SuperSport Schools Plus

So staan sake in die NWU-Pukke 16-reeks

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-03-16

NWUPukkeNa Vrydag sal die belangrikste rolspelers in vanjaar se NWU-Pukke 16-reeks bekend wees. Drie spanne Pretoria-Noord, Pionier en Vryburg is reeds verseker van hul plek in die halfeindronde van die kompetisie. Pretoria-Noord sal teen Pionier in die een halfeindstryd te staan kom.

Die verdedigende kampioen, Vryburg, behoort teen Bekker van Magaliesburg in die ander halfeindstryd sake uit te spook. Bekker is bo-aan sy groep, maar het nog ‘n wedstryd more teen Alberton High wat op hom wag. Alberton High kon egter nog nie ‘n wedstryd in vanjaar se reeks wen nie.   

Overvaal pak vanaand op sy tuisveld in Vereeniging vir Leeuwenhof in ‘n wedstryd wat sal bepaal wie die tweede posisie op die puntelys in Poel C sal beklee. Nog ‘n wedstryd wat vandag beslis sal word is tussen Ferrum en Piet Retief.  

Die halfeindrondes van die kompetisie vind op Saterdag, 25 Maart plaas. Die eindrondes sal op 22 April in Potchefstroom beslis word.

PUNTESTAND

Poel A

#SpanGWGelykVPunte VPunte TLiga
1Pretoria-Noord3300995315
2Stoffberg32011063910
3Delmas310265706
4Oosterland3003191270

Poel B

#SpanGWGelykVPunte VPunte TLiga
1Pionier3300743613
2Volksrust3201644610
3Piet Retief200228362
4Ferrum200224720

Poel C

#SpanGWGelykVPunte VPunte TLiga
Bekker220034219
Leeuwenhof210151226
Overvaal210130185
Alberton High20026600

Poel D

 #SpanGWGelykVPunte VPunte TLiga
1Vryburg33001082414
2Fochville32001153210
3Schoonspruit310224654
4Wolmaransstad3003221480
Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.