Uitslae – Blou Bulle Prestige Rugbydag 2018
Indien daar enige twyfel voor vandag was of Transvalia se rugbyspan ‘n krag gaan wees, het die manne van Vanderbijlpark dit ter ruste gele. Die span het Waterkloof met 30-25 tydens die jaarlikse Ticketpro Blou Bulle Rugbydag op Loftus Versfeld verslaan.
Dit het nooit gelyk asof Transvalia die wedstryd sou verloor nie. Nie eers ‘n driekuns deur Klofies se skrumskakel, Divan Roelofse, kon Transvalia van ‘n sege weerhou nie. Transvalia se haker, Reinhardt Nel, het ‘n stewige vertoning gelewer. Die skrumskakel, Dewald Strydom, se diens aan sy losskakel, Zian de Jager was ook van hoogstaande gehalte.
In die stryd tussen die twee Dames-broers, Jaco en Rudi, het eersgenoemde se Diamantveld vir Pretoria Boys’ High met 20-15 die loef afgesteek. Diamonds se skrumskakel, Charlie Louw, is na afloop van die wedstryd as speler van die westryd aangewys. Dit kon net so maklik aan die verloorspan se vleuel Jamie Nortje gegaan het. Hy het al drie sy span se drieë afgerond.
Die eerste ronde bier sal gewis vanaand op Rudi wees.
Goudveld-Hoërskool het oor te veel skietgoed vir Noordheuwel in die openings-wedstryd van die rugbydag. Gouties het die kragmeting met 30-20 gewen.
Puntemakers:
Boland Landbou 45 (30) – Drieë: Sebastian de Klerk (2), Gavin Mills, Bertus Baard, Tehan du Plessis, Darren Hendricks, Eugene Snyders, Erik Lamprecht, Handro-Daniel van der Merwe. Menlopark 10 (0) – Drieë: Nsuku Baloyi (2).
Affies 30 (20) – Drieë: Jason Scheepers (2), Jacques-Louis du Toit (2), Pierre Fourie, Eric Sherman. HTS Middelburg 5 (0) – Drie: Vincent Roos.
Garsfontein 45 (25) – Drieë: Diego Appollis (3), Jurich Claassens (2), Keagan Johannes, Juandre Buitendag, Allen Kelbrick, Campwill Willemse. Voortrekker (Bethlehem) 0 (0).
Monument 10 (5) – Drie: Ruben Barnard, Douw Scheepers. Welkom Gimnasium 5 (0) – Drie: JP de Kock.
Transvalia 30 (15) – Drieë: Uli Wiese (2), Nicky Nicholenas, Zian de Jager, Damian Jordan, Bernard du Plessis. Waterkloof 25 (10) – Drieë: Divan Roelofse (3), Renaldo Kuppen, Julian Bogner.
Diamantveld 20 (5) – Drieë: Keenan Beckett, Cole Arnoldus, Charlie Louw, Ruan Vink. Pretoria Boys’ High 15 (5) – Drieë: Jamie Nortje (3).
EG Jansen 30 (10) – Drieë: Tylon Kotze, Dwayne Lubbe, Dylan Schwartz, Dian Coetzee, Xander Schwartzer, Craig Hutchinson. Frikkie Meyer 15 (10) – Drieë: Tsimi Nemavola, William Thulare, Diaan Coetsee.
Zwartkop 20 (10) – Drieë: Jean Aucamp, Kyle van Deventer, Romario Dias, Nog Een. Duineveld 20 (5) – Drieë: Hans Visser (2), Cameron van Rhyn, Linton Maritz.
Oos-Moot 25 (10) – Drieë: Heinrich van Tonder (2), Ruan Bezuidenhout, Renier Vos, Tian Bezuidenhout. Witteberg 5 (0) – Drieë: Motseki Mosikidi.
Jeppe High School for Boys’ 35 (25) – Drieë: Muzi Manyike (2), H Monteiro (2), S Shongwe, C Harvey, J Coetzee. Kempton Park 15 (0) – Drieë: Ruben Fullard (2), John Anderson.
St Alban’s College 35 (20) – Drieë: Wilfred Munda (2), Rhys Fulford (2), Keelan Watkins, Thabang Mogadima, Siseko Mvenya. Potchefstroom Gimnasium 5 (5) – Drie: Dirkie Louw.
Goudveld-Hoërskool 30 (15) – Drieë: Craig Colby (2), Doohan van Pletzen, Ruben Liebenberg, Rian Olivier, Leonard Jacobs. Noordheuwel 20 (10) – Drieë: Wian van Heerden (2), Camron Janse van Vuuren, Ruan Kotze.
Curro Heuwelkruin 15 (10) – Drieë: Reece Wynne (2), Godwin Maloleke. Pretoria THS 5 (0) – Drie: Trevor Shitlhane.




