SuperSport Schools Plus

‘n Bietjie Kwagga-magic help Paul Roos tot titel

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-09-09

PaarlGim7sDaar was ‘n bietjie Kwagga-magic en Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch is as die eerste onbestwiste kampioen van die Marius Schoeman Sewes-toernooi (o.17) gekroon. Die span van die Eikestad het Stellenberg met 29-7 in die eindstryd van die toernooi 

Dit was veral die Speler van die Toernooi, Tiaan Pretorius, wat met sy spel vir Paul Roos se teenstanders probleme besorg het. Pretorius was woelig in die los en elke keer wat hy ‘n halwe gaping gekry het, het hy regdeur gehardloop. Hy is die neef van die Blitsbok Kwagga Smith en is gewis ook ‘n speler om dop te hou in die toekoms. Sy pa, Torros Pretorius, het in 54 wedstryde vir die Pumas se seniorspan uitgedraf. 

Paul Roos se breier, Ian Campbell-McGeachy, is ook Maties se sewesbreier en dit was van die begin af duidelik dat die span van die Eikestad een van die spanne sou wees om te klop indien jy met die titel wou wegstap. 

Kade Wolhuter, Johnnie Solms en Jarrod Cairns het ook goeie toernooie vir die kampioen beleef.  

Paul Roos het sy plek in die eindstryd met ‘n sege van 19-14 oor Boland Landbou se Blitz Boere bespreek. Boland Landbou het so bietjie hulp van die skeidsregter ontvang om tot die halfeindronde te vorder in sy kwarteindstryd teen Grey-kollege van Bloemfontein. Die Blitz Boere het na ‘n geelkaart steeds met sewe spelers aanhou speel en boonop twee keer gaan druk in hulle oorwinning van 21-14 oor Grey. 

Stellenberg was in ‘n derby in die ander halfeindstryd gewikkel teen Durbanville. Stellenberg wat deur Bobby Joubert gebrei is, het met 21-14 as oorwinnaars van die veld gestap. 

Die Donkies van HTS Drostdy het ook ‘n goeie toernooi beleef en vir die Hoër Jongenskool Paarl met 19-12 in die Plaat-eindstryd verslaan. Die span van Worcester se Shaun Baxter, Christie Grobbelaar, Cohen Jasper en Heinrich Naude het deurgans goeie spel opgedis. 

Al die uitslae: 

Groep AGroep B
Paul Roos Gimnasium41-7Albert MyburghHermanus21-12Grey College
Douglas21-14Parel ValleiPaarl Boishaai78-0Prieska
Boland Landbou40-0Hugenote (Wellington)Noordheuwel12-12Paulus Joubert
Paul Roos Gimnasium61-5Parel ValleiHermanus36-7Prieska
Hugenote (Wellington)19-19Albert MyburghGrey College24-12Paulus Joubert
Boland Landbou59-0Douglas   
      
      
   Grey College17-7Paarl Boishaai
      
      
Paul Roos Gimnasium20-14Boland LandbouPaarl Boishaai76-0Paulus Joubert
Groep CGroep D
Paarl Gimnasium17-7BrackenfellWestville Boys’ High31-19HTS Drostdy
Monument21-0MilnertonNorthern Kings57-0Stellenberg
Overberg 17-10Connect AcademyDurbanville24-5Malibu
Paarl Gimnasium36-0Connect AcademyHTS Drostdy56-7Northern Kings
Brackenfell26-19MilnertonWestville Boys’ High22-19Malibu
      
Brackenfell33-27Monument   
Paarl Gimnasium41-5OverbergMalibu33-5Northern Kings
   Durbanville40-15Westville Boys’ High
      
      
      
      
Monument38-21Paarl GimnasiumHTS Drostdy31-24Durbanville
      

KWARTEINDRONDES 

BEKER
Boland Landbou21-14Grey College
Stellenberg19-17Paarl Gimnasium
Durbanville26-19Monument
Paul Roos  

HALFEINDRONDES

PLAATPaarl Boishaai31-14Hermanus
HTS Drostdy26-24Westville Boys’ High
BEKERPaul Roos Gimnasium19-14Boland Landbou
Stellenberg21-14Durbanville

EINDSTRYDE

BOWLAlbert Myburgh Malibu
PLAATHTS Drostdy19-12Paarl Boishaai
BEKERPaul Roos Gimnasium29-7Stellenberg
Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.