SuperSport Schools Plus

Uitslae – Dag 1 – Paarl Boishaai o.15-week – 2018

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2018-03-29

Paarl BoishaaiGrey-kollege van Bloemfontein het Paarl Gimnasium met 23-8 die loef op die eerste dag van die Hoër Jongenskool Paarl se jaarlikse o.15-toernooi in die Paarl afgesteek. 

Die gasheer het ook oor te veel skietgoed vir Monument van Krugersdorp beskik en oortuigend met 31-5 as oorwinnaars van die veld gestap. 

Menlopark se o.15-span het gewys hoekom hy so hoog aangeslaan word deur Paul Roos Gimnasium met 52-7 te karnuffel. 

Al die uitslae: 

Hoër Jongenskool 31, Monument 5; Grey-kollege 23, Paarl Gimnasium 8; Menlopark 52, Paul Roos Gimnasium 7; Durbanville 26, Westville Boys’ High 0; Oakdale Landbou 48, Noordheuwel 10; HTS Middelburg 15, Stellenberg 10; Hoërskool Rustenburg 49, Framesby 12; Paul Roos Gimnasium XV 53, Durbanville XV 0; Westelike Provinsie XV 52, HTS Middelburg XV 0; Hoër Jongenskool Paarl XV 50, Menlopark XV 8.

Hannes Nienaber
Latest posts by Hannes Nienaber (see all)
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.