SuperSport Schools Plus

Tuine verhang bordjies in Blou Bulle Grootskole-liga

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-06-12

31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

NewsGPietRetiefDie eersterugbyspanne van die Hoërskool Secunda en Ligbron Akademie van Ermelo sal mekaar in ‘n herontmoeting van verlede jaar se Pumas Grootskole-eindstryd vanjaar in die halfeindstryd van die liga die stryd aanse. Secunda het in die kwarteindronde in die Jack Botes-stadion in Piet Retief vir Generaal Hertzog van Witbank met 53-5 kaf gedraf. 

Die wenspan het teen rustyd reeds ‘n gerieflike voorsprong van 29-5 opgebou. Die span se groot ster in die oorwinning was sy agtsteman, Evan Wessels. Die wenner van die halfeindstryd tussen Secunda en Ligbron sal die eindstryd as die gunsteling betree om as die  Puma-kampioen gekroon te word.

Die Pumas se twee spanne wat tot die Virsekerbeker sal deurdring het vanjaar ‘n moeilike pad indien een van hulle ‘n hand op vanjaar se trofee wil plaas. Die Pumas se spanne sal wel al hul wedstryde in die streekkompetisie tuis speel. Die kampioen sal direk tot die kwarteindronde deurdring. Hy sal teen die wenner van die uitspeelwedstryd tussen Transvalia en die Limpopo-kampioen te staan kom. Ben Vorster van Tzaneen is die gunsteling om as Limpopo-kampioen gekroon te word.

Die Pumas se naaswenner sal in ‘n uitspeelwedstryd teen die verdedigende kampioen, Helpmekaar-kollege, te staan kom. In die Pumas se ander halfeindstryd is Piet Retief die gunsteling om Saterdag teen Ermelo die septer te swaai. Piet Retief het Saterdag op sy tuisveld vir Rob Ferreira met 32-10 geklop. Die spanne het met die rtelbord op 5-elk gaan rus, maar die tuisspan se flank Menzi Dlamini het met twee skitterende drieë die vonk vir ‘n geredelike maklike sege op die ou ent verskaf. 

Dlamini, wat in die Pumas se Cravenweek-span opgeneem is, het voorheen vleuel gespeel en het met sy vaart die span van Rob Ferreira ontkant betrap na hy met sy sterk lopies ‘n paar verdedigers uit die pad gehardloop het. Ermelo het HTS Witbank met 18-14 uitoorle. Daar was heelwat ongelukkigheid voor die wedstryd oor die feit dat een van Ermelo se afrigters Cobus van Dyk se broer, Stephan van Dyk, as skeidsregter vir die wedstryd aangestel is. Soos die noodlot dit wou hê, het HTS Witbank in die laaste beweging die doellyn oorgesteek, maar die skeidsregter het beslis dat die bal opgehou was. 

Die halfeindronde van die Limpopo-liga vind Saterdag in Thabazimbi plaas. Ben Vorster kom teen Ellisras te staan en het nog nie vanjaar in die liga die knie gebuig nie. Die gasheer, Frikkie Meyer, sal in die ander halfeindstryd vir Hoërskool Pietersburg pak. Pietersburg se enigste nederlaag in die liga was teen Ben Vorster. 

Die Hoërskool Tuine het vir die grootste verrassing tussen al die grootskole gesorg deur Midstream College met 34-31 in die halfeindronde van die Blou Bulle liga te verslaan. Midstream College was oortuigend met 37-5 baas. Oos-Moot het soos verwag gemaklik met 53-0 oor Pretoria-Noord geseëvier.

In die Valke se liga sal Vereeniging Gimnasium teen Dr. Malan oor twee weke in die halfeindronde te staan kom. In die ander halfeindronde sal Hans Moore en Driehoek mekaar die stryd aanse. Slegs die kampioen van die liga sal tot die Virsekerbeker deurdring. Transvalia dring regstreeks as die naaswenner tot die streekkompetisie deur.

In die Luiperds se liga sal Potchefstroom Gimnasium op sy tuisveld teen Wesvalia in die halfeindronde te staan kom. Hoërskool Klerksdorp sal op dieselfde veld in die ander halfeindstryd verby Lichtenburg probeer kom om sy plek in die eindstryd te bespreek.  

Al die uitslae: 

BLOU BULLE 

Oos-Moot 52 – Drieë: Conrad van Deventer (2), Emile Bester, Eddie Ludick, Eduan Swart, Morne Bedford, Julian Kokt, Christiaan Meyer. DoelskoppE: Edmund Ludick (6). Pretoria-Noord 0.

Hoërskool Tuine 34 – Drieë: Christiaan Westerveld (2), Grand Coetzee, Edward D’Abreton. Doelskoppe: Ruben Lazerus (4). Strafdoele: Lazerus (2). Midstream College 31 – Drieë: Kyle Robertson (2), Heinrich Botha. Doelskoppe: Charl Niemand, Botha. Strafdoele: Botha (3), Niemand.

Ander spanne:

o.16: Oos-Moot 22, Pretoria-Noord 3; Overkruin 22, Midstream College 19.

o.15: Oos-Moot 17, Pretoria-Noord 10; Midstream College 26, Overkruin 24.

o.14: Oos-Moot 7, Overkruin 7 (Overkruin dring deur tot eindstryd omdat hulle eerste drie gedruk het); Midstream College 26, Tuine 5.

GOLDEN LIONS 

Hoërskool Alberton 28 – Drieë: Dimitri Koutoulogenis, Brandon van der Berg, Kallie Grung, Sfundo Nkosi. Doelskoppe: PJ van der Merwe (4). Riebeeckrand 13.

Randburg 29 – Drieë: William Mutlow (3), Ryno du Toit. Doelskoppe: Dewald Jacobs (3). Strafdoel: Jacobs. Dinamika 22.

Ander spanne:

o.16: Alberton 54, Riebeeckrand 17; Randburg 33, Dinamika 7.

o.15: Alberton 27, Riebeeckrand 5; Randburg 43, Dinamika 0.

o.14: Alberton 59, Riebeeckrand 0; Randburg 20, Dinamika 15.

LIMPOPO BLOU BULLE 

Hoërskool Pietersburg 67 – Drieë: Daniel Swarts (3), Sias Willemse (2), Heinrich Schoeman, Driaan Kruger, Tiaan Janse van Rensburg, Jaco Mulder, Daneel Joubert, Franco du Plessis. Doelskoppe: Martin Austen (4), Kruger, Dewald Stroebel. Louis Trichardt 5.

Ander spanne:

Eerstespanne: Frikkie Meyer 62, Ellisras 12.

o.16: Pietersburg 69, Louis Trichardt 5; Frikkie Meyer 68, Ellisras 8.

o.15: Pietersburg 40, Louis Trichardt 14; Ellisras 15, Frikkie Meyer 6.

o.14: Pietersburg 58, Louis Trichardt 3; Ellisras 41, Frikkie Meyer 10.

LUIPERDS 

Potchefstroom Gimnasium 19 (10) – Drieë: Waldouw Smit (2), Dirkie Louw. Doelskoppe: Marco van den Heever (2). Hoërskool Klerksdorp 17 (10) – Drieë: Hendrik Jooste, Brendon Joseph. Doelskoppe: Mikhael Venter (2). Strafdoel: Venter.

Ander spanne:

Eerste spanne: Lichtenburg 60, Potchefstroom Volkskool 10.

o.16: Klerksdorp 65, Potch Gimmies 0.

o.15: Potch Gimmies 28, Klerksdorp 10.

o.14: Klerksdorp 29, Potch Gimmies 15.

PUMAS

Ligbron Akademie 28 (14) – Drieë: Njabalo Mahlobo, Edward Deacon, Message Nkosi, Sizwe Maseko. Doelskoppe: Nkosi (4). Lydenburg 21 (14) – Drieë: Cornu Cross, Riaan Labuschagne, Roelof Oelofse. Doelskoppe: Jason Oosthuizen (3).

Secunda 53 (29) – Drieë: Guyle le Roux (2), Nathan Carstens, Danny Hanger, Brandon Potgieter, Evan Wessels, Jandre Stander, Justin Kalse. Doelskoppe: Larnus Steyn (4), Tyron Ferreira. Strafdoel: Steyn. Generaal Hertzog 5 (0) – Drie: Dewald Basson.

Piet Retief 32 (5) – Drieë: Menzi Dlamini (2), Alex Smith, Freedom Maphilela, Burger Zwane. Doelskoppe: Wayne Sangweni (2), Seppie Mthethwa. Strafdoel: Sangweni. Rob Ferreira 10 (5) – Drieë: Sandile Mkhabela, Fred Lundy.

Ermelo 18 (6) – Drieë: Mitchelson Mkhwanazi, Rabbie Marsh. Doelskop: Johan Nel. Strafdoele: Nel (2). HTS Witbank 14 (7) – Drieë: Charl van Zyl, Steven Strumpher. Doelskoppe: Ruan Vorster (2).

Ander spanne:

o.16: Secunda 32, Piet Retief 7.

o.15: Rob Ferreira 57, Ligbron 5; Ermelo 17, HTS Witbank 8; Secunda 33, Standerton 0;

o.14: Secunda 19, Generaal Hertzog 0; Piet Retief 36, HTS Witbank 0.

VALKE 

Hans Moore 22 – Drieë: Tyron van Nieuwenhuizen, Thabo Ndimande, Marcel Redelinghuys. Doelskoppe: Ruan Steenkamp (2). Strafdoel: Steenkamp. Springs Boys’ High 19.

Oosterlig 11 – Drie: Tjaart Pretorius. Strafdoele: Marinus van Vuuren. Dr. Malan 37.

Ander spanne:

o.16: Oosterlig 17, Dr. Malan 8; Hans Moore dring deur na Driehoek ontrek.

o.15: Oosterlig 29, Driehoek 19; Hans Moore 31, Dr. Malan 17;

o.14: Oosterlig 44, Vereeniging Gimnasium 0; Driehoek 32, Hans Moore 12;

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.