Uitslae – Dag 3 – Francois Swart Rugbyweek (o.15) – 2017
Daar was na 50 minute se spel niks te kies tussen die o.15-spanne van die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria en Dr. EG Jansen van Boksburg tydens die hoofwedstryd van die laaste dag van die jaarlikse Francois Swart-rugbyweek wat deur Affies in die Jakarandastad aangebied word nie. Die telbord het na die eindfluitjie op 12-elk gestaan.
Albei spanne sluit vanjaar se Francois Swart-rugbyweek onoorwonne af. Affies het tydens die eerste twee dae vir Zwartkop (55-7) en Nelspruit (83-0) kaf gedraf. Jansies het sy eerste twee wedstryde teen onderskeidelik Maritzburg College (50-21) en Jeppe High School for Boys’ (45-5) ook redelik gemaklik as oorwinnaars van die veld gestap.
Helpmekaar-kollege en King Edward VII is die enigste twee spanne wat daarin kon slaag om die week met drie seges af te sluit.
Helpies het Kearsney College met 22-10 op die laaste dag getroef, terwyl KES vir Waterkloof met 14-12 geklop het om sy onoorwonne status te behou. Klofies was ook nog voor die wedstryd onoorwonne, maar het wel op die tweede dag met 7-elk gelykop teen Maritzburg College gespeel.
Vandag se uitslae:
Affies 12, EG Jansen 12; Zwartkop 15, Kemptonpark 15; Jeppe High School for Boys’ 20, Nelspruit 12; Eldoraigne 17, Maritzburg College 14; Helpmekaar 22, Kearsney College 10; King Edward VII 14, Waterkloof 12.
Uitslae van Dag 2:
Affies 83, Nelspruit 0; EG Jansen 45, Jeppe High School for Boys’ 5; Helpmekaar 10, Zwartkop 5; Kearsney College 15, Eldoraigne 14; Maritzburg College 7, Waterkloof 7; King Edward VII 24, Kemptonpark 5.
Uitslae van Dag 1:
Helpmekaar 24, Kemptonpark 12; EG Jansen 50, Maritzburg College 21; Affies 55, Zwartkop 7; Waterkloof 15, Kearsney College 14; Eldoraigne 23, Jeppe High School for Boys’ 14; King Edward VII 20, Nelspruit 7.




