SuperSport Schools Plus

Streeptruie se voorlopige spanne vir Craven- en Akademieweek

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-06-06

Ondanks die feit dat die Westelike Provinsie slegs vier spelers wat in verlede jaar se seevierende Cravenweek-span was weer vanjaar vir die toernooi kan kies, sal die span vanjaar weer die gesogte toernooi as die vroee gunsteling betree.

Die senter Manny Rass, die agtsteman Khanya Ncusane, die losskakel Damian Willemse en de slot Salmaan Moerat was almal lid van die span wat verlede jaar vir Oostelike Provinsie met ‘n rekordtelling van 95-0 in die hoofwedstryd van die toernooi in Stellenbosch verneder het. Willemse, Rass en Moerat het almal reeds verlede jaar die Suid-Afrikaanse Skole-span verteenwoordig. Ncusane het vir die SA Skole se naasbestes uitgedraf. 

Rass se oom is die voormalige Springbok-skrumskakel, Ricky Januarie. Die vleuel van Paarl Gimnasium se Muller du Plessis se pa Charl du Plessis (1979) en sy ouer broer, JP du Plessis (2009) het die SA Skole-span in hul matriekjaar gehaal. 

Paarl Gimnasium se kaptein en skrumskakel, Zak Burger, is bo Boland Landbou se Deon Carstens in die voorlopige spanne gekies. Carstens behoort ondanks die feit steeds ‘n sterk aanspraakmaker met stewige vertonings vir ‘n plek in een van die nasionale skolespanne te wees. 

Die Hoer Jongenskool Paarl het met sewe spelers die grootste verteenwoordiging in die span. 

Die spanne is:

Cravenweek: 15 Gianni Lombaard (HJS Paarl), 14 Muller du Plessis (Paarl Gimnasium), 13 Manny Rass (HJS Paarl), 12 Henco Marais (Boland Landbou), 11 Mike Mavovana (Rondebosch Boys’ High), 10 Damian Willemse (Paul Roos Gimnasium), 9 Zak Burger (Paarl Gimnasium), 8 Khanya Ncusane (HJS Paarl), 7 Muller Uys (Paarl Gimnasium), 6 Charl Serdyn (HJS Paarl), 5 Salmaan Moerat (HJS Paarl), 4 Ben-Jason Dickson (Paul Roos Gimnasium), 3 Adam Neethling (HJS Paarl), 2 Daniel Jooste (HJS Paarl), 1 Andre Booysen (Paarl Gimnasium). Plaasvervangers: 16 Liam Larkan (SACS), 17 Reece Bezuidenhout (HJS Paarl), 18 Tristan Leitch (Paul Roos Gimnasium), 19 Jesse Johnson (Paul Roos Gimnasium), 20 Athi Magwala (Boland Landbou), 21 Vusile Dlepu (SACS), 22 Lubelo Scott (Diocesan College), 23 Wian van Zyl (Paarl Gimnasium). 

Akademie-week: 15 Duren Hoffman (Boland Landbou), 14 Urgene Johannes (HJS Paarl), 13 Aydon Hopley (Paul Roos Gimnasium), 12 Lyle Hendricks (Paul Roos Gimnasium), 11 Jade Fortune (Kasselsvlei), 10 Theo Boshoff (Paarl Gimnasium), 9 Deon Carstens (Boland Landbou), 8 Francke Horn (HJS Paarl), 7 Keegan Adams (Western Cape Sport School), 6 Heinrich Brendel (Boland Landbou), 5 Raymond Nel (Paarl Gimnasium), 4 Matthew Grobler (Rondebosch Boys’ High), 3 Stefan Alberts (Boland Landbou), 2 Stefan du Toit (Paarl Gimnasium), 1 Daniel Wessels (Paarl Gimnasium). Plaasvervangers: 16 Sisipho Zico (Plumstead), 17 Lwando Zinto (Violets), 18 Bulelani Salie (Western Cape Sport School), 19 Alex Halvorsen (SACS), 20 Vian Fourie (HJS Paarl), 21 Labib Kannenmeyer (Wynberg Boys’ High), 22 Quan Eymann (Brackenfell), 23 Thaakir Abrahams (HJS Paarl). 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.