SuperSport Schools Plus

Virsekerbeker 2018 gaan vir heelwat opwinding sorg

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-10-17

VirsekerBekerlogoSkolerugby-ondersteuners noord van die Vaalrivier kan hulle gereed maak vir die mees opwindende skolerugby-seisoen sedert 1997.

Die nuwe indeling van die Virsekerbeker (voorheen Beeldtrofee) sal sonder twyfel sorg dat die 2018-seisoen een vir die boeke sal wees. Daar was ook lanklaas ‘n strawwer kompetisie beplan as die Bekerafdeling van die Virsekerbeker.    

In 1997 het die Ford en Beeld Super 12-reeks tot stand gekom. Die kompetisie staan deesdae as die Tuks-reeks bekend, maar het voorheen ook as die Michelin-reeks bekend gestaan. Dit was destyds ‘n opwindende nuwe reeks waarin al die voorste skole in die Noordvaal-streek deelgeneem het.  

In die Virsekerbeker se Bekerafdeling sal die voorste agt spanne vanuit die Noordvaal teen mekaar sake om die titel uitspook. Slegs die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria en Waterkloof wat besluit het om nie aan kompetisie-rugby deel te neem nie, sal nie in die kompetisie in aksie wees nie. 

Die kampioen van vanjaar se Virsekerbeker vir Makroskole, Monument van Krugersdorp, sal sy aanslag in Vanderbijlpark teen Transvalia op 26 Mei 2018 afskop. Die reeks sal volgende jaar reeds op 12 Mei afskop, maar Monnas het interskoles teen Waterkloof en Glenwood tydens die eerste twee Saterdae van die reeks. 

Die ander spanne in die Beker-afdeling is Garsfontein van Pretoria, HTS Middelburg, Hoërskool Nelspruit, Helpmekaar-kollege, EG Jansen van Boksburg en Menlopark. Buiten die Beker-afdeling is daar ook ‘n Plaat-afdeling en Skild-afdeling waarin skole sal meeding. Die voorste skool in die twee afdeling sal aan die einde van die seisoen opskuif na die afdeling bo hom, terwyl die skool wat onderaan sy afdeling eindig sal moet afskuif. 

Die bepalings van die Virsekerbeker Beker-afdeling is (tuisspanne eerste vermeld): 

Saterdag, 12 Mei 2018 

HTS Middelburg vs Garsfontein
Hoërskool Nelspruit vs EG Jansen
Helpmekaar vs Transvalia

Saterdag, 19 Mei 2018

Garsfontein vs EG Jansen
Menlopark vs Hoërskool Nelspruit
Transvalia vs HTS Middelburg

Saterdag, 26 Mei 2018

Garsfontein vs Menlopark
Transvalia vs Monument
Hoërskool Nelspruit vs Helpmekaar
EG Jansen vs HTS Middelburg

Saterdag, 2 Junie 2018

Helpmekaar vs HTS Middelburg
Monument vs Hoërskool Nelspruit
EG Jansen vs Transvalia

Saterdag, 9 Junie 2018

Monument vs Garsfontein
HTS Middelburg vs Menlopark
Helpmekaar vs EG Jansen

Saterdag, 16 Junie 2018

EG Jansen vs Monument
Menlopark vs Helpmekaar

Saterdag, 21 Julie 2018

Garsfontein vs Helpmekaar
Monument vs Menlopark
Nelspruit vs Transvalia

Saterdag, 28 Julie 2018

Garsfontein vs Hoërskool Nelspruit
HTS Middelburg vs Monument
Transvalia vs Menlopark

Saterdag, 4 Augustus 2018

Transvalia vs Garsfontein
Helpmekaar vs Monument
Menlopark vs EG Jansen
Hoërskool Nelspruit vs HTS Middelburg

Hannes Nienaber
Latest posts by Hannes Nienaber (see all)
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.