SuperSport Schools Plus

Suid teen Noord raak al gewilder

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-11-05

NoordSuidDie Noord/Suid-rugbytoernooi is vinnig besig om een van die voorste toernooie in Suid-Afrika te word.

Volgende jaar se toernooi word deur Garsfontein in Pretoria aangebied. Van die agt spanne wat in die Jakarandastad in aksie sal wees is dit slegs Kempton Park wat nie ook aan volgende jaar se Wildeklawer-toernooi gaan deelneem nie.

Garsies en Stellenberg van Kaapstad sal volgende jaar vir die eerste keer op Wildeklawer se toernooi in aksie wees. Stellenberg, Boland Landbou en Kempton Park sal hul eerste verskyning in die Noord/Suid-toernooi maak.

Die gasheer sal soos in verlede jaar se toernooi Outeniqua en Paarl Gimnasium die stryd aansê. Garsies, wat ook die Beeld Noordvaal Trofee se Makroskole-kampioen is, sal ná die toernooi weet hoeveel werk op hom wag voor sy buiging in die Wildeklawer-toernooi.

Waterkloof kom in die toernooi teen die Kwaggas van Outeniqua en Paarl Gimnasium te staan.

Menlopark pak Stellenberg in die hoofwedstryd van die eerste dag, terwyl Garsies en Paarl Gimnasium se stryd die hoofgereg van die tweede dag is.

Menlopark sal ook volgende jaar aan die Tuks-reeks deelneem. Vereeniging-Gimnasium en Ermelo het besluit om aan die reeks te onttrek. Van die ander skole wat belang gestel het om aan die reeks deel te neem, kon nie betyds aan hul onderskeie reekse onttrek nie. Daar sal dus volgende jaar slegs 15 spanne aan dié reeks deelneem.

Wildeklawer se toernooi vind volgende jaar van 29 April tot 2 Mei plaas. Die bepalings moet nog gedoen word.

Geen span van KwaZulu-Natal sal aan die toernooi deelneem nie. Glenwood sal Suid-Afrika se verteenwoordiger in die jaarlikse Sanix Internasionale toernooi in Japan wees. Dit sal die derde keer wees dat hulle daar deelneem. Paul Roos Gimna­sium het vanjaar in Japan met die louere weggestap.

Die bepalings is:

Saterdag, 19 Maart 2015 – 13:00: Kempton Park t. Boland Landbou; 14:30: Waterkloof t. Paarl Gimnasium; 16:00: Garsfontein t. Outeniqua; 17:30: Menlopark t. Stellenberg.

Dinsdag, 22 Maart 2015 – 14:30: Kempton Park t. Stellenberg; 16:00: Menlopark t. Boland Landbou; 17:30: Waterkloof t. Outeniqua; 19:00: Garsfontein t. Paarl Gimnasium.

Hannes Nienaber
Latest posts by Hannes Nienaber (see all)
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.