en Jacques Marthinus (heelagter) het met tye goeie goed gedoen. Arnoldus het amper twee drieë agter sy naam gehad. Hy het vroeg in sy span se terugvegpoging terwyl hy die doellyn oorgesteek het die bal aangeslaan.

Die Poubloues se flank SJ Oberholzer het ook gewoel in die los en ook met sy stelskopwerk beïndruk.

Puntemakers: 

Valke 48 (21) – Drieë: Wesley Noeth (3), Zian de Jager, Zeilinga Strydom, Raynardt Nel, Dian Coetzee, Daniel Keyser. Doelskoppe: De Jager (4). Griekwaland-Wes 47 (19) – Drieë: Godwill Romain, Handre Bruwer, Cole Arnoldus, Marco van der Merwe, Henro Kotze, Jacques Marthinus, Linton Maritz. Doelskoppe: SJ Oberholzer (6).

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.