Tieties help Northerns tot vyfde Shimla-liga eindstryd
DIE halfeindstryde van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) is Noord-Kaap se senter Dimitrio Tieties arena om sy talente ten toon te stel. Volksblad is ‘n medeborg van die kompetisie.
Tieties het Saterdag op GWK-park in Kimberley 23 van sy span se punte tot sy oorwinning van 38-23 oor Hoërskool Voortrekker van Bethlehem bygedra. Hy het verlede jaar in die halfeindstryd van die liga 33 punte teen Jim Fouché aangeteken.
Dié oorwinning oor die Trekkers beteken dat Noord-Kaap vir die vyfde agtereenvolgende jaar tot die eindstryd van die Shimla-liga deurdring. Northerns was nog nie aan die verloorkant in die eindstryd nie. Die span van die Diamantstad sal egter eerste wees om te herken dat die telling hulle vlei. Noord-Kaap was met slegs sewe minute se spel oor in die kragmeting 24-23 voor. Die Trekkers se losskakel, Tokkie van Zyl het ‘n strafdoel poging na die pale verbrou wat aan sy span ‘n voorsprong van 26-24 sou gee.
Noord-Kaap het daarna twee keer teen ‘n vlugvlou Trekkers gaan druk om die telling te rek. Voortrekker se span het Vrydagaand om 11:30 vanaf sy matriekafskeid in Bethlehem vertrek en om 03:00 in Bloemfontein aangekom. Die span het Saterdag om 11:00 in die Diamantstad aangekom.
Vir die Trekkers se lostrio Robert de Jongh, Seeff Theron en André Janse van Vuuren was skitterend. Die slot Henko Naudé was self ‘n yster voorlangs. Die skrumskakel Elof Scheepers het Northerns om die skrums besig gehou, terwyl sy skakelmaat Van Zyl ook meer as tevrede met sy vertoning kan voel.
Die senter Junior Smit het heelwat omgekeerde besit verseker deur spelers in die duikslag op te hou. Die heelagter Sechaba Matsoele het self vir Northerns problem besorg.
Louis Botha moes self hard werk vir sy sege van 29-21 oor Hentie Cilliers van Virginia. Dié oorwinning beteken die span van Bloemfontein sal vir die eerste keer in die eindstryd van die Shimla-liga in aksie wees.
Die span was egter in 2008 as kampioen van die Irawa-liga (vir kleinskole) van die kompetisie gekroon.
Die besoekers van Virginia het met die omdraaislag 11-7 voorgeloop. Hulle het egter na al hul geleenthede gebruik nie. Die held vir Louis Botha in die sege was sy senter Ali Mgijima wat op die verdediging rotsvas was. Hy en die losskakel Luke Cyster het agterlangs goeie spel vir die tuisspan gelewer. Cyster het twee keer agter Henties se doellyn gaan kuier.
Voorlangs was die SA Skole-stut, Ox Nche uitstaande. Hy het elke keer veld gewen wanneer hy die bal onder die arm vasgeknyp het.
Vir Hentie Cilliers was niemand beter as die agtsteman, Gregan Hull nie. Hy kan tevrede met sy seisoen voel. Sy kaptein en slot, Brandon Kuzatjike het ook met die bal onder arm uitgeblink. Agterlangs was die skrumskakel Jaywin Juries en senter Ethan Williams goeie spel gelewer.
Puntemakers:
Noord-Kaap 38 (10) – Drieë: Dimitrio Tieties (2), Gerhard Holtzhausen, Hillford Clarke, Thulani Njenje. Doelskoppe: Tieties (5). Strafdoel: Tieties. Voortrekker 23 (6) – Drieë: Henko Naudé, Elof Scheepers, Robert de Jongh. Doelskop: Tokkie van Zyl. Strafdoele: Van Zyl (2).
Louis Botha 29 (7) – Drieë: Luke Cyster (2), Ox Nche, Grayden Benn. Doelskoppe: Sharwin Cupido (3). Strafdoel: Cupido. Hentie Cilliers 21 (11) – Drieë: Gregan Hull, Brandon Kuzatjike. Doelskop: Ethan Williams. Strafdoele: Jaywin Juries (2), Williams.
- Bishops bags crucial victory over Boishaai in Schools SA20 - 2025-01-24
- Nini the Chief Destroyer of Samoa at the ICC u19 Women’s World Cup - 2025-01-20
- DBE Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-16