SuperSport Schools Plus

Uppies-netbalspanne behaal merkwaardige prestasie

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2023-09-21 Tags:

Hoërskool Upington se netbalspanne het vanjaar ‘n merkwaardige prestasie behaal toe vier van hul netbalspanne in verskillende ouderdomsgroepe – o.14, o.15, o.16 en o.19 in die liga meegeding het wat begin het by streek, distrik en dan die provinsiale uitspele.

Die spanne het vele hoogtepunte beleef met hul gesamentlike kwalifisering van al hul oorspronklike ligaspanne vir die gesogte Suid-Afrikaanse-netbaltoernooi.

By die provinsiale uitspeelwedstryde het Upington se netbalspanne uitsonderlike talent en spanwerk getoon en die volgende posisies in die Noord-Kaap verseker: o.14 – 1ste plek, o.15 – 2de plek, o.16 – 1ste plek en o.19 – 2de plek.

Die spogprestasies het nie daar gestop nie en die netbalspanne het indrukwekkende ranglysprestasies ná intense uitspeelwedstryde behaal.

Die o.14-span het die 20ste plek behaal, die o.15-span het die 8ste plek behaal, die o.16-span het die tiende plek behaal, en die o.19-span het die 23ste plek behaal.

Uppies se netbalspanne was gelukkig om onder die mentorskap van gesoute professionele persone te staan ​​wat ‘n deurslaggewende rol in hul sukses gespeel het. Esmarie Botha het die o.14-span gelei, Marline Basson het die o.15 Span afgerig, en die o.16 en o.19-spanne is kundig gelei deur Christine Esterhuizen.

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.