So staan sake in die Kovsie-liga – 17 Augustus 2014
Gaan daar vanjaar vir die eerste keer in die geskiedenis van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) ‘n Vrystaatse kampioen gekroon word?
Louis Botha kom Saterdag in die halfeindstryd van die liga teen Hoërskool Diamantveld te staan. Die span van Bloemfontein het ‘n oortuigende sege van 37-13 oor Jim Fouché in die Vrystaatse A1-liga eindstryd behaal.
Diamantveld sal probeer om vir die derde keer in die geskiedenis van die toernooi tot die eindstryd deur te dring.
Die verdedigende kampioen, Hoërskool Noord-Kaap, sal na Bethlehem vir sy halfeindstryd reis met die Griffon-kampioen, Hoërskool Voortrekker, wat hom daar sal inwag. Northerns het die afgelope vyf jaar die kroon gedra.
Landboudal van Jacobsdal gaan vanjaar probeer om die eerste skool te word wat daarin slaag om sy titel as kampioen van die Irawa-liga (vir kleinskole) te behou. Die Lanties kom Saterdag teen Hoërskool Zastron in die een halfeindstryd van dié liga in die Rosestad te staan.
In die ander halfeindstryd sal Wilgerivier van Frankort en Hoërskool Kathu mekaar in Bethlehem die stryd aansê.
De Aar sal die Colt-liga as die gunsteling betree na hy as Griekwa-kampioen gekroon is deur Vaalharts met 50-0 te oorrompel. De Aar sal teen die Vrystaatse B1-liga kampioen, die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg in die Rosestad in sy halfeindstryd kragte meet. In die ander halfeindstryd sal die verdedigende kampioen, Bultfontein, die Brode van Vaalharts inwag.
In die Volksblad-liga (vir o.15-spanne) het Jim Fouché ‘n afspraak met Diamantveld in die halfeindstryd na hy Sentraal met 9-8 geklop het om as kampioen van die Vrystaat gekroon te word.
Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad is die Griffons se o.15-kampioen na hy Hoërskool Witteberg in die eindstryd met 12-0 verslaan het. Hoewel Noord-Kaap vir Diamantveld met 8-7 geklop het sal hy saam met sy eerstespan na Bethlehem reis waar hy in die ander halfeindstryd teen Rooiskool sal kragte meet.
- School Rugby Results – 17 May 2025 - 2025-05-17
- SDC Noordvaal Cup Results – 17 Mei 2025 - 2025-05-17
- Affies soek eerste sege in tien jaar teen gewonde Grey Kollege - 2025-05-16