SuperSport Schools Plus

Tuks-reeks se bepalings vir 2016

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-11-10

TuksSkole-reeksDie enigste nuweling in die Tuks-reeks vir 2016, Menlopark, is in die kompetisie so ietwat vir die wolwe gegooi. Die span het ‘n tawwe uitdaging wat op hom wag. Hy is saam met die Beeld Noordvaal Trofee kampioen, Garsfontein, die verdedigende kampioen van die Tuks-reeks, EG Jansen van Boksburg, en Marais Viljoen van Alberton in ‘n groep geloot. 

Die kampioen, EG Jansen, sal sy aanslag om sy titel te behou in Alberton teen Marais Viljoen afskop. Menlopark is op dieselfde dag – 5 Maart gasheer vir Garsfontein. Monument wat in die eindstryd teen EG Jansen die knie moes buig is in dieselfde groep as Transvalia en Kemptonpark geloot.

Twee skole wat vanjaar aan die reeks deelgeneem het, Ermelo en Vereeniging-Gimnasium, het besluit om hulle aan die kompetisie te onttrek. Slegs Menlopark het aansoek gedoen om die twee se leemtes te vul. Ander skole het ook glo belanggestel, maar het reeds aan ander reekse hul deelname bevestig. 

Nelspruit se Rhinos, die Hoerskool Pietersburg, die Hoerskool Rustenburg en Florida is saam in ‘n groep geloot. Die ander groep is die Hoerskool Klerksdorp, HTS Middelburg, Centurion en Eldoraigne.

Die bepalings is (tuisspanne eerste vermeld): 

5 Maart 2016 

Transvalia vs. Kemptonpark
Menlopark vs. Garsfontein
Marais Viljoen vs. EG Jansen
Pietersburg vs. Rustenburg
Klerksdorp vs. HTS Middelburg

12 Maart 2016 

Monument vs. Transvalia
Marais Viljoen vs. Menlopark
Garsfontein vs. EG Jansen
Pietersburg vs. Florida
Nelspruit vs. Rustenburg
Klerksdorp vs. Eldoraigne
HTS Middelburg vs. Centurion

16 Maart 2016 

Eldoraigne vs. Centurion

18 Maart 2016

Florida vs. Nelspruit

9 April 2016

Kemptonpark vs. Monument
Garsfontein vs. Marais Viljoen
EG Jansen vs. Menlopark
Nelspruit vs. Pietersburg
Rustenburg vs. Florida
Eldoraigne vs. HTS Middelburg
Centurion vs. Klerksdorp

Hannes Nienaber
Latest posts by Hannes Nienaber (see all)
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.