SuperSport Schools Plus

SSS_logo_Netball_rev

Spanne maak gereed vir die laaste kragmetings in die Wesgrow-reeks

By Charne van der Merwe , in Netball | News news , at 2023-07-26

Soos die netbalseisoen ten einde loop, maak die spanne gereed vir die laaste kragmetings van die Wesgrow Sentrale Sportreeks.

Danksy die betrokkenheid van verskeie skole, met die doel om massadeelname te bevorder, het die reeks die afgelope seisoen weer gesorg vir vele hoogtepunte.

Hierdie naweek beloof om weereens ‘n opwindende een te wees, met drie netbalwedstryde wat wag.

Die aksie skop om 11:20 af wanneer Jim Fouche vir Hoërskool Trio op hul tuisveld in Kroonstad pak, Hoërskool Wittberg speel Fichardtpark om 11:40 in die koue Bethlehem en Voortrekker besoek Sentraal in Bloemfontein waar hulle mekaar om 13:00 die stryd aansê.

Die raad van direkteure het hierdie seisoen ‘n interessante besluit geneem en teen die tradisionele uitklopformaat besluit. Daar sal egter geen semi-finale of finale wedstryde gespeel word nie. Alle betrokke skole sal op ‘n interskoolbasis teen mekaar deelneem. Die plekplasing aan die einde van die seisoen, sal die wenners in elke sportkode bepaal.

Hoërskool Diamantveld en Hoërskool Goudveld se wedstryd is uitgestel na die 5de Augustus.

Hier is die uitslae van die reeks sover:

Jim Fouche 28, Sentaal 35; Jim Fouche 36, Fichardtpark 28; Jim Fouche 41, Goudveld 28; Jim Fouche 36, Voortekker 33; Jim Fouche 49, Witterberg 33; Jim Fouche 28, Diamantveld 39; Sentraal 40, Fichardpark 31; Sentraal 41, Goudveld 28; Sentraal 37, Witteberg 22; Sentraal 43, Diamantveld 36; Fichardpark 32, Goudveld 39; Fichardpark 34, Voortekker 41; Fichardpark 24, Diamntveld 20; Fichardpark 51, Trio, 15; Goudveld 28, Voortrekker 29; Goudveld 44, Witterberg 28; Goudveld 35, Trio 13; Voortrekker 38, Witteberg 33; Voortrekker 44, Diamantveld 42, Voortrekker 46, Trio 10; Witteberg 17, Diamantveld 55; Witteberg 48, Trio 33; Diamantveld 60, Trio 24

error: Content is protected !!