‘n Bietjie Kwagga-magic help Paul Roos tot titel
Daar was ‘n bietjie Kwagga-magic en Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch is as die eerste onbestwiste kampioen van die Marius Schoeman Sewes-toernooi (o.17) gekroon. Die span van die Eikestad het Stellenberg met 29-7 in die eindstryd van die toernooi
Dit was veral die Speler van die Toernooi, Tiaan Pretorius, wat met sy spel vir Paul Roos se teenstanders probleme besorg het. Pretorius was woelig in die los en elke keer wat hy ‘n halwe gaping gekry het, het hy regdeur gehardloop. Hy is die neef van die Blitsbok Kwagga Smith en is gewis ook ‘n speler om dop te hou in die toekoms. Sy pa, Torros Pretorius, het in 54 wedstryde vir die Pumas se seniorspan uitgedraf.
Paul Roos se breier, Ian Campbell-McGeachy, is ook Maties se sewesbreier en dit was van die begin af duidelik dat die span van die Eikestad een van die spanne sou wees om te klop indien jy met die titel wou wegstap.
Kade Wolhuter, Johnnie Solms en Jarrod Cairns het ook goeie toernooie vir die kampioen beleef.
Paul Roos het sy plek in die eindstryd met ‘n sege van 19-14 oor Boland Landbou se Blitz Boere bespreek. Boland Landbou het so bietjie hulp van die skeidsregter ontvang om tot die halfeindronde te vorder in sy kwarteindstryd teen Grey-kollege van Bloemfontein. Die Blitz Boere het na ‘n geelkaart steeds met sewe spelers aanhou speel en boonop twee keer gaan druk in hulle oorwinning van 21-14 oor Grey.
Stellenberg was in ‘n derby in die ander halfeindstryd gewikkel teen Durbanville. Stellenberg wat deur Bobby Joubert gebrei is, het met 21-14 as oorwinnaars van die veld gestap.
Die Donkies van HTS Drostdy het ook ‘n goeie toernooi beleef en vir die Hoër Jongenskool Paarl met 19-12 in die Plaat-eindstryd verslaan. Die span van Worcester se Shaun Baxter, Christie Grobbelaar, Cohen Jasper en Heinrich Naude het deurgans goeie spel opgedis.
Al die uitslae:
| Groep A | Groep B | ||||
| Paul Roos Gimnasium | 41-7 | Albert Myburgh | Hermanus | 21-12 | Grey College |
| Douglas | 21-14 | Parel Vallei | Paarl Boishaai | 78-0 | Prieska |
| Boland Landbou | 40-0 | Hugenote (Wellington) | Noordheuwel | 12-12 | Paulus Joubert |
| Paul Roos Gimnasium | 61-5 | Parel Vallei | Hermanus | 36-7 | Prieska |
| Hugenote (Wellington) | 19-19 | Albert Myburgh | Grey College | 24-12 | Paulus Joubert |
| Boland Landbou | 59-0 | Douglas | |||
| Grey College | 17-7 | Paarl Boishaai | |||
| Paul Roos Gimnasium | 20-14 | Boland Landbou | Paarl Boishaai | 76-0 | Paulus Joubert |
| Groep C | Groep D | ||||
| Paarl Gimnasium | 17-7 | Brackenfell | Westville Boys’ High | 31-19 | HTS Drostdy |
| Monument | 21-0 | Milnerton | Northern Kings | 57-0 | Stellenberg |
| Overberg | 17-10 | Connect Academy | Durbanville | 24-5 | Malibu |
| Paarl Gimnasium | 36-0 | Connect Academy | HTS Drostdy | 56-7 | Northern Kings |
| Brackenfell | 26-19 | Milnerton | Westville Boys’ High | 22-19 | Malibu |
| Brackenfell | 33-27 | Monument | |||
| Paarl Gimnasium | 41-5 | Overberg | Malibu | 33-5 | Northern Kings |
| Durbanville | 40-15 | Westville Boys’ High | |||
| Monument | 38-21 | Paarl Gimnasium | HTS Drostdy | 31-24 | Durbanville |
KWARTEINDRONDES
| BEKER | ||
| Boland Landbou | 21-14 | Grey College |
| Stellenberg | 19-17 | Paarl Gimnasium |
| Durbanville | 26-19 | Monument |
| Paul Roos | ||
HALFEINDRONDES
| PLAAT | Paarl Boishaai | 31-14 | Hermanus |
| HTS Drostdy | 26-24 | Westville Boys’ High | |
| BEKER | Paul Roos Gimnasium | 19-14 | Boland Landbou |
| Stellenberg | 21-14 | Durbanville |
EINDSTRYDE
| BOWL | Albert Myburgh | Malibu | |
| PLAAT | HTS Drostdy | 19-12 | Paarl Boishaai |
| BEKER | Paul Roos Gimnasium | 29-7 | Stellenberg |




