So staan sake in die NWU-Pukke 16-reeks
Na Vrydag sal die belangrikste rolspelers in vanjaar se NWU-Pukke 16-reeks bekend wees. Drie spanne Pretoria-Noord, Pionier en Vryburg is reeds verseker van hul plek in die halfeindronde van die kompetisie. Pretoria-Noord sal teen Pionier in die een halfeindstryd te staan kom.
Die verdedigende kampioen, Vryburg, behoort teen Bekker van Magaliesburg in die ander halfeindstryd sake uit te spook. Bekker is bo-aan sy groep, maar het nog ‘n wedstryd more teen Alberton High wat op hom wag. Alberton High kon egter nog nie ‘n wedstryd in vanjaar se reeks wen nie.
Overvaal pak vanaand op sy tuisveld in Vereeniging vir Leeuwenhof in ‘n wedstryd wat sal bepaal wie die tweede posisie op die puntelys in Poel C sal beklee. Nog ‘n wedstryd wat vandag beslis sal word is tussen Ferrum en Piet Retief.
Die halfeindrondes van die kompetisie vind op Saterdag, 25 Maart plaas. Die eindrondes sal op 22 April in Potchefstroom beslis word.
PUNTESTAND
Poel A
| # | Span | G | W | Gelyk | V | Punte V | Punte T | Liga |
| 1 | Pretoria-Noord | 3 | 3 | 0 | 0 | 99 | 53 | 15 |
| 2 | Stoffberg | 3 | 2 | 0 | 1 | 106 | 39 | 10 |
| 3 | Delmas | 3 | 1 | 0 | 2 | 65 | 70 | 6 |
| 4 | Oosterland | 3 | 0 | 0 | 3 | 19 | 127 | 0 |
Poel B
| # | Span | G | W | Gelyk | V | Punte V | Punte T | Liga |
| 1 | Pionier | 3 | 3 | 0 | 0 | 74 | 36 | 13 |
| 2 | Volksrust | 3 | 2 | 0 | 1 | 64 | 46 | 10 |
| 3 | Piet Retief | 2 | 0 | 0 | 2 | 28 | 36 | 2 |
| 4 | Ferrum | 2 | 0 | 0 | 2 | 24 | 72 | 0 |
Poel C
| # | Span | G | W | Gelyk | V | Punte V | Punte T | Liga |
| 1 | Bekker | 2 | 2 | 0 | 0 | 34 | 21 | 9 |
| 2 | Leeuwenhof | 2 | 1 | 0 | 1 | 51 | 22 | 6 |
| 3 | Overvaal | 2 | 1 | 0 | 1 | 30 | 18 | 5 |
| 4 | Alberton High | 2 | 0 | 0 | 2 | 6 | 60 | 0 |
Poel D
| # | Span | G | W | Gelyk | V | Punte V | Punte T | Liga |
| 1 | Vryburg | 3 | 3 | 0 | 0 | 108 | 24 | 14 |
| 2 | Fochville | 3 | 2 | 0 | 0 | 115 | 32 | 10 |
| 3 | Schoonspruit | 3 | 1 | 0 | 2 | 24 | 65 | 4 |
| 4 | Wolmaransstad | 3 | 0 | 0 | 3 | 22 | 148 | 0 |




