Tralies en Trekkers gee toon aan in Wesgrow-reeks
Die afgelope naweek het weer volop netbalaksie opgelewer met die spanne van die Vrystaat en Noord-Kaap wat meeding vir die titel as die Wesgrow Sentrale Sportreeks-kampioen.
In een van die groot kragmetings van die naweek het die twee Bloemfonteinse buurskole, Sentraal en Fichardpark, mekaar aangedurf.
Tralies het vroeg in die eerste kwart met 7-5 voorgeloop en momentum behou om teen rustyd hul voorsprong na 14-10 te vergroot.
Namate die kragmeting in die derde kwart gevorder het, het Tralies die gaping na 23-16 gerek om, ten spyte van Fichardtpark se dapper pogings in die laaste kwart, met 26-18 as oorwinnaars uit die stryd te tree.
Jim Fouché het voor ‘n taai uitdaging te staan gekom teen die Hoërskool Diamantveld, maar kon met 10 doele die oorwinning behaal om hul onoorwonne status in die reeks te behou. Dit was ‘n gelykopstryd in die eerste helfte, met die eerste kwart wat 10-10 geëindig het en JF wat teen halftyd met slegs 23-22 voor was.
Jf het in die derde kwart hul voorsprong vergroot na 35-30 en uiteindelik in die laaste kwart die baan oorheers om vir Diamonds met 47-37 te verslaan. Lindsey Neveling en Elri Pieters was JF se groot uitblinkers op die dag.
Voortrekker se eerste netbalspan het ook hul onoorwonne status behou deur vir Goudveld Hoërskool met ‘n telling van 46-22 te oorrompel. Voortrekker het van meet af hul oorheersing op die baan laat geld en beheer regdeur die kragmeting behou om onderskeidelik met 9-5 en 18-9 voor te loop na die eerste twee kwarte.
In die derde kwart het hulle voet in die hoek gesit om ‘n gaping van 34-14 oop te maak, en, hoewel Gouties moedig probeer het om terug te kom in die stryd, het Trekkers steeds gemaklik gewen. Die uitsonderlike verdediging van spelers soos Anja van Zyl en Celri Botha het in daardie opsig ‘n deurslaggewende rol in hul triomf gespeel.
Trekkers se netbalspanne het rede om trots te wees, met 12 uit hul 15 spanne wat gewen het.
Voortrekker teen Goudveld uitslae:
(Voortrekkers punte eerste)
o. 14A wen 23-7
o. 14B wen 9-4
o. 14C wen 18-3
o. 15A wen 24-16
o. 15B wen 27-6
o. 15C wen 28-3
o. 15D wen 27-3
o. 16A wen 27-9
o. 16B wen 39-5
o. 16C wen 25-2
o. 19A wen 46-22
o. 19B wen 18-9
o. 19C verloor 12-15
o. 19D verloor 10-13
o. 17A verloor 21-26
Sentraal teen Fichardtpark uitslae:
(Sentraal punte eerste)
o.14A verloor 14-16
o.14B verloor 15-19
o.14C wen 20-13
o.14D wen 25-6
o.15A wen 29-10
o.15B wen 26-2
o.15C wen 34-5
o.16A wen 24-9
o.16B wen 32-8
o.17A wen 32-10
o.19A wen 26-18
o.19B wen 27-4
o.19C wen 24-11
o.19D verloor 5-8
Jim Fouché teen Diamantveld uitslae:
O.14A 23 -16
o. 14B 20 – 20
o. 14C 3 – 17
O.14D13 – 8
o. 15A 19 -13
o. 15B 27 – 7
o. 15C 9 -15
o. 16B 23 – 37
o. 16C 8 – 30
o. 19B 14 – 28
O.o. 19A 37 – 47